Thursday, May 6, 2010

Polisiebeampte op patrollie doodgeskiet
















Polisiebeampte op patrollie doodgeskiet





2010-05-05 22:25

Verwante skakels
Polisieman sterf by KKNK
Polisieman gewond ná wilde skietery
Polisieman sterf in skietery
Johannesburg – ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n polisiebeampte wat op ‘n roetine patrollie in Eldorado Park was doodgeskiet het, het polisie in Gauteng Woensdag gesê.Die beampte en sy span het rondom 01:00 op ‘n groep mans afgekom wat op ‘n sypaadjie gesit het, het kapt. Nondumiso Mpantsha gesê.Toe die polisie naderkom het hulle almal in hul motors gespring en weggejaag. Een van die mans het in ‘n erf ingehardloop.Die polisiebeampte het agter hom aangehardloop en die man het glo ‘n vuurwapen uitgeruk en die polisieman geskiet. Hy het aan sy wonde beswyk.Ander polisielede het teruggeskiet en die man gewond voordat hulle hom in hegtenis geneem het.Die man sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) het die moord veroordeel en gesê dat die vermeende moordenaar borgtog geweier moet word.“Ons sal ooit toelaat dat die land deur kriminele beheer word nie,” het die unie in ‘n verklaring gesê.- SapaVolg Nuus24 op Twitter
------------------------------------------------------------------------------------

Lolly: dié man word gesoek




Lolly: dié man word gesoek


2010-05-06 00:02


Mnr. George Louka, ook bekend as George Smith. Foto: Verskaf
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Verwante skakels
‘Voortvlugtige Tsjeg nie verdagte; gee sy samewerking’
"All for you, if you really want it..."
Julian Rademeyer en Wolfram Zwecker
Mnr. George Louka (41), wat die Teazers-baas, mnr. Lolly Jackson, na bewering vol koeëls gepomp het, was glo die ontkleebaas se sterkman (muscle) wat sy “vuilwerk” gedoen het. Volgens bronne het Louka ’n baie kort humeur en is hy gewelddadig.’n Lasbrief vir dié Griekse Ciprioot se inhegtenisneming is glo uitgereik. Louka het glo die skuilnaam George Smith gebruik nadat hy drie weke gelede versuim het om in die hof in Kempton Park te verskyn op aanklagte van bedrog en die besit van gesteelde goedere ter waarde van sowat R8 miljoen.Die polisie het gister ’n sluier getrek oor hul ondersoek na die moord op Jackson Maandagaand in ’n huis in Edleen, Kempton Park. Drie dae ná die moord is niemand nog aangekeer nie en Jackson se Jeep Cherokee, waarin die verdagte glo gevlug het, word steeds vermis.Volgens Beeld se inligting het Louka, wat al jare lank in Suid-Afrika woon en Suid-Afrikaanse burgerskap het, noue bande met ’n berugte Tsjeggiese vlugteling, mnr. Radovan Krejcír.Krejcír se vrou, me. Katerina Krejcírová, is ’n direkteur van Group Two Investments, die maatskappy wat ’n huis van R13 miljoen in Kloofweg, Bedfordview, besit waar die egpaar glo woon. Jackson het ook in dié straat gewoon. Volgens die Eltec-eiendomsagentskap is Jackson se eiendom, Kloofweg 40, al 18 maande in die mark vir R9,5 miljoen.Krejcír se prokureur, mnr. Ian Small-Smith, het gister bevestig dat sy kliënt langer as ’n uur deur die polisie ondervra is en dat hy hulle “alles vertel het wat hy van George Smith (Louka) weet”.Louka se “beeldskone” vrou, Stella, drie dogters en seuntjie het verlede jaar inderhaas teruggekeer Griekeland toe, word verneem. Dit het gebeur nadat Stella se motor in die inrypad van hul huis gekaap is. Louka het ná die kaping taamlik onvleiende dinge oor sy vrou gesê. “Hy is ’n vreesaanjaende man,” het iemand wat Louka ken, gister gesê. Louka het glo sy naam na Smith verander omdat hy voort- vlugtig is in twee ander lande. Iemand anders wat Louka ken, het gesê die gesin het drie keer in vier jaar verhuis.“Ek dink hy is al landuit. Daar was nooit ’n tekort aan geld nie. “Elke paar maande was hy in ’n vliegtuig op pad iewers heen.”Volgens dié bron was Louka en Krejcír “goeie vriende en altyd in mekaar se geselskap”. Maar Louka was diep in die skuld. In 2009 is slegte skuld van R61 000 deur WesBank afgeskryf. Die vorige jaar het dié bank skuld van R146 000 afgeskryf. Louka is op 13 Junie 2007 in Kempton Park in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Dié saak is in Januarie 2008 teruggetrek.

