Sunday, May 2, 2010

Aanval op Bloemfontein-vrou skok wyd







Aanval op Bfn-vrou skok wyd



2010-05-01 00:20

Pieter Steyn
Die Mangaung-munisipaliteit is gister geruk toe ’n lid van sy personeel omstreeks 07:00 na bewering erg aangerand en verkrag is in haar kantoor.
Die vrou, in haar laat veertigs, is na wat verneem word naak en bewusteloos deur ’n kollega in die kantoor in die Stadsaal-gebouekompleks in Bloemfontein gevind.
Verslae kollegas het gisteroggend in groepies gestaan en hul skok en ongeloof uitgespreek.
Volgens mnr. Qondile Khedama, munisipale woordvoerder, het die personeel berading ontvang.
’n Personeellid, wat nie sy naam genoem wil hê nie, sê sedert die Paasnaweek is daar geen sekuriteitswagte aan diens by die gebou nie. Khedama ontken dit egter.
“Ons het munisipale sekuriteitswagte wat die omgewing van die munisipale kantore 24 uur patrolleer.”
Hoewel die munisipaliteit ’n sekuriteitstelsel van etlike miljoene rande het, wat onder meer kameras insluit, sê Khedama kameras is nie by die Stadsaal-kompleks aangebring nie.
Me. Esmarie Cronjé, woordvoerder van die Life-Rosepark-hospitaal, waar die vrou opgeneem is, sê sy is erg beseer en ook baie getraumatiseer.
“Sy is in die omstandighede bevredigend en stabiel. Sy en haar familie is te emosioneel en getraumatiseer om kommentaar te lewer. Sy ontvang berading.”
Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, sê die polisie het tekens van gedwonge toegang tot haar kantoor gekry.
Daar word R5 000 vermis uit ’n kas in die kantoor.
Die polisie ondersoek ’n saak van roof.
“Sodra ons die verslag van die distriksgeneesheer ontvang het en dit blyk dat sy verkrag is, sal ’n saak van verkragting ook geopen word,” het Marope gesê.
Prof. Elizabeth Snyman-van Deventer, VF+-raadslid, het gister in ’n verklaring die party se skok oor die voorval uitgespreek.
“Daar word reeds ’n veldtog van 16 dae teen geweld teen vroue en kinders gehou, maar 16 dae blyk nie naastenby genoeg te wees nie. Dis ’n veldtog wat elke sekonde van die dag gevoer moet word.”
Marietjie Gericke berig die uitvoerende burgemeester van die Mangaung-raad, mnr. Playfair Morule, het op die raad se begrotingsvergadering gister sy skok oor die voorval en simpatie met die vrou en haar familie uitgespreek.
“Dis hartseer en pynlik dat daar so iets met ’n werknemer moes gebeur. En dit nog by die werkplek.
“Ek hoop die polisie maak spoedig ’n deurbraak.”
Morule het homself verskoon van die vergadering om die vrou in die hospitaal te gaan besoek.
Ook mnr. Thami Stander, speaker, het sy skok en afgryse op die vergadering uitgespreek.
“Ons innige simpatie aan haar en haar familie.”
- Volksblad

Vrystaat Landbou rol moue op om regering in hoogste hof te pak







Vrystaat Landbou rol moue op om regering in hoogste hof te pak



2010-05-02 00:30
,
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Jan-Jan Joubert in Kaapstad
jjoubert@rapport.co.zaVrystaat Landbou is gereed om die regering in die land se hoogste hof te pak as die regering nie teen 24 Junie vorendag kom met ’n praktiese plan om veiligheid aan die Lesotho-grens af te dwing nie.Mnr. Louw Steytler, president van Vrystaat Landbou, sê sy organisasie is onverbiddelik in sy eis dat die regering die pligte wat die Grondwet aan hom opgelê het, uitvoer.Dis nou al sewe jaar dat boere aan die Lesotho-grens se voortbestaan in gedrang is weens veral veediefstal vanuit dié buurland.In Vrystaat Landbou se hofsaak (wat tot 24 Junie uitgestel is) voor die Vrystaatse hooggeregshof word ’n prentjie van laksheid aan staatskant geskets; van klagtes deur die georganiseerde landbou wat met leë ondernemings van staatskant opgevolg word.Basies eis Vrystaat Landbou drie praktiese stappe van die regering rakende die Lesotho-grens:* Die herstel van die grensdraad;* Die instandhouding van die pad wat langs die grens loop; en* Behoorlike patrollering van dié grens.Me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, het die afgelope twee maande deurlopend laat blyk dat die veiligheidsituasie aan die Lesotho-grens by haar uiters hoë prioriteit geniet.Terselfdertyd word gesloer met die vergadering oor die veiligheid van boere en plaaswerkers aan die land se grense wat reeds op 15 April tussen verdedigingsinstansies en Agri SA moes plaasgevind het. Die departement van verdediging blameer Agri SA vir die gesloer, maar Agri SA sê dis sommer bog.Albei partye stem egter nou saam dat die ontmoeting, waarby landbouleiers, Sisulu, die hoof van die weermag en ander ringkoppe teenwoordig sal wees, op 22 Mei in Pretoria sal plaasvind.Nie net die situasie aan die Lesotho-grens nie, maar landelike veiligheid aan al die landsgrense sal ter sprake wees.

