Saturday, May 8, 2010

Brugboewe se klip eis jong pa



Brugboewe se klip eis jong pa

2010-05-07 21:55


Dis waar mnr. Gideon Ehlers in Pretoriastraat gery het toe ’n reuse-klip van die brug op sy motor gegooi is. Hy is op slag dood. Foto: Lisa Hnatowicz
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Verwante skakels
'Uitswaai red my lewe'
Amanda Roestoff
’n “Geniale” ingenieur van Centurion, die pa van twee seuns, is gister dood toe ’n klip “so groot soos ’n wiel” van ’n brug in Pretoria op sy motor gegooi is.Dit kom net ’n dag nadat ’n 21-jarige sjef ’n soortgelyke dood in dieselfde omgewing net-net vrygespring het.In die jongste voorval was mnr. Gideon Ehlers (39), ’n sand-en-klip-ingenieur van Drift Super Sand in Muldersdrift, gister omstreeks 01:00 in Pretoriastraat na die hoofweg op pad. Hy was die aand uit saam met ’n vriend, mnr. Riaan Redelinghuys, en mnr. Jannie Homan, ’n direkteur van Drift Super Sand.Mev. Elzaan Ehlers het gesê haar man is op slag dood toe ’n klip hom teen die borskas getref het. “Ek het hom nog teen so 00:15 gebel. “Toe was hy nog op pad. Die volgende oomblik, so teen 01:00, het ek ’n oproep van my broer gekry om te sê hy (haar man) is dood.” Ehlers was alleen in die voertuig. Konst. Portia Maleka, polisiewoordvoerder, het bevestig die voorval het omstreeks 01:00 onder ’n brug in Pretoriastraat plaasgevind. “?’n Moorddossier is vir verdere ondersoek geopen.”Mev. Ehlers het in trane gesê: “Ek weet nie wat in die land aangaan nie, maar hy het niks gedoen nie. Hulle (die regering) beter nou iets doen!” Woensdag omstreeks 23:45 was mnr. Brian Engelbrecht (21), ’n sjef van Ndlovu Lodge, in ’n westelike rigting op die N4 op pad huis toe, toe hy die klip van die brug net voor die N1-wisselaar sien val. Engelbrecht het uitgeswenk, maar die klip het die passasierskant van sy VW Polo getref. Sy voorruit, kopstut en paneelkissie is in die aanval verwoes. Engelbrecht het ’n saak van kwaadwillige saakbeskadiging aanhangig gemaak. In ’n derde voorval sowat ’n week gelede het mnr. Gabriel Barnard (24), ’n gimnasium-instrukteur, omstreeks 23:45 in Kerkstraat langs die N4-hoofweg afgery toe hy iets hoor “ontplof”, berig Tracy-Lee Davis. Barnard het gesê ’n klip het op sy agterste sitplek beland, maar hy het eers enkele meters daarvandaan stilgehou. Hy het later in Silverton by ’n verkeerskruising teen ’n VW Polo gebots. Vir die Ehlers-gesin sal die plek van ’n eggenote en pa altyd leeg wees. “Hy sal beslis baie gemis word,” het sy vrou gesê. Hy word oorleef deur sy vrou en twee seuns, Robbie (17) en Taylor (6).’n Roudiens word oormôre om 14:00 by sy werkplek gehou.
( Beeld )

Friday, May 7, 2010

'n Welkomse sakeman na aanval geskiet







AANVAL: ’n Welkomse sakeman is gisteroggend buite Welkom geskiet toe hy drie mans, wat die pad versper het waar hy met sy vragmotor gery het, daaroor gekonfronteer het. Een van die verdagtes is kort ná die skietery in hegtenis geneem deur lede van die polisie wat toevallig daar verbygery het. Insp. Wassie Wasmuth, ’n lid van die polisie se honde-eenheid in Welkom, en sy hond, Striker, soek hier na die gewapende aanvallers tussen digte riete buite die stad. Foto: Tom de Wet .

Vier gewapende kapers in Centurion vasgevat!











