Saturday, May 1, 2010

W-Kaap se water is vuil




W-Kaap se water is vuil


2010-04-30 00:55

Liesl Peyper
Kaapstad
Sowat 30% van die Wes-Kaap se munisipaliteite se rioolsuiweringswerke is nié op peil nie.
Dié syfer kan selfs hoër wees omdat nege van die provinsie se 29 suiweringsaanlegte nie beoordeel kon word nie.
Me. Buyelwa Sonjica, minister van waterwese en omgewingsake, het gister die langverwagte Groendruppel-verslag – waarin die stand van die land se rioolsuiweringsaanlegte uitgestippel word – bekend gestel.
Luidens die verslag funksioneer 55% van die suiweringsaanlegte in Suid-Afrika nie behoorlik nie.
Dit kom daarop neer dat dié munisipaliteite rioolafval in riviere of damme stort.
Die syfer kan egter beduidend hoër wees omdat slegs 449 van die altesaam 852 suiweringsaanlegte beoordeel is.
Luidens die verslag het die res van die munisipaliteite óf nie gehoor gegee aan oproepe om beoordeel te word nie óf nie die “vrymoedigheid” gehad om aan ’n beoordeling onderwerp te word nie.
Sonjica het gister ondanks die verslag se skoksyfers ontken Suid-Afrika se rioolsuiweringsaanlegte is in ’n krisis.
“Wanneer is iets ’n krisis? Is dit ’n krisis wanneer ons ’n probleem identifiseer?”
Toe sy later gepols is oor waarom dit so lank geneem het om die verslag bekend te maak (sy het ses maande gelede glo reeds onderneem om dit te doen), het sy aangevoer sy wou Suid-Afrikaners nie onnodig verontrus nie.
“Ons kon nie net alarmisties wees nie. Ons moes eers oplossings aan die hand doen,” het sy gesê.
Van die 20 Wes-Kaapse suiweringsaanlegte wat aan die Groendruppel-projek deelgeneem het, het die Kaapstadse metropool (met ’n gemiddelde van 82%) en die ­George-munisipaliteit (met 94%) Groendruppel-status verwerf.
Dit beteken dié twee munisipaliteite voldoen aan internasionale peil wat rioolsuiwering betref.
Die Wes-Kaap het egter ’n bra swak gemiddelde punt van 47% vir sy watersuiwingsaanlegte behaal en ses plaaslike owerhede het onder 20% verwerf.
Heel onder op die puntelys was Matzikama (waaronder Vredendal, Strandfontein en Lutzville), wat 0% behaal het, terwyl Cederberg (onder meer Lambertsbaai, Citrusdal en Clanwilliam) met 3% in die tweede swakste plek is.
Luidens die verslag het dié twee munisipaliteite min of geen van die vereistes ingevolge waarvan watersuiwering beoordeel word nagekom nie en word afvalwater daar uiters swak bestuur.
Die Bergrivier-munisipaliteit (Piketberg, Porterville en Velddrif) het ’n punt van 11% behaal.
Die Bergrivier se water is berug weens grootskaalse besoedeling.
- Die Burger

Friday, April 30, 2010

Besoekers ‘ingeloop deur Match se optrede’











Besoekers ‘ingeloop deur Match se optrede’