Govts to discuss cybersecurity




Govts to discuss cybersecurity


2010-05-01 22:55

Related Links
Cybersecurity starts at home
Spain busts cyber crime net
Web crime to surge around SWC
Washington - Government officials and business leaders from around the world are meeting in Texas this week to discuss what all agree is an area of common and growing concern: cybersecurity.The Worldwide Cybersecurity Summit, hosted by the EastWest Institute (EWI), opens in Dallas on Monday and will feature three days of discussions on ways to protect the world's digital infrastructure from electronic threats.Among those scheduled to address the gathering, being held in the wake of sophisticated cyberattacks on Google which the Internet giant said originated in China, are President Barack Obama's National Security Advisor James Jones and White House cybersecurity coordinator Howard Schmidt.The EWI, a non-partisan think tank, is bringing together 400 government officials, business leaders and cybersecurity experts from China, France, Germany, India, Russia, the United States and nearly three dozen other countries to "map the dangers and areas of cooperation" in cyberspace."The skyrocketing severity and frequency of cyberattacks against businesses, governments and other institutions globally pose an ominous threat to the stability of the international economy and peace itself," according to the EWI."Nations have well established rules of the game on land, sea, air and in outer space," it said. "There is a significant lack of such rules in the fifth common domain - cyberspace."'Profound threat'Ahead of the meeting, the EWI and Public Strategies conducted a survey of government officials, business leaders and cybersecurity experts on their perception of the dangers in cyberspace.Thirty-four government officials and 103 business executives or experts, many of whom plan to attend the cybersecurity summit in Dallas, responded to the April 19-26 survey, for which they were guaranteed anonymity.When asked to rate the cybersecurity threat to governments and businesses on a scale of one to 10 with nine or ten representing a "profound threat", more than 80% of both groups agreed that the threat ranked a six or higher.Forty-eight percent of both groups said they faced a "profound threat" while only three percent from each category said they faced "no threat".Only four percent of the government officials and eight percent of the business leaders and cybersecurity experts rated the security of government computer systems and those of businesses as "very secure".Sixty-seven percent of government officials said their computer grid was "not very secure" while 33% of business leaders and experts said the computer systems of businesses in their country were not very secure."The consensus on threat levels is quite high," said EWI vice president Andrew Nagorski. "There's a general understanding that if there are major cyberattacks this is going to have a major economic impact."Participants in the survey also agreed that international tensions are likely to escalate if concerns over cybersecurity are not addressed..Leaders express fearSixty-seven percent of the government officials said that if current cybersecurity policies prove ineffective, "deteriorating relations, angry recriminations and growing distrust" could result among countries such as China, India, Russia and the United States.Fifty-one percent of the business leaders and experts expressed the same fear."This survey demonstrates how much more we need to do to implement policies that keep pace with the breakneck speed of technological advances," said EWI president and chief executive John Edwin Mroz."We need private-public partnerships and we need international cooperation to make cyberspace safe and secure," he said. "These results point to an urgent need to build trust, not only between countries but also between governments and businesses on a global level."
- AFP
Read more on: cyber crime internet us

Saturday, May 1, 2010

Twee in arres nadat 2.5 ton plofstof in huis gekry is..South Hills Johannesburg






Twee in arres nadat 2,5 t plofstof in huis gekry is


2010-04-30 23:02

Daniëlla du Plooy
Die polisie het gister beslag gelê op sowat 2?500?kg plofstof in ’n huis in South Hills, in die suide van Johannesburg.Dit sou vermoedelik gebruik word om kitsbanke mee op te blaas, het lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, gesê.“Dit is van die meeste kommersiële plofstof wat ons tot nog toe by een plek gevind het. Ons vermoed dit is by ’n depot in City Deep gesteel.”Die polisie het gisteroggend op die huis in Reginastraat toegeslaan in reaksie op ’n wenk van die publiek op Crime Line. Hulle het die huis deurgesoek en in ’n agterkamer op die plofstof, verpak in 100 bokse van 25 kg elk, afgekom.Twee mense wat op die perseel was, ’n meisie (18) en ’n man (22), is in hegtenis geneem.“Hulle is vermoedelik deel van ’n groter sindikaat.”Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van die oortreding op die Wet op Plofstowwe.