Polisielede hou wag oor die vier verdagte motorkapers waar hulle met hul hande agter hul rûe vasgebind langs die pad in Bothalaan in Doringkloof in Centurion, lê. Foto: Theana Calitz
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Virginia Keppler
Vier gewapende kapers is gistermiddag in Doringkloof in Centurion, nog in die voertuig wat hulle glo Dinsdag van ’n 18-jarige leerlingbestuurder in Edenvale in Johannesburg gebuit het, aangekeer.Die kapingslagoffer se leerlingrybewys was nog in die voertuig en die kapers het ook nog met die voertuig se oorspronklike nommerplaat gery.Kapt. Collette Weilbach, polisiewoordvoerder, het gesê twee van die verdagtes is 24 jaar oud en die ander is 22 en 27. Hulle is almal van Alexandra in Johannesburg.Weilbach het gesê twee lede van die Lyttelton-polisie se taakspan was besig met patrolliewerk en het omstreeks 13:15 in Limpopostraat in Doringkloof gestaan toe die verdagtes in ’n swart Hyundai Getz verby hulle gery het. “Asof dit instink was, het die polisiemanne dadelik hul voertuig aangeskakel en die verdagtes agternagesit. “Die verdagtes het waarskynlik agtergekom hulle word agtervolg en het vinniger begin ry,” het Weilbach gesê.Volgens haar het die Hyundai links in Bothalaan gedraai en in ’n westelike rigting gery met die polisie steeds op hul hakke.“Sowat 800 m van die Doringkloof-winkelsentrum in Bothalaan het die verdagtes ’n U-draai gemaak en in ’n oostelike rigting gery, waarskynlik in die rigting van die N1-hoofweg.“Die polisie het egter daarin geslaag om hulle te stop deur voor hulle in te ry en hulle van die pad af te dwing.”Volgens ’n polisieman op die toneel was een van die vuurwapens van die verdagtes reeds oorgehaal toe die polisie hulle uit hul voertuig beveel het.“Hy wou die wapen op een van die taakspan-ouens rig, maar het blykbaar besef hy gaan uitgehaal word as hy dit sou waag.Hulle het nie ’n kans gehad nie,” het die polisieman gesê.Die verdagtes is langs die pad op hul mae laat lê en hul hande is agter hul rûe vasgebind. Die polisie het beslag gelê op twee 9 mm-Beretta-pistole, patrone en ’n handskoen wat in die voertuig gekry is.Die handskoen het glo aan die verdagte wat bestuur het behoort, want hy het die ander een nog aan die regterhand gehad.Volgens die polisie was niemand in Dinsdagaand se kaping beseer nie.Weilbach het gesê die polisie vermoed die verdagtes was in Pretoria om ’n gewapende misdaad uit te voer, maar het hulle vasgeloop.Die verdagtes sal binnekort in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Polisiekaptein se stryd teen regstelaksie nog lank nie verby







Polisiekaptein se stryd teen regstelaksie nog lank nie verby



2010-05-07 00:46
Daniëlla du Plooy
Johannesburg
Kapt. Renate Barnard, wat in Februarie ’n verreikende regstellende-aksie-geding teen die polisie gewen het, se stryd teen haar werkgewer is nog lank nie verby nie.
Die arbeidshof het gister die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) se aansoek om appèl toegestaan het. Die saak sal nou in die arbeidsappèlhof aangehoor word – ’n proses wat tot twee jaar kan duur.
Barnard het haar saak in 2009 met die hulp van die vakbond Solidariteit na die arbeidshof geneem nadat die polisie haar jare lank die bevordering na luitenant-kolonel (superintendent volgens die ou range) geweier het.
Die Hartbeespoort-polisiekantoor en die polisie se nasionale inspektoraat wou haar onder meer nie in bevorderingsposte aanstel nie, hoewel sy die enigste geskikte kandidaat was.
Die polisie het verkies om eerder niemand aan te stel nie, wat die hof in Februarie as ’n onbillike toepassing van regstellende aksie uitgewys het.
Dít is omdat ’n wit aanstelling in die betrokke poste sy transformasieteikens in die gedrang sou bring.
Barnard sal nou moet wag tot die tweede verhoor afgehandel is om te hoor of sy wel tot luitenant-kolonel bevorder gaan word.
Indien die arbeidsappèlhof in Barnard se guns beslis, kan die polisie besluit om selfs nog ’n stap verder te gaan en hulle na die konstitusionele hof te wend.
Mnr. Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, het die arbeidshof se besluit verwelkom. “Die uitspraak van ’n hoër hof sal vir selfs groter regsekerheid oor die toepassing van regstellende aksie sorg,” het hy gesê. “Die ideaal sal uiteindelik wees dat ’n grondwetlike uitspraak in dié verband gelewer word.
“Die uitspraak is wel teleurstellend vir Barnard, aangesien dit nou nog langer gaan neem voor geregtigheid vir haar sal kan geskied.”
Hermann reken die arbeidsappèlhof se besluit kan, indien in hul guns, ’n “regspresedent skep” en só tot voordeel wees vir alle Suid-Afrikaners wat deur die onbillike toepassing van regstellende aksie benadeel word.
- Die Burger