Wednesday, May 5, 2010

Betogers bedaar ná skokgranate


Betogers bedaar ná skokgranate

2010-05-04 23:49


GEEL 2010-hempies wat deur die Mangaung-munisipaliteit bekom en versprei word, is deur ontevrede lede van Samwu aan die brand gesteek.
Foto's · Lesersfoto’s · Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Marietjie Gericke en Karen Ebersohn
Skokgranate, rubberkoeëls en ’n waterkanon is gister voor die Mangaung-munisipaliteit in Bloemfontein gebruik om honderde woedende Samwu-werkers uiteen te jaag wat in opstand is teen beweerde wanbestuur en bedrog deur die munisipale bestuurder.
Die werkers eis die kop van die omstrede stadsbestuurder, mnr. Sandile Msibi, en sy “luitenant”, die ?uitvoerende? direkteur: ??korporatiewe dienste, mnr. Amos Go-liath.
Vyf betogers is beseer toe die polisie teen honderde Samwu-lede opgetree het. Verskeie voertuie van die polisie en inwoners van die stad is beskadig.
In ’n griefskrif wat die Samwu-lede aan die uitvoerende burgemeester, mnr. Playfair Morule, oorhandig het voordat die polisie die stakers voor die Bram Fischer-gebou verwilder het, word gevra dat Msibi en Goliath onmiddellik geskors word.
Die skorsing word geëis hangende ’n forensiese ondersoek wat ingestel moet word oor beweerde korrupsie van miljoene in die munisipaliteit.
Volgens ’n betroubare bron binne die munisipaliteit moes Morule die griefskrif gaan ontvang het omdat Msibi se lewe in gevaar kon wees as hy sy gesig durf wys.
Wanorde het egter losgebars toe die betogers geel 2010-hemde en ander items aan die brand gesteek het nadat die polisie herhaaldelik opdrag gegee het dat die vure geblus moet word.
Die polisie het toe die vuur met ’n waterkanon geblus en verskeie optoggangers papnat gespuit.
Woedende lede het daarna die polisie met bakstene getakel en die polisie het met skokgranate en rubberkoeëls geantwoord.
Betogers het vervaard uitmekaargespat. Gebreekte glas en hopies nat vullis is al wat oorgebly het voordat betogers minute later weer teruggekeer het.
Die korrupsie-bewerings gaan oor:
Die omstrede kontrak met MNK-belastingdienste waaroor Volksblad die laaste weke reeds breedvoerig berig het. Dit sluit in bewerings dat MNK sonder om te tender vir die kontrak aangestel is om BTW namens die munisipaliteit te verhaal wat glo tot einde 2009 nooit geëis is nie. Luidens gerugte is R54miljoen suksesvol geëis in gevalle waar die eise nie geldig was nie. Moontlike ongerymheid moet ook ondersoek word oor die massiewe kommissiestruktuur van 50% wat met MNK beding is;
Die kontrak met Mol/Pro Konsultante, ’n skoonmaakdiens;
Die uitbreiding van Dinatla Konsultante se kontrak om ook nou armlastiges te registreer, nadat hulle aanvanklik – klaarblyklik ook sonder om te tender – aangestel is om namens die munisipaliteit met staatsdepartemente te onderhandel wat die munisipaliteit meer as R30 miljoen aan dienstegeld skuld.
Die aanstelling van TAD-kontrakteurs om glo agtergrondinligting in te samel van aansoekers vir poste;
Die omstrede aanstelling van Nics (New Integrated Collection Systems), ’n Johannesburgse skuldinvorderingsmaatskappy; en)?Volgehoue bewerings dat die geel 2010-hempies wat deur die stadsbestuurder aangekoop is, van ’n maatskappy is waarin ’n amptenaar glo ’n belang het.
Morule het belowe die klagtes sal aandag kry.
Die Vrystaatse voorsitter van Samwu, mnr. Lucky Mongale, het gesê die munisipaliteit het sewe dae om te reageer, anders gaan die vakbond sy lede aanmoedig om die stad tot stilstand te bring.
- Volksblad