Selfde rowers kaap glo gesin se motor ná aanval op hulle


Selfde rowers kaap glo gesin se motor ná aanval op hulle
2010-04-30 23:02

Lindie van Wyk (regs) en Phalisa Nkozi (10), die huishulp se dogter.
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Daniëlla du Plooy
Slegs dae ná die bloedige aanval op ’n gesin van Northcliff, Johannesburg, het vermoedelik dieselfde drie rowers teruggekeer, hul motor gekaap en byna met die gesin se vyfjarige dogter binne-in weggery.Me. Marinda van Wyk, vrou van past. Johan van Wyk, wie se bejaarde ma verlede Woensdag by hul huis met ’n koevoet en wielsleutel aangerand is, kon Lindie (5) net betyds uit die motor help voordat die mans daarmee weggejaag het. Beeld het Woensdag berig Lindie het by die skool prentjies geteken van haar pa en ouma wat op die grond lê met bloed wat by hul koppe uitkom ná die eerste aanval by hul huis. Volgens past. Van Wyk (48) het Lindie gesê die mans wat haar en haar ma gisteroggend gekaap het, is dieselfde drie wat hulle vroeër aangerand het. “Sy het hul gesigte herken.”Lindie het tydens die eerste aanval langs haar ouma, me. Alida van Buuren (71), gelê en huil terwyl die drie mans Van Buu­ren en haar seun aangerand het.Past. Van Wyk het gesê die aanvallers het aanhoudend gesê: “We are going to kill you.” Aan sy ma het hulle gesê: “We are going to rape you.”Me. Van Wyk was gisteroggend omstreeks 06:55 saam met Lindie in die motor toe hulle oorval is.Volgens past. Van Wyk het sy net die motorhuis se deur toegemaak en weer in die motor teruggeklim toe die drie mans hulle oorval het.“Hulle het skote afgevuur, haar uit die motor gepluk en ingespring. Hulle het agteruit begin ry en Lindie was nog op die agtersitplek. Sy het egter die deur oopgemaak en begin uitklim. My vrou het nader gestorm en haar uitgehelp.”Die motor is sowat ’n uur later verlate ’n paar strate van hul huis af gevind.Volgens past. Van Wyk vermoed hulle dat hul huiswerker se ekskêrel iets met die voorvalle te doen het. “Hy het ná die eerste aanval al aan haar dreigende SMS’e gestuur en gesê sy moet haar kind dophou.” Tydens die eerste aanval het een aanvaller die huiswerker en haar twee kinders – ’n meisie (10) en ’n twee maande oue baba – ook in die kamer ingebring. “Sover ons weet, het die polisie dié verdagte nog nie eens ondervra nie,” het past Van Wyk gister gesê. “Ons kan nie op die polisie staatmaak nie.” Kol. Kwena Moichela, stasiebevelvoerder van die Honeydew-polisiekantoor, het gesê die eerste aanval is na die triotaakspan verwys. “Dinge moet op die regte manier gedoen word. Omdat die ekskêrel nie as een verdagte geïdentifiseer is nie, kan ons hom nie sommer net gaan arresteer nie. Die saak geniet wel die nodige aandag.”Volgens Moichela ondersoek hulle ook die veiligheidswagte en oudwagte van ’n plaaslike veiligheidsmaatskappy. “Die vermoede bestaan dat die eienaar buitelanders aanstel. Die betaling is egter nie goed nie en kort-kort verander die wagte. Ons vermoed hulle is dalk ook betrokke omdat hulle inwoners van die straat se roetine ken.”