2010-04-30 00:55

Theuns van der Westhuizen
Kaapstad
Fifa en Match Event Services, amptelike akkommodasie-agent vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi, het hulself die gramskap van talle Suid-Afrikaners op die hals gehaal.
Etlike eienaars van gastehuise, reisagente en toeroperateurs is omgekrap omdat Match sedert Desember groot getalle kamers wat hy vir die toernooi gekontrakteer het, teruggegee het.
Nou blyk dit ook uit ’n boek wat pas deur die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) gepubliseer is dat Match die room afskep van die blyplekke wat hy nog op sy boeke het.
Die boek Player and Referee – Conflicting Interests and the 2010 Fifa World Cup is saamgestel uit ondersoeke wat joernaliste gedoen het na die bedrywighede van Fifa en sy netwerk van “skimagtige” sakevennote, onder wie Match. En die bevindings is allermins vleiend.
In ’n hoofstuk oor Fifa se “amptelike” verskaffers word onder meer daarop gewys dat hulle baie meer geld uit onlangse Wêreldbeker-toernooie gemaak het as die gasheerlande.
Skerp kritiek word uitgespreek oor Match se optrede in Suid-Afrika, waar hy verblyfplekke gemaan het om pryse laag te hou omdat toeriste “sensitief vir pryse” is.
Volgens die skrywer van dié hoofstuk, Rob Rose van die Sunday Times, sal toeriste egter in sommige gevalle tot 1 000% meer moet opdok as hulle verblyf in byvoorbeeld die Krugerwildtuin deur Match bespreek het.
Volgens die gasvryheidsorganisasie Fedhasa het Match nou nog net 600 000 van die 1,9 miljoen bednagte wat hy aanvanklik gekontrakteer het.
Mnr. Rey Franco, waarnemende voorsitter van Fedhasa (Kaap), het gesê dit is natuurlik teleurstellend, maar dit bied “ons ’n gulde geleentheid om nou redelike tariewe te vra en waarde vir geld te bied”.
Hy het sy steun toegesê aan ’n versoek dat die bedryf sy produkte op die webwerf http://www.rooms4u.travel/ moet bemark. Dis ’n webwerf wat met die steun van die departement van toerisme geskep is as teenvoeter vir hoë verblyfpryse.
- Die Burger

Student in huis in Woodstock vermoor











Student in huis in Woodstock vermoor
2010-04-30 00:55
Kobus Pretorius en Jodine Cloete
Kaapstad’n Student van Woodstock is gisteroggend wreed aangeval en vermoor toe daar by sy huis, wat minder as 500 m van Woodstock se polisiekantoor is, ingebreek is.Mnr. Dane van Zyl (21), ’n student in besigheidsbestuur aan Unisa, is tussen 07:00 en 10:00 in sy huis in Pleinstraat, wat hy met sy broer en dié se vriend gedeel het, aangeval en verskeie kere met ’n mes in sy nek, bors en bene gesteek.Dit is die tweede moord in Woodstock binne drie dae. ’n Man (25) wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is Dinsdag in Albertstraat met ’n mes vermoor.Sedert 2006 is minstens twee akademici en twee studente van die Universiteit van Kaapstad in dieselfde omgewing vermoor en is ao. Lourens le Roux voor die Woodstock-polisiekantoor doodgeskiet.Volgens Van Zyl se broer, Uriah (26), is hy en sy vriend omstreeks 07:15 werk toe. Hulle is albei bouers.Uriah het later teruggekeer huis toe om ’n sakekennis te ontmoet, maar eers by ’n winkel stilgehou om melk te koop.“Toe ek die voordeur oopsluit, het ek my broer in ’n plas bloed op die vloer aangetref. “Daar was verskeie meswonde aan sy lyf. Daar was oral bloed,” het hy gesê.Uriah het sy broer in sy bakkie gelaai en na die Chris Barnard-gedenkhospitaal gejaag, waar hy kort ná sy aankoms dood is.’n Vriend, mnr. Oliver Dolby, het die polisie na die huis ontbied.Met Die Burger se aankoms op die toneel het geskokte vriende Uriah bygestaan en omhels. Vlekke van sy broer se bloed was duidelik op sy klere sigbaar.Volgens sers. Hilton Malila, polisiewoordvoerder in Wood­stock, het die moordenaar die kombuisvenster gebreek om toegang tot die huis te kry. Van Zyl was alleen tuis ten tyde van die voorval.“Die man het met ’n skootrekenaar en ’n selfoon weggekom. Hy het deur ’n stegie langs die huis gekom en oor die muur van die bure geklim,” het Malila bygevoeg.Nadat hy uit die moordhuis gevlug het, het bure hom in hul agterplaas gesien.’n Struweling het tussen hulle ontstaan toe hulle hom in hegtenis wou neem.Die aanvaller, wat ’n rugsak by hom gehad het, het losgeruk, die rugsak laat val en weggehardloop.In die sak was DVD’s, ’n Play­Station en rekenaarkabels. Uriah het aan die polisie bevestig dat dit aan hulle behoort.Volgens Malila het die bure gesê die man was vol bloed. Die bure het ook gesê hulle het die verdagte al voorheen in die omgewing gesien.“Die aanvaller is ’n jong, kort man en sy arms is vol tatoeëermerke.”Geen wapen is op die toneel gevind nie.Uriah het gesê sy broer was ’n warm, liefdevolle mens wat vir ander omgegee het.“Almal het van hom gehou. Hy sou nooit enigiemand seermaak nie.”Die broers se ouers was gister uit die Noord-Kaap op pad na Kaapstad. Hulle woon naby Kimberley.
-------------------------------------------------------------------------------------
Cops catch student's killer
2010-04-30 19:11

