Sunday, May 9, 2010

Boer vry wat 4 onwettiges op plaas vang











Boer vry wat 4 onwettiges op plaas vang




2010-05-07

Verwante skakels
KZN-boer wreed aangeval
Ventersdorp-boer aangeval op plaas
Boer van duisende rande beroof
Charles Smith
’n Boer van die De Wildt-omgewing naby Brits wat in hegtenis geneem is omdat hy onwettige immigrante aangekeer het, is vrygespreek.Chris Louw, ontslape joernalis wat ook inwoner van dié gebied naby die Hartbeespoortdam was, se berig oor mnr. Gerhard Short (42) se inhegtenisneming het destyds wyd ontsteltenis veroorsaak. Daarin is gemeld dat ’n polisielid gesê het: “Vandag gaan ons ’n Boer aankeer.” Short het gesê die lede van die gemeenskap het 148 sake by die Mmakau-polisiekantoor aangemeld waar die oortreders op heter daad betrap is, maar nie een is aangekla nie. Toe hy op 7 September verlede jaar vier onwettige immigrante (daar is eers vermoed hulle was Zimbabwiërs, maar dit het nou geblyk hulle is van Mosambiek) op ’n serwituutpad naby sy huis aangekeer het, het sy vrou die polisiekantoor 13 keer probeer bel, sonder sukses.Volgens die polisie is skote geskiet en het Short se hond van die mense gebyt toe hulle wou vlug. Short is self gebyt toe hy die hond probeer keer het. Hy het klagte teen die mans ingedien, maar is die middag deur minstens 30 polisielede in ses voertuie by sy huis gekonfronteer nadat die onwettige immigrante klagte van aanranding en poging tot moord teen hom ingedien het.Short is aangekla, die nag in ’n polisiesel aangehou en die volgende dag deur die Brits-landdroshof op borgtog van R3 000 vrygelaat. Die laaste aanklagte is pas deur die hof uitgegooi nadat die klaers nie opgedaag het nie. - BeeldVolg Beeld op Twitter
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: plaasaanvalle

Só is Lolly tereggestel







Só is Lolly tereggestel



2010-05-08 22:29


Mnr. Lolly Jackson
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Gavin Prins en Johan Eybers in Johannesburg
Die ontkleeklubkoning Lolly Jackson is terreggestel met ’n goed gemikte kopskoot uit ’n sluipmoordenaarswapen.Rapport kan vandag onthul dat die Teazers-baas Maandagaand eers vier keer in die rug geskiet is terwyl hy van sy moordenaar probeer weghardloop het. Die beseerde Jackson het uit die televisiekamer in die moordhuis in Kempton Park na buite probeer vlug. Hy het toe in die deur na die motorhuis geval, waar hy die doodskoot agter sy oor toegedien is.’n Bron na aan die ondersoek het aan Rapport gesê die moordwapen was ’n .22-handwapen – dikwels die voorkeurwapen van professionele huurmoordenaars. Vanweë die wapen se ligte kaliber kan die skote nie ver gehoor word nie. Die moordenaar het volgens Rapport se bron op ’n professionele wyse die moordtoneel opgeruim om bloedspatsels en ander bewyse te verwyder.Die polisie soek na die voortvlugtige mnr. George Louka, alias George Smith, ’n voormalige regterhand van Jackson, in verband met die moord. Louka het in die moordhuis gewoon. Jackson het vroeër gesê Louka is groot geld aangebied om hom tereg te stel. Rapport verneem kneusplekke aan Jackson se kop dui op ’n vuisgeveg met die skieter. En die moordenaar het Jackson se eie selfoon gebruik om die polisie te bel.Die private speurder mnr. Mike Bolhuis, wat Jackson al jare lank ondersoek weens onder meer beweerde mensehandel en omkopery, sê hy glo die smetkoning se misdadige bedrywighede het hom sy lewe gekos: “You live by the sword, you die by the sword… My inligting was dat hy en Louka ’n uitval gehad het oor ’n Griekse paspoort-transaksie wat skeefgeloop het.”Twee bronne het aan Rapport gesê Jackson wou die land verlaat en dat Louka vir hom ’n Griekse paspoort moes reël. Die polisie en Jan Taks was glo reg om Jackson vas te trek vir onderskeidelik geldwassery en belastingontduiking.Jackson het glo reeds R10 miljoen onwettig uit die land geneem. ’n Polisiebron het aan Rapport gesê Louka kruip in Ciprus weg. “Hy lyk nie meer soos die koerantfoto’s nie. Hy is maerder, het al sy hare afgeskeer en dra ’n bril.”Jackson se Jeep Cherokee is die dag ná die moord in Bedfordview gekry, naby die huis van die Tsjeggiese boef Radovan Krejcír.Jackson het lank voor sy dood aan die verkeerde kant van misdaadbase beland. Hy het vroeër vanjaar ’n regsgeding begin teen mnr. Alekos Panayi, gewese verteenwoordiger van die Laiki-bank. Jackson het beweer Panayi skuld hom R725 000.Die owerhede se belangstelling in Jackson het begin toe Panayi in hofstukke ’n geldwassindikaat ontbloot het waarby Jackson, Krejcír en Louka glo betrokke was. Panayi het Krejcír aan Jackson voorgestel en laasgenoemde het hom glo gehelp om miljoene rande uit die land te smokkel. ’n Saketransaksie tussen Jackson en Krejcír het egter skeefgeloop en Jackson het die drie mans afgedreig. Louka en Krejcír het toe teen hom gedraai. “Lolly het sy hand oorspeel teen mense met meer spierkrag in die onderwêreld,” sê mnr. Andrew Phillips, eienaar van The Grand-ontkleeklub.– Lees hier meer oor wat van die Teasers-dansers oor Lolly Jackson te sê het, en lees ook meer oor die gesprek wat Jackson twee weke gelede met Rapport gehad het.
- Rapport