Tuesday, May 4, 2010

Lolly Jackson vermoor...15 keer geskiet




Lolly Jackson vermoor
2010-05-03 23:39

Lolly Jackson Foto: Sapa
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Die omstrede Teazers-baas mnr. Lolly Jackson is gister vermoor.Sers. Tsholofele Madumo, polisiewoordvoerder, het gisteraand aan Sapa bevestig Jackson (53) is geskiet.Hy is laatmiddag verskeie kere met ’n handwapen in ’n huis in Edleen, Kempton Park, geskiet, het die polisie bevestig.Volgens Eyewitness News (EWN) is hy 15 keer geskiet.Jackson het by ’n vriend gekuier wat ’n kamer in die huis huur, het kol. Eugene Opperman, polisiewoordvoerder, gesê.EWN het berig die moordenaar het met Jackson se Jeep Cherokee gevlug, wat volgens Madumo teen druktyd nog soek was. Opperman het egter gesê niks word vermis nie.Die motief vir die moord is volgens hom onbekend en daar was geen teken van ’n struweling nie.Toe ’n Teazers-werknemer op die toneel aankom en vasstel die vermoorde is sy baas, het hy in trane uitgebars, berig EWN. Hy het Jackson se naasbestaandes gebel.Benewens sy omstrede bedryf was Jackson bekend vir sy botsings met die gereg, sy vinnige motors en sy omstrede uitlatings.Hy is in Maart vanjaar op aanklagte van onder meer menseroof en afpersing gearresteer nadat hy glo ’n kliënt van hom wat met een van sy danseresse weggeloop het, vir duisende rande probeer afpers het.Hy het ook al met verkeers- en immigrasiebeamptes, die SA Inkomstediens en die gesagsliggaam vir reklamestandaarde (ASA) gebots.Ná omstredenheid oor die woorde “geen geslagstoetse nodig nie” op een van Teazers se advertensieborde het hy verlede jaar ’n tjek van R20 000 aan die atleet Caster Semenya gegee.Onlangs is bekend gemaak hy gaan homself in ’n Afrikaanse fliek speel wat ook verskeie bekende plaaslike vermaaklikheidsterre in die rolverdeling het. “Ek hoef nie toneel te speel nie. Ek kan net myself wees,” het hy gesê.“Ek is gewoonlik ’n p***p**l en nou kan ek eenvoudig so optree.”

Monday, May 3, 2010

‘Staat sny boere keelaf'











‘Staat sny boere keelaf'




2010-05-03 01:31

Charles Smith
In ’n poging om die verbruiker goedkoper brood te gee, word die Suid-Afrikaanse koringboer wat die brood lewer deur die staat keelaf gesny.
Dit is die reaksie uit landboukringe oor die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie van Suid-Afrika (Itac) se “teleurstellende” invoertarief op koring wat pas aangekondig is.
Die tarief van 14,07c/kg is die naweek in werking gestel. ’n Nuwe beskermingsvlak van $215 per ton koring en koringmeel is ook ingestel.
Al is dit heelwat hoër as die vorige beskermingsvlak ($157 per ton), is dit nie die $260 per ton wat Graan SA gevra het nie.
Mnr. Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA, sê die invoertarief op koring en koringmeel is in vele opsigte teleurstellend.
Graan SA beskou die aankondiging van die tarief allermins as ’n begunstiging, want dit is “onnodig ter wille van die verbruiker en laat die produsente weer eens weerloos”, lui sy verklaring.
Die impak van die tarief sal as ’n saak van dringendheid met me. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bespreek word.
Ferreira sê alle aanduidings is daar dat Suid-Afrika sy vermoë om koring vir eie verbruik te produseer, verloor en dat dié vermoë steeds krimp. Die doel is om invoervervangende strategieë te ontwikkel en in hierdie verband sou ’n tydige en beduidende tarief op invoer die nodige katalisator wees.
Hy sê in geen opsig is daar voldoen aan wat Graan SA as minimum vereistes ten opsigte van die invoertarief gestel het nie.
Hy sê die jongste berekenings van die produsente-aandeel in witbrood dui daarop dat produsente minder per brood kry as die BTW wat die staat ontvang.
Dieselfde faktore wat pryse enkele jare gelede skerp opwaarts gedruk het, kan ook in die nabye toekoms herhaal word.
Die Suid-Afrikaanse regering het klaarblyklik vergeet wat die impak was van onvoldoende aanbod met skerp stygende verbruikerspryse.
Niks in die nuwe tariefstruktuur gee erkenning aan hierdie dreigende gevaar nie.
Ferreira sê ook dit is gewoon onaanvaarbaar dat dit vir die staat sedert Oktober 2009 nie moontlik was om ’n besluit vinniger te neem nie.
Die onbuigbaarheid van hierdie besluitnemingsproses laat produsente in ’n baie moeilike posisie. Daar was ’n redelike verwagting dat met ’n meer tydige aankondiging, produksiebesluite beter gerig kon word.
Met minder as ’n halwe maand oor voordat optimum plantdatums verby is, grens die vertraagde aankondiging aan obstruksie en is dit teen die gees van goeie samewerking, sê Ferreira.
Mnr. Siyabulela Tsengiwe, hoofkommissaris van Itac, het gesê die kommissie kon nie Graan SA se hele versoek goedkeur nie.
Dit sou gelei het tot ’n onmiddellike styging in die tarief tot 47c/kg, wat gelykstaande is aan 33% ad valorem met ’n onvermydelike styging in die prys van brood.
- Volksblad