Related Links
Cape student's killer sought
Student murdered in Woodstock

Cape Town
- A 19-year-old man was arrested on Friday for the murder of a student in Woodstock, Western Cape police said.Sergeant Hilton Malila said the man allegedly stabbed a Unisa business management student, identified by Die Burger as Dane van Zyl, several times on Thursday."The arrest follows after an intense investigation into the murder case. Information received from the public led police to a nearby house in Cornwall Street where the suspect was arrested, as he tried to flee from the police."He was due to appear in the Cape Town Magistrate's Court on Monday, on a charge of murder and housebreaking.Van Zyl was taken to the Chris Barnard Memorial Hospital, but died shortly after arrival.Malila said the killer got away with a laptop and a PlayStation.Die Burger reported that this was the second murder in Woodstock in three days.A 25-year-old unidentified man was stabbed to death in Albert Road on Tuesday night.The newspaper reported that at least two academics and two students from the University of Cape Town had been murdered in the same area since 2006.
- SAPA
Read more on: crime cape town

Deel van heining, kragkabels gegaps








Deel van heining, kragkabels gegaps



2010-04-30 00:16

Erika Gibson
Komatipoort. – Minstens 15 km se elektriese kabels van die grensheining tussen Mpumalanga en Mosambiek is gesteel, sowel as groot dele van die heining self.Die kontrak vir die instandhouding daarvan het in Desember verlede jaar al verval. Sedertdien word die pad parallel met die heining, wat deur dieselfde kontrakteur behartig is, ook nie meer in stand gehou vir grenspatrollies nie.Net soos op die Zimbabwiese grens in Limpopo lê daar vir die weermag ’n bykans bomenslike taak voor om strukture weer tot stand te bring.Dié taak is sedert die begin van die week weer dié van die weermag nadat die polisie in 2005 eers die rol oorgeneem het en nou weer gaan terughandig.Die polisie gaan binne die volgende maand van die eggo-stasies al langs die 60 km lange grensheining suid van die Krugerwildtuin onttrek, terwyl die weermag sy eerste kompanie van Potchefstroom af ontplooi.Die polisie sal egter steeds ’n komponent op die grense behou as deel van die nuwe multidepartementele benadering wat tot die bewaking van grensposte, hawens en lughawens beoog word.Die parlementêre portefeuljekomitee oor verdediging het saam met me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, die afgelope week hulself eerstehands vergewis van die vervalle toestand waarin die heinings en beheerposte is.Die Mosambiekse heining is een van die vernaamste plekke waardeur internasionale sindikate duur gesteelde viertrekvoertuie, motorfietse en ander voertuie smokkel.Die roetes is selfs vir die onkundige oog duidelik. Die sindikate bring die voertuie van Gauteng, steek dit weg naby die grens met die samewerking van die plaaslike bevolking en neem dit dan op ’n gegewe tyd oor.Die sindikaatlede, wat gewapen is met outomatiese vuurwapens, hou die heining netjies “heel” tot wanneer die voertuie deurkom. Dan word die drade binne ’n uur geknip en tot vyf of ses voertuie beweeg deur die grens tot in Mosambiek.Volgens genl. Godfrey Ngwen- ya, weermaghoof, kyk die verdedigingsbedryf tans na die opsies om die grensheiningskonsep dalk anders te benader om meer doeltreffend teen ’n tang en ’n vasberade onwettige immigrant te wees.Die grensbeskermingsagentskap, wat tans nog geen statutêre mandaat het nie, sal hopelik in die toekoms dié benadering ook tussen departemente tot gevolg hê.Volgens kol. Lucas Delport van die Gesamentlike Operasiesentrum van die weermag vorder die agentskap se werksaamhede fluks sedert sy totstandkoming in Desember.Die regering het die opdrag vir die totstandkoming daarvan onder die leiding van die departement van staatsveiligheid gegee. Die doel is om met meer planmatigheid alle amptelike toegangspunte tot die land te beheer.“Die argument is dat grense die land se soewereiniteit beskerm. Grensheinings, -poste, hawens en lughawens is dus alles nasionale bates.” “’n Grensheining is nie net bloot iets wat onwettiges moet uithou nie. “Dit is ’n land se manier om te sê: ‘Hierdie is myne en ek sal sê wie kom hier in’,” het Delport gesê.
Senior Cope-lede kap terug
’n Insinuasie deur die Cope-leier, mnr. Mosiuoa Lekota, dat die party se parlementêre geldsake toegesmeer word, is van “alle waarheid ontbloot”.