Geen teken dat wiele rol vir De Kock se vrylating


Geen teken dat wiele rol vir De Kock se vrylating

2010-05-08 22:29
Eugene de Kock
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Jan-Jan Joubert in Kaapstad
Vertrouelinge van die apartheidsmisdadiger Eugene de Kock voer aan die wiele is aan die rol om hom uit die tronk te kry.Volgens Rapport se inligting gaan dit nie heeltemal so vinnig gebeur nie en gaan pres. Jacob Zuma eers teen die einde van Junie ’n besluit oor moontlike kwytskelding neem.De Kock was vroeër vanjaar op die randjie van vrylating, maar sedertdien het Zuma in hofstukke laat blyk hy beoog om teen einde Junie ’n finale besluit te neem oor alle gevangenes wat beweer hulle word om politieke redes aangehou.Zuma het in die hofstukke, wat oor ander gevangenes gehandel het, na De Kock verwys as een van die gevangenes oor wie se vrylating hy wil besluit.Sekere prosedures moet egter gevolg word. Teen Vrydag het die departement van justisie nog geen versoek van die presidensie ontvang dat De Kock vir kwytskelding oorweeg behoort te word nie.Mnr. Vincent Magwenya, Zuma se woordvoerder, se antwoord toe Rapport hom gistermiddag bel, het gesinspeel op latere eerder as onmiddellike kwytskelding.“In hierdie stadium het ons nog geen stappe oor die saak gedoen nie. In hierdie stadium is dit net ’n gerug,” het hy gesê.Zuma het De Kock verlede jaar in die tronk besoek. Die regering is begerig om steeds sy kennis van veral die infiltrasie van verregse groepe te gebruik.’n Namibiese afvaardiging het hom ook vroeër vanjaar besoek om hom te verseker hy kan hom gerus in Namibië vestig, soos glo sy wens is, indien hy vrygeskeld word.
- Rapport

Saturday, May 8, 2010

‘Fifa was onder druk om WB by SA weg te vat’






















‘Fifa was onder druk om WB by SA weg te vat’






2010-05-07 21:55

Verwante skakels
‘Duitse toeris se moontlike slenkdalkoors is geen rede vir WB-paniek’
Lizel Steenkamp
Kaapstad. – Fifa was ná die terreuraanval op die Togolese sokkerspan in Angola onder groot druk om WB 2010 weens buitelanders se veiligheidsvrese van Suid-Afrika te “onttrek”.Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het gister aan die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie gesê mnr. Jérôme Valcke, sekretaris-generaal van Fifa, was in ’n toestand oor dié aanval wat tydens die Afrikabeker-toernooi op 8 Januarie in die Cabinda-gebied plaasgevind het. “Daar was ’n noodoproep van Fifa en ons het Valcke toe op 27 Januarie by die O.R. Tambo-lughawe ontmoet. Hy was amper in trane oor die druk op hulle om die toernooi (WB 2010) van Suid-Afrika te onttrek.”Cele en senior polisiebestuurslede het daarna op ’n Europese toer vertrek om buitelanders se vrese te besweer.Die afvaardiging het in Zürich, Berlyn en Londen met politici, spanbestuurders en die buitelandse media vergader.Die veiligheidsplan is ook aan hoofde van Interpol in Lyon, Frankryk, voorgelê en goedgekeur. Volgens Cele het die toer groot welslae behaal.“Maar die moord op mnr. Eugène Terre’Blanche (AWB-leier) het ons weer ’n tree teruggesit. Weens persepsies moet ons baie beter voorberei en dit skep buitengewone omstandighede.”Komiteelede het tydens gister se voorlegging gehoor die polisie het in aanloop tot die toernooi daagliks kontak met intelligensie-eenhede in Brittanje, Duitsland, en die FBI in die VSA wat op internasionale terrorisme fokus.