Regses wou glo plofstof plant






















Regses wou glo plofstof plant






2010-05-07 03:11

Lizel Steenkamp
Kaapstad – Die polisie het ’n week ná die moord op die AWB-leier, mnr. Eugene Terre’Blanche, ’n groep verregses in Pretoria in hegtenis geneem wat glo plofstof in townships wou plant.Mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, en genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het gister op ’n inligtingsessie by die parlement aan die media gesê verregse groepe “met ’n neo-Nazi-ideologie” is oor die land heen bedrywig.Cele het agterna aan Volksblad gesê verskeie verdagtes wat “verskillende dinge beplan het”, is reeds in Gauteng, Limpopo en die Wes-Kaap in hegtenis geneem.“Ons het nog een gisteraand (eergisteraand) in Polokwane in hegtenis geneem. Ons is besig om hulle te versamel, hulle behoort almal tot verskillende verregse groepe,” het Cele gesê.Mthethwa het gister uit die bloute aangekondig die polisie het op 12 April op ’n “arsenaal van vernietiging” in Pretoria afgekom. “Van die mense wat in Pretoria in hegtenis geneem is, het wapens, wapenonderdele en ammunisie vervaardig. Hulle het ’n arsenaal van vernietiging gehad en het beplan om plofstof in swart townships te plant,” het hy gesê.Dié verdagtes het reeds in die hof verskyn, maar die minister het geweier om meer besonderhede bekend te maak.Hy het ook verwys na verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die skending van wyle mnr. Norman Mashabane, ’n voormalige ambassadeur in Indonesië, se graf in Limpopo. “Hulle het nou begin sing (verklarings aflê) en dis die lied van die verregses met hul neo-Nazi-ideologie.”Mthethwa het gesê dié mense bedreig nie staatsveiligheid nie, maar dat die polisie hul ore en oë oop hou.“Hulle hoop om ’n bedreiging te wees en hulle wil graag glo hulle is groot, maar hulle is liggewigte. Ons kan hulle hanteer. Niemand gaan die WB 2010 ontwrig nie, ons monitor álles,” het Mthethwa gesê.Intussen het die VF+ gister onderneem om binnekort bewyse aan Mthethwa voor te lê wat staaf dat sommige plaasaanvalle politiek gemotiveerd is.Mnr. Pieter Groenewald, die VF+ se hoofsweep, het in die debat oor Mthethwa se begrotingsrede gesê daar is bendes van tussen 10 en 16 lede wat aanvalle op plase in Limpopo uitvoer. In sommige gevalle word niks gesteel nie.“My party het ernstige kommer hieroor. Dit kan mos nie gewone misdaad wees nie? Minister, u móét erken dat politiek wel ’n rol in sommige plaasmoorde speel. En ek sal dit aan jou bewys.”Me. Angie Molebatsi, ANC-LP, het Groenewald in Afrikaans aangevat omdat dit geblyk het hy is net oor boere bekommerd.“Ek hoop die agbare lid praat nie net van plaaseienaars nie, maar ook van plaaswerkers. “Moord is moord.”
- Volksblad

Polisiebeamptes vas vir korrupsie


Polisiebeamptes vas vir korrupsie

2010-05-07 02:02

Verwante skakels
Polisiebeampte op patrollie doodgeskiet
Polisiebeampte skiet homself
Polisie-reserviste glo vas vir diefstal
Durban - Twee polisiebeamptes is vandeesweek in Sydenham in Durban op aanklagte van korrupsie in hegtenis geneem, het die KwaZulu-Natalse polisie gesê.“Die polisiebeamptesis Woensdag in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn,” het Lt. Kol. Jay Naicker gesê.Daar sal op ‘n latere stadium meer besonderhede bekend gemaak word.-SapaVolg Nuus24 op Twitter.

Thursday, May 6, 2010

Polisie ry bom-komplot in die wiele






















Polisie ry bom-komplot in die wiele






2010-05-06 18:38
Verwante skakels
Bom-vrees by ambassade
Bom-grap blaas in joernalis se gesig op
Bomme op Durban-strand gevind
Kaapstad – Die polisie het ‘n komplot deur wit-heerssugtiges wat plofstowwe in informele nedersettings wou plant in die wiele gery, het die minister van polisie Nathi Mthethwa Donderdag gesê.Hy het belowe dat ekstremiste nie toegelaat sal word om die Wêreldbeker-sokkertoernooi te ontwrig nie.“Polisie het ‘n opruimingsveldtog in talle areas geloods en sommige van die mense het geheime voorrade van wapens en ammunisie gehad,” het Mthethwa gesê.“In Pretoria byvoorbeeld het van die mense wat in hegtenis geneem is beplan om sommige van daardie plofstowwe in swart nedersettings te gaan toets,” het Mthethwa gesê.Mthethwa, wat geweier het om besonderhede te verskaf oor hoeveel mense in hegtenis geneem is en wie hul teikens was, het wel gesê dat sommige van hulle geglo het in ‘n slegs blankes volkstaat of republiek.Voormalige president Thabo Mbekhi het in 2002 ekstremiste blameer vir 10 bomontploffings wat die lewe van een vrou geëis het en twee ander beseer het. Nege van die bomme het in Soweto ontplof.Mthethwa het bygevoeg dat die ekstremiste nie ‘n bedreiging vir die land is nie en dat daar geen onderbrekings gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi sal wees nie.“Niemand sal die Wêreldbeker ontwrig nie. Hulle sal dit nie doen nie want ons monitor alles in die land.”- ReutersVolg Nuus24 op Twitter