5 jaar tronkstraf oor bedrog op Gumtree
’n Man wat mense op die advertensie-webwerf Gumtree bedrieg het, is gister tot effektief vyf jaar tronkstraf gevonnis.
DisplayDCAd('468x120','1','',false,false);
binne beeld

Kommentaar
Rowers vermoor man by kind
Vrou baklei nog ná skoot in kop
Baba-aanval: twee vra ‘gratis borgtog’
2 vry oor polisiefout
Boelies steek 12-jarige aan die brand
SMS oor moorde bekyk op hoë vlak
In 60% van gevalle is bouers deel van roof
Rowers vermoor man by kind
Swanger vrou, 2 beseer in kuierplek-klopjag
Rowers vermoor man by kind
‘Jy lê daar as ’n pa, maar kan nie jou kind beskerm’
2 vry oor polisiefout
Moet Marzaan vir aanval skuld kry?
Wat dink jy?

Thursday, April 29, 2010

Die vyeblaar oor staat se skandes

Die vyeblaar oor staat se skandes

2010 April

Mozal, die reuse-aluminiumsmelter van BHP Billiton net buite Maputo. Billiton gebruik byna 10% van die elektrisiteit wat Eskom opwek.

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's

Die ANC is besig met korrupsie op ’n monumentale skaal wat Suid-Afrika ’n mislukte staat sal maak as dit nie gestop word nie, skryf Helen Zille, DA-leier.

Nog ’n skandaal het rondom Eskom losgebars. Daar is bekend gemaak dat Eskom in die geheim afslag van onder kosprys vir elektrisiteit aan die mynboumaatskappy BHP Billiton gee.

Die maatskappy gebruik byna 10% van alle elektrisiteit wat Eskom opwek.

Dit kom op ’n tydstip waar van verbruikers verwag word om vir ’n elektrisiteitsverhoging van 25% op te dok.

Aangesien Billiton net 0,1% tot die bruto binnelandse produk bydra, is dit moeilik om te sien hoe die afslag geregverdig kan word.

Die koste van die afslag aan Billiton het na bewering die grootste deel van Eskom se verlies van R9,5 miljard verlede jaar uitgemaak.

Daar was nog geen verduideliking van Eskom nie. Al wat ons van Eskom hoor, is teenstrydighede. Hulle dreig om mnr. Pieter van Dalen, DA-LP, te dagvaar omdat hy die geheime Eskom-dossier in die parlement onthul het.

Soos verwag het die ANC, wat verteenwoordig word deur me. Vytjie Mentor, voorsitter van die komitee oor openbare ondernemings, gedreig om stappe te doen om LP’s te keer om sensitiewe staatsinligting in hul komitees openbaar te maak.

Sy verstaan duidelik nie dat Eskom ’n openbare onderneming is en dat die publiek die reg tot sulke inligting het nie, veral omdat Eskom se verlies deur alle Suid-Afrikaners gesubsidieer word.