Regses: Sewe in die hof vir hoogverraad



Regses: Sewe in die hof vir hoogverraad

2010-05-07 21:55

Verwante skakels
Polisie gryp regses in Pta
Marietie Louw-Carstens en Lizel Steenkamp
Sewe mans wat glo bande met regse organisasies het, het gister op aanklag van onder meer hoogverraad in die landdroshof in Phalaborwa verskyn.Vier van hulle, van Phalaborwa, is sowat twee weke gelede in die dorp in hegtenis geneem en die ander drie vroeër vandeesweek.Kol. Musa Zondi, woordvoerder van die Valke, het gesê die aanklagte teen hulle is hoogverraad, die onwettige besit van plofstof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.Die aanklagte teen twee van hulle is gister teruggetrek.Intussen het genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, gister gesê ’n verdagte wat op 12 April in Pretoria in hegtenis geneem is nadat die polisie op ’n “arsenaal van vernietiging” in sy besit afgekom het, is reeds op borgtog van R10 000 vrygelaat.“Hy het ’n plaas iewers buite Gauteng,” het Cele gesê. “Ons monitor alle aktiwiteite oor die land heen en ons ondersoeke vorder goed.”Mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, het eergister tydens ’n parlementêre inligtingsessie gesê dié verdagte het wapens, wapen-onderdele en pa- trone vervaardig. Volgens hom het die man ook beplan om plofstof “in swart townships te plant”.Wat die Phalaborwa-saak betref, het Zondi gesê al die aanklagte teen mnre. Hendrik Venter (21) en Albert Kruger (22) is gister teruggetrek weens te min bewyse. Mnr. Francois de Vos (36), ook van Phalaborwa, is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Hy is op 22 April in hegtenis geneem nadat drie mans op 19 April aangekeer is omdat hulle die graf van mnr. Norman Ma-shabane, ’n voormalige ambassadeur in Indonesië, glo geskend het.Mashabane (51) is in 2007 in ’n motorongeluk buite Polokwane dood. Hy was getroud met me. Maite Nkoana-Mashabane, nou minister van internasionale betrekkinge en samewerking.’n Vierde beskuldigde en inwoner van Phalaborwa, mnr. Georgios Kiratzidis (21), se huis is deurgesoek. Die polisie het beslag gelê op ’n 9 mm-pistool waarvan die reeksnommer afgevyl is, asook op patrone van verskeie wapens, tuisgemaakte ploftoestelle en twee rekenaars.Kiratzidis se inhegtenisneming het die polisie na De Vos en mnre. Martin Vorster (19) en Ruan Louw (21) gelei. Die polisie het tydens hul arrestasie op ’n ongelisensieerde vuurwapen en ’n Colt 45- outomatiese pistool beslag gelê. Kiratzidis, Vorster, Louw en mnr. Andries Stroh (22), wat vandeesweek vasgetrek is, is steeds in aanhouding.ANC-lede van die Phalaborwa-tak het gister voor die landdroshof betoog. Hulle het ná die mans se verskyning vreedsaam uiteen gegaan. Zondi het gesê die vier aangehoudenes sal volgende Vrydag in die Phalaborwa-landdroshof om borgtog aansoek doen.Cele het gister herhaal die verdagtes wat die afgelope maand landwyd in hegtenis geneem is, het “verregse bande”. Hy wou nie bekend maak hoeveel mense die polisie reeds in hegtenis geneem het nie omdat dit hul ondersoeke glo kan belemmer.
(Beeld )

