Friday, May 14, 2010

VF+ gaan voort met Malema-saak







VF+ gaan voort met Malema-saak



2010-05-14 15:09

Verwante skakels
VF+ loods veldtog teen Malema
Nóg bedankings ruk VF+
Malema doen SA skade aan, sê VF+
Kaapstad - Die VF+ het gesê hulle gaan voort met hul saak in die gelykheidshof teen die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, vir haatspraak en intimidasie.Die eerste sitting sal op 20 Mei plaasvind, het die party Vrydag in 'n verklarings gesê.Die VF+ beskou die straf wat die ANC vir Julius Malema opgelê het as "niksseggend en blote skyn ten einde die breë publiek en faksies in die ANC tevrede te stel." Die Sowetan-koerant het vroeër berig dat die straf ontwerp is om strydende faksies in die ANC te balanseer.Volgens adv. Anton Alberts, VF + se parlementêre woordvoerder oor jeugsake, is Suid-Afrikaners nie gelukkig met die uitspraak nie, aangesien drie klagtes om tegniese redes teruggetrek is."Dit laat mens dink die ANC weet nie hoe hulle eie grondwet werk nie aangesien die skuldigbevinding gegrond was op ‘n klag dat Malema minagtend was teenoor die ANC-leier, Jacob Zuma," meen Alberts.“Maar wat van die minagtende optrede van Malema teenoor die publiek?” vra Alberts. “Malema skuld immers alle inwoners van Suid-Afrika, en meer spesifiek die wittes, Afrikaners en ander minderhede, ‘n onvoorwaardelike verskoning vir sy haatspraak en polariserende optrede.”Die VF + is verder oortuig dat die ANC nie sy eie grondwet ken, verstaan of reg toepas nie. Daar kan geen twyfel wees dat Malema artikel 25.5d van die ANC se grondwet verbreek het nie.Die VF+ vra ook dat sy veldtog om duisende protesbriewe aan pres. Zuma te oorhandig, ondersteun word deur die petisie op www.vervolgmalema.co.za te teken.Volg Nuus24 op Twitter.
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: ancyl vf+

Nóg drie verdagtes vas oor plofstof


Nóg drie verdagtes vas oor plofstof
2010-05-14 16:03
Verwante skakels
Vier vas oor plofstof
AWB reageer met woede ná plofstof-sage
Man vas oor vuurwapens, ammunisie
Johannesburg - Nog drie verdagtes is in verband met die ontdekking van meer as twee ton kommersiële plofstof by 'n huis in South Hills, Johannesburg, vasgetrek.Lt. kol. Lungelo Dlamini het gesê die mans, almal buitelanders