Dit is Mentor se werk om ’n platform in die komitee te skep waar sulke inligting voorgelê en ondersoek kan word. Maar sy wil Eskom help om dit toe te smeer.

Hoekom?

Die antwoord is dat Mentor, soos baie ander ANC-LP’s, glo Eskom behoort aan die ANC en nie aan die mense van Suid-Afrika nie.

ANC-belange kry voorkeur
Die ANC ontplooi sy kaders in alle openbare ondernemings. Hierdie kaders word deur die ANC-grondwet gebind om ANC-opdragte uit te voer.

Die ANC se belange geniet voorkeur bo enige ander.

Gevolglik bied hierdie ondernemings kontrakte aan ANC-frontmaatskappye sodat die ANC honderdmiljoene rande maak met die vergunning van die belastingbetaler.

Dit is korrupsie op groot skaal. Dit is diefstal van die Suid-Afrikaanse publiek. Dit maak arm mense armer.

Maar polities moet die ANC bly voorgee dat hy ’n kampvegter is vir die armes. Dis waarom Mentor toesmeer vir Eskom. En sodoende smeer sy toe vir die ANC.

Weer troef die party se belange openbare belang.

Baie in die ANC verstaan nie dat die grondwetlike rol van politieke partye in die parlement, insluitend die ANC, is om die regering en staatsondernemings soos Eskom aanspreeklik te hou nie.

Hulle verstaan nie dat dit inherent korrup is om ANC-kaders in staatsinstellings te ontplooi, om sake met ANC-frontmaatskappye te doen en die ANC te verryk nie.

Hulle gee voor dit is swart ekonomiese bemagtiging. Maar dis net ’n vyeblaar. Dit is korrupsie op monumentale skaal wat van Suid-Afrika ’n mislukte staat sal maak as dit nie gestop word nie.

Dit moet ons verwysingsraamwerk wees wanneer ons die verwikkelings by Eskom ontleed.

Die DA sal probeer uitvind wat presies met die BHP Billiton-afslag aan die gang is. Ons sal probeer uitvind waarom Eskom so gretig is om reuse-afslag aan hierdie maatskappy toe te staan en wat die aard van die ANC se verhouding met BHP Billiton is.

Ons sal die benadering ook volg in die ander groot Eskom-skandaal oor die toekenning van ’n tender van miljarde rande aan Hitachi Africa, wat gedeeltelik deur die ANC se frontmaatskappy Chancellor House besit word.

Hitachi beweer dat hy nie geweet het die ANC is betrokke nie.

Hy het geglo Chancellor House se winste sou gaan na voorheen benadeelde Suid-Afrikaners. Dit is belaglik.

Hitachi het erken dat Chancellor House slegs R1 miljoen betaal het vir die 25%-aandeel in die megamaatskappy.

Hitachi het natuurlik geglo hy kan baie staatstenders en -kontrakte kry met die ANC as ’n 25%-aandeelhouer.

Hierdie geloof is ryklik beloon met die Medupi-stoomketeltender.

Dit illustreer Hitachi se ware motief. Ons glo glad nie hul vroom en neerbuigende uitsprake dat benadeelde Suid-Afrikaners bevoordeel sou word nie.

Verhouding tussen Hitachi en Alstom.

’n Interessante verwikkeling is die verhouding tussen Hitachi Africa en die maatskappy Alstom en Steinmuller.

Volgens die Mail & Guardian het Eskom met die toekenning van die kontrak in November 2007 verklaar: “... ’n konsortium van ingenieursfirmas, Alstom en Steinmuller, het aanvanklik die laagste bod ingesit en die direksie het die kontrak aan hulle toegeken.

Slegs nadat Alstom en Steinmuller sy prys verhoog het ná ’n meningsverskil oor die omvang van die werk, is onderhandelings met Hitachi heropen...”

Met ander woorde, nadat hulle die bod gewen het, het Alstom en Steinmuller hulle vrywillig onttrek.

’n Bron het toe aan die Mail & Guardian gesê Alstom het “hulself in effek gediskwalifiseer” deur nie aan Eskom se vereistes te voldoen nie.