Boewe teiken fietsers ál meer







Boewe teiken fietsers ál meer



2010-05-02 22:53

André Damons
Selfs fietsryers is nie meer veilig as dit kom by misdaad nie. Twee bergfietsryers het eergister die soveelste slagoffers geword van vermoedelik ’n kaperbende wat bergfietsryers in ’n natuurreservaat noord van Johannesburg teiken.Die fietsers is by die Northern Farm-natuurreservaat van hul duur fietse en ander items beroof. Twee weke gelede is twee ander fietsryers op soortgelyke wyse in dieselfde omgewing, ’n gewilde plek vir bergfietsryers, aangeval.Volgens me. Heidi Twiss, ’n fietsryer van Club 100 wat met die twee beroofde fietsryers gepraat het, het die jongste voorval eergister omstreeks 10:00 op een van die mees geïsoleerde plekke op die fietsryroete naby die N14-hoofweg gebeur.Twee mans het hulle as voetgangers voorgedoen, maar voor die fietsryers ingespring en ’n pistool en mes te voorskyn gebring.“Die rowers het als gevat – hul fietse, selfone, rugsakke, sonbrille, hemde, skoene, valhelms, toerusting, als. Dit is vreeslik,” het sy gister gesê.Die twee fietsryers moes sowat 5 km in net hul fietsrybroeke na die klubhuis van die natuurreservaat loop.Die fietsryers wat twee weke gelede aangeval is, is ook van hul klere beroof.Mnr. J.J. Botha, ook ’n bergfietsryer, het gister aan Beeld vertel hoe vermoedelik dieselfde mans en nog ’n makker hom in Desember op pad na Northern Farm voorgelê het. Die werkwyse was dieselfde. “Hulle het my in die veld ingedwing. “Een van hulle het met sy knieë op my rug gesit en ’n ander een het my kop in die gras ingedruk.”Volgens hom het die rowers gedreig om hom te skiet as hy dit sou waag om na hulle te kyk. Een van die rowers het die magasyn uit sy pistool gehaal en Botha gewys daar is koeëls in. Botha is van sy fiets ter waarde van sowat R60 000 en ander persoonlike goedere soos sy selfoon, iPod, kontant en sonbril beroof.Mnr. Andrew Bennett, nog ’n fietsryer, het op die Cycle Lab se webwerf geskryf hy en nog ’n fietsryer is ook in Desember deur drie mans van hul fietse, skoene en brille beroof toe hulle van Northern Farm na die Broadacres-sentrum op pad was.Mnr. Simon Nash, voorsitter van die Northern Farm-ontspanningsgroep, het gister gesê vyf voorvalle het al vanjaar by die plaas gebeur waar fietsryers beroof is.In al die gevalle was die werkwyse feitlik dieselfde en het die rowers die slagoffers se fietse en ander persoonlike besittings gevat.“Dit is ’n groot probleem,” het Nash gesê. “Ons moet dit stop voordat mense seerkry.” Hy vermoed die rowers kom van die nabye Diepsloot-plakkerskamp. Mnr. Johan Coetzee van die webwerf Mountain Bike SA het gesê bergfietsry is ’n vinnig groeiende sport, maar raak gevaarlik weens voorvalle soos dié. “Dis ’n bekommernis. Mense moet in groter roepe ry en meer bedag wees,” het hy gesê.Fietsryers is vroeër vanjaar ook in Centurion geteiken. Me. Mathilda Barnard is in Januarie met ’n mes in die nek deur rowers gesteek en langs die voetpaadjie gelos waar sy gery het.

Sunday, May 2, 2010

Nyanda spandeer R500 000 op hotelverblyf


Nyanda spandeer R500 000 op hotelverblyf

2010-05-02 05:45
Verwante skakels
Plaasmoorde is nie rassisties, sê minister
Minister sterf in botsing
Paaie gesluit vir minister se gedenkdiens
Kaapstad - Siphiwe Nyanda, minister van kommunikasie se jaarlange verblyf in luukse Kaapse hotelle het die belastingbetaler sowat R500 000 uit die sak uit gejaag. Die minister het bevestig dat hy vanjaar in April eers in sy amptelike huis in Kaapstad getrek het. Nyanda het op 'n vraag vanaf Juli Kilian, Cope LP gereageer en gesê hy kon nie in Mei verlede jaar by sy huis intrek nie omdat dit nog nie gereed was nie. Die Departement van Publieke werke het gesê die huis het nog nie meubels gehad nie, en daar was ook nog werk wat aan die huis gedoen moes word. Terwyl hy vanaf Kaapstad gewerk het, het die minister by die Mount Nelson Hotel sowel as by die 12 Apostles Hotel & Spa tuisgegaan vanaf April verlede jaar tot einde Maart hierdie jaar.- Vir die volledige storie besok iol