Geld is glo aangebied om Jackson te vermoor







Verwante skakels
Lolly ‘was betrokke by geldwassery van miljoene’
Verdagte het glo Lolly se vuilwerk gedoen
Polisie tjoepstil oor Lolly
Johannesburg - Die man wat glo die Teazers-baas Lolly Jackson vermoor het, het Jackson sowat ‘n maand voor sy moord vertel dat hy geld aangebied is om hom te vermoor.George Smith is nog op vrye voet nadat hy glo vir Jackson vermoor het.Sowat ‘n maand voor sy moord het Jackson ‘n dokument aan die koerant Saturday Star gestuur wat glo ‘n verklaring was wat Smith gemaak het. In hierdie dokument vertel Smith glo van ‘n aanbod van R100 000 wat deur die Griekse besigheidsman Michael Kalymnios aan hom (Smith) gemaak is vir die moord op Jackson.Lees hier meer.
Lees meer oor: lolly jackson










Nóg een in Pta-buurt vermoor




2010-05-07 21:55

Mnr. Johan Swiegers vee trane af terwyl hy oor sy vermoorde vriend praat.Foto: Jaco Marais
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Verwante skakels
Vrou in koma sedert sy in hoewe-aanval geskiet is
80-jarige geskiet vir klein radio, selfoon
Seun sterf vir rekenaar
Hilda Fourie
Rowers het gister nóg ’n inwoner van die misdaadgeteisterde Kameeldrift, noordoos van Pretoria, doodgeskiet – die derde skietvoorval in ’n maand in dié gebied. Mnr. Theunis Pelser (66) se vrou, Zelma (67), het oomblikke voordat hy sy laaste asem uitgeblaas het nog by hom gepleit om te lewe. “Jy kan dit nie aan my doen nie,” het sy aan haar man gesê.Ernst Hoon (18), ’n matriekseun, is op 6 April in Leeuwfontein, ’n hoewegebied in Kameeldrift, deur sy slaapkamervenster doodgeskiet. Mev. Suna Steenberg (45) is steeds in ’n koma nadat sy op 16 April in Kameelfontein deur misdadigers in die kop geskiet is.Mnr. Johan Swiegers (55), eienaar van J&B Sugars in Kameeldrift waar Pelser as ’n vragmotorbestuurder gewerk het, het gister gesukkel om die trane te keer terwyl hy vertel het van die moord op sy vriend.’n Netjies geklede man het omstreeks 07:15 by die onderneming opgedaag en gesê hy wil suiker koop.Swiegers het aan Pelser gesê om in die kantoor vir die man ’n faktuur uit te skryf. Dié kantoor grens aan Swiegers se huis. Pelser en die man is toe in die kantoor in.Swiegers het ’n ander man by sy kombuisdeur opgemerk wat gesê het hy soek werk. ’n Derde man, wat gesê het hy is daar saam met die man wat suiker wil koop, het ook daar rondgestaan.Swiegers het in sy kamer gaan oogdruppels ingooi toe hy stampgeluide hoor. Terug in die sitkamer het hy drie mans gesien wat vuurwapens op Pelser en nog ’n werker, wat net as Themba bekend staan, rig.Die mans het Swiegers aangesê om op die grond te lê en toe geld geëis. Een van die mans het Swiegers teen die nek geskop.Swiegers het gesê hy sal die geld gaan haal.Swiegers het opgestaan terwyl ’n vuurwapen heeltyd op hom gerig is. “Ek het nie geweet Theunis staan agter my met ’n rewolwer teen die kop nie,” het Swiegers gesê.“Ek het die noodknoppie gedruk. Met dié het ek die ou se vuurwapen opgekap. ’n Skoot het afgegaan en ek het weggeruk.Ek is skrams op die vinger getref.“Dis toe dat ek Theunis sien val. Hy is in die bors getref. Hy het net ‘eina, eina, eina’ gesê.“Daardie skoot was nie vir hom nie. Dit was vir my bedoel. Ek moes dood gewees het.”Volgens Swiegers het die drie mans in die wit Mazda-dubbelkajuitvoertuig waarmee hulle gekom het, gevlug. Niks is geroof nie.Swiegers het mev. Pelser, wat in die huis langsaan was, geroep en die polisie en die ambulansdienste gebel.Pelser is sowat ’n halfuur later dood – met Swiegers en mev. Pelser langs hom.“Toe ek aan Zelma sê Theunis is geskiet, het sy net gesê: ‘Dit kan nie wees nie, dit kan nie wees nie.’ Sy het by hom gaan sit en aan hom gesê: ‘Jy kan dit nie aan my doen nie.’” Benewens sy vrou laat Pelser drie kinders, Karen (45), Riaan (43) en Anita (39), agter. Konst. Portia Maleka, polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog in verband met die moord op Pelser vasgetrek nie.