Die storie raak al hoe ingewikkelder as ’n uitspraak deur die Europese mededingingskommissie van Januarie 2007 in ag geneem geword.

Die kommissie het ’n rekord boete van €750 miljoen (sowat R7,5 miljard) opgelê aan ’n kartel wat saamgespan het om pryse vas te stel en tenders uit te deel.

Twee van die hoofspelers in die kartel was Alstom en Hitachi.

In sy mediaverklaring het die mededingingskommissie gesê hy het “’n einde gemaak aan ’n kartel wat openbare ondernemings en verbruikers meer as 16 jaar lank bedrieg het”.

Daar is bevind dat lede van die kartel gereeld ontmoet het “om projekte te verdeel en om skynaanbiedings voor te berei om die indruk van ware mededinging te skep”.

Dit opper nuwe en interessante vrae oor die Eskom-tenderproses.

In ag genome Hitachi en Alstom se vorige korrupte verhouding, skep dit die moontlikheid van die een of ander vorm van samespanning tussen die twee maatskappye.

Deur Alstom toe te laat om die Medupi-stoomketelkontrak te kry – net om later te onttrek – sou die uiteindelike toekenning van die tender aan ’n ANC-gekoppelde maatskappy die skyn van wettigheid en fatsoenlikheid kry.

Die feit dat Hitachi die tweede (hoewel enigste ander) keuse was, het die openbare beskermer voldoende rede gegee om tot die gevolgtrekking te kom dat die toekenning van die tender wettig was, ten spyte daarvan dat mnr. Valli Moosa, Eskom-voorsitter, nie sy belangebotsing bestuur het nie.

En nadat hy homself gediskwalifiseer het van die stoomketeltender, hoe het Alstom daarby baat gevind?

Alstom was die wenbieër van die R13-miljard Eskom-stoomturbinekontrak – maar slegs nadat Hitachi (weer die enigste ander bieër) hom aan die tenderproses onttrek het omdat “hy nie aan die aanvanklike leweringskedule kon voldoen nie”.

Met ander woorde, Hitachi en Alstom het blykbaar teruggestaan om mekaar toe te laat om ’n deel van die kontrak te kry om voor te gee dat dit eintlik ’n mededingende proses is.

Die bewyse, hoewel oorweldigend, moet nog getoets word.

As die opposisie is dit ons plig om hierdie soort vrae te vra, veral wanneer die publiek se geld en belange ter sprake is.

Ek het dus aan die SA Mededingingskommissie geskryf om te vra dat hulle die moontlikheid van samespanning in die tenderproses ondersoek.

Daar is iets fundamenteels fout met die Eskom-transaksies.

Dit is ’n besmetting wat versprei het na die kern van die regerende party. Ons sal alles in ons vermoë doen om uit te vind wat die waarheid is.

Hoë verdien vet salaris tuis

Hoë verdien vet salaris tuis

2010-04-28 23:50

Cathy Dlodlo

Die hoof van die Vrystaatse departement van gesondheid is al agt maande lank nie op kantoor nie, terwyl hy nog elke maand salaris kry. Intussen steier dié departement weens duisende vakante poste en ’n agterstand van miljoene rande vir die onderhoud en aankoop van toerusting.

Prof. Pax Ramela, amptelike hoof van die departement, is sedert Augustus verlede jaar “afwesig” terwyl hy nog elke maand salaris trek. As hoof van die departement beloop sy salaris R1,3 miljoen per jaar of R108 000 per maand.

Volgens bronne in die departement het premier Ace Magashule vir Ramela in Augustus 2009 in kennis gestel dat hy oorweeg om hom te skors. As Vrystaatse premier is Magashule verantwoordelik vir die aanstelling van departementshoofde.

Ramela is toe ook versoek om voortaan nie vir werk aan te meld nie.

Die rede hiervoor is glo dat Ramela en me. Sisi Mabe, LUR vir gesondheid, nie met mekaar oor die weg kom nie.