Drie Misdadigers vas ná jaagtog; tref karre en toe ’n muur




Drie Misdadigers vas ná jaagtog; tref karre en toe ’n muur


2010-04-30 22:26
Konst. Blacky Swart van die K9-Pretoria-eenheid en sy hond, Boef, soek na ’n vuurwapen in die veld langs Rubensteinweg in Erasmuskloof in die ooste van Pretoria. Foto’s: Cornél van Heerden
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Hilda Fourie
Drie vermeende misdadigers is gister vasgetrek nadat hulle glo van die polisie weggejaag, teen vier motors gebots, op die polisie geskiet en toe teen ’n muur tot stilstand gekom het.In een van die motors waarteen die verdagtes vasgejaag het, was ’n ouma en haar twee kleinseuns van onderskeidelik een en twee jaar oud. Hulle is nie beseer nie.Ná die inhegtenisnemings het die polisie vasgestel die verdagtes se VW Tiguan is in Maart in Lyttelton, Centu­rion, gesteel.Sers. Lynnette Erasmus, polisiewoordvoerder, het gister op die toneel in Rubensteinweg in Erasmuskloof in die ooste van Pretoria gesê ao. Rudi Viljoen en sy bemanning van die Brooklyn-polisiekantoor het omstreeks 12:45 ’n verdagte voertuig in dié omgewing opgemerk.Volgens Erasmus het die verdagtes teen ’n vinnige spoed deur die strate gery.Die polisie het die verdagtes in hul wit VW Tiguan agternagesit. Toe die verdagtes agterkom hulle word agtervolg, het hulle begin jaag.In ’n stadium het die verdagtes deur die Castle Walk-winkelsentrum gejaag en in Lois­laan in die rigting van Hans Strijdomrylaan gery.By dié kruising het hulle teen ’n wit Mazda en nog ’n motor, wat by die verkeerslig stilgestaan het, gebots. Die impak het veroorsaak dat die Mazda oor die pad skiet en twee Toyota Aurisse tref.In die voorste Toyota Auris het mev. Susan Lamprecht (67) en haar twee kleinseuns, De Villiers (2) en Janhendrik (1) Lamprecht, gery.Lamprecht het aan die oorkant van die pad gesien hoe ’n voertuig teen ’n ander een bots. ’n Polisiemotor was agter hulle.“Toe ek hulle sien, het ek gedink hulle gaan deur my voorruit kom,” het Lamprecht gesê.“Ek het net gehoop en bid dit gebeur nie, want anders was my (klein)kindertjies dalk beseer. Ek is net baie dankbaar, want die feit dat die mense gewapen was kon gemaak het dat dinge baie erger uitgedraai het.”Volgens Erasmus het die verdagtes, kort nadat hulle teen al die voertuie gebots het, deur hul agterruit op die polisie geskiet. Die polisie het teruggeskiet en die vlugtendes se motor het teen ’n muur tot stilstand gekom. Hulle is op die plek in hegtenis geneem.Die mans sal binnekort in die Hatfield-gemeenskapshof op onder meer aanklagte van die besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig en roekelose bestuur verskyn.

W-Kaap se water is vuil




W-Kaap se water is vuil


2010-04-30 00:55

Liesl Peyper
Kaapstad
Sowat 30% van die Wes-Kaap se munisipaliteite se rioolsuiweringswerke is nié op peil nie.
Dié syfer kan selfs hoër wees omdat nege van die provinsie se 29 suiweringsaanlegte nie beoordeel kon word nie.
Me. Buyelwa Sonjica, minister van waterwese en omgewingsake, het gister die langverwagte Groendruppel-verslag – waarin die stand van die land se rioolsuiweringsaanlegte uitgestippel word – bekend gestel.
Luidens die verslag funksioneer 55% van die suiweringsaanlegte in Suid-Afrika nie behoorlik nie.
Dit kom daarop neer dat dié munisipaliteite rioolafval in riviere of damme stort.
Die syfer kan egter beduidend hoër wees omdat slegs 449 van die altesaam 852 suiweringsaanlegte beoordeel is.
Luidens die verslag het die res van die munisipaliteite óf nie gehoor gegee aan oproepe om beoordeel te word nie óf nie die “vrymoedigheid” gehad om aan ’n beoordeling onderwerp te word nie.
Sonjica het gister ondanks die verslag se skoksyfers ontken Suid-Afrika se rioolsuiweringsaanlegte is in ’n krisis.
“Wanneer is iets ’n krisis? Is dit ’n krisis wanneer ons ’n probleem identifiseer?”
Toe sy later gepols is oor waarom dit so lank geneem het om die verslag bekend te maak (sy het ses maande gelede glo reeds onderneem om dit te doen), het sy aangevoer sy wou Suid-Afrikaners nie onnodig verontrus nie.
“Ons kon nie net alarmisties wees nie. Ons moes eers oplossings aan die hand doen,” het sy gesê.
Van die 20 Wes-Kaapse suiweringsaanlegte wat aan die Groendruppel-projek deelgeneem het, het die Kaapstadse metropool (met ’n gemiddelde van 82%) en die ­George-munisipaliteit (met 94%) Groendruppel-status verwerf.
Dit beteken dié twee munisipaliteite voldoen aan internasionale peil wat rioolsuiwering betref.
Die Wes-Kaap het egter ’n bra swak gemiddelde punt van 47% vir sy watersuiwingsaanlegte behaal en ses plaaslike owerhede het onder 20% verwerf.
Heel onder op die puntelys was Matzikama (waaronder Vredendal, Strandfontein en Lutzville), wat 0% behaal het, terwyl Cederberg (onder meer Lambertsbaai, Citrusdal en Clanwilliam) met 3% in die tweede swakste plek is.
Luidens die verslag het dié twee munisipaliteite min of geen van die vereistes ingevolge waarvan watersuiwering beoordeel word nagekom nie en word afvalwater daar uiters swak bestuur.
Die Bergrivier-munisipaliteit (Piketberg, Porterville en Velddrif) het ’n punt van 11% behaal.
Die Bergrivier se water is berug weens grootskaalse besoedeling.
- Die Burger