Sowat vier maande later, in Desember, is Ramela amptelik verwittig dat sy kontrak van vyf jaar ná net twee jaar se diens beëindig word. Magashule het glo gesê die rede hiervoor is omdat Ramela en Mabe se werksverhouding “onherstelbaar” verbrokkel het. Nou, meer as agt maande later, blyk dit nie veel het verder gebeur nie. Ramela verdien sy salaris steeds tuis, terwyl dr. Sipho Kabane in sy plek as hoof van die departement waarneem.

Daar bestaan glo geen bewyse dat hy ingevolge ’n ondersoek amptelik intern aangekla of geskors is nie. ’n Klagstaat is glo ook nie aan hom beteken nie.

Mnr. Gerhard Koorts, bestuurder van die Vereniging vir Staatsamptenare (VSA) in die Vrystaat, sê dit is ’n vermorsing van geld. As die voormalige departementshoofde steeds hul salarisse kry, kan die premier mos hul ondervinding en kwalifikasies beter benut.

Bronne in die departement sê Ramela is “verwyder” omdat hy nie as ’n “Maga-shule-man” beskou word nie. Ramela is deur die vorige premier, me. Beatrice Marshoff, aangestel. Baie van die departementshoofde wat Marshoff aangestel het, is na ander departemente of afdelings geskuif, terwyl hulle steeds hul salarisse as departementshoofde verdien.

  • Die voormalige hoof van die departement van polisie, paaie en vervoer, adv. Makhosini Msibi, is nou hoof van die staatsgarage;
  • Die voormalige hoof van die departement van landbou, mnr. Sugar Ramakarane, is na die premierskantoor ?verskuif;)?Die voormalige hoof van die departement van veiligheid en sekuriteit, mnr. Jack Klaas, is na die departement van die premier verskuif; en
  • Die voormalige hoof van die departement van maatskaplike ontwikkeling, dr. Maboreng Maharaswa, is na die departement van die premier verskuif.
  • Ramela het botweg geweier om Volksblad se vrae te beantwoord. Intussen wag Volksblad steeds op amptelike antwoorde van die departement op vrae rakende swak dienslewering, die duisende vakante poste en die agterstand in die onderhoud en aankoop van mediese toerusting.

- Volksblad

Gesteelde voertuie oor grens gesmokkel

Gesteelde voertuie oor grens gesmokkel

2010-04-29 17:57

Komatipoort – Sowat ’n 100 gesteelde voertuie word per maand oor die grens van Mosambiek gesmokkel, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) Donderdag gesê.

Kriminele sindikate gebruik die bergagtige landskap van die Mosambiekse grens om hulle aktiwiteite weg te steek voordat voertuie tot op die N4 na Maputo gery word, het Kol. Patrick Ncba Bobelo gesê.

"Meer as ‘n 100 voertuie per maand: Land Cruisers, 4x4, Mercedes-Benz, self klein motors," het hy aan die parlement se komitee van verdediging gesê, wat tans die omstandighede van die Suid-Afrikaanse grense ondersoek.

Die sindikate het die voertuie na die grens bestuur waar Suid-Afrikaanse dorpenaars van klein plattelandse dorpe hulle skuiling gebied het.

Die inwoners van dié grensdorpe het die voertuie help wegsteek en het inligting oor plaaslike wetstoepassing weergee voordat voertuie oor die grens geneem is.

Sindikate het gate in die grensdrade gesny, maar dit daarna weer herstel om hul dade toe te smeer.

Dorpenaars was sowat R1 000 tot R2 000 vir hul hulp aangebied, het Bobelo gesê.

Honderde meters van grensdraad word daagliks deur plaaslike inwoners gesteel om glo elders verkoop te word.

Lindiwe Sisulu, die minister van verdediging en die komitee is besig om omstandighede op die grens te evalueer voordat die SANW die kontrolering van die grens by die polisie oorneem.

"Dit is ‘n massiewe program, die infrastruktuur is nie die beste nie, die heining is nie in ‘n goeie toestand nie. Ons het ‘n grens van oor die 200m lank en ons moet dit oppas. Dit behels egter finansiële, tegnologiese en menslike hulpbronne,” het sy gesê.

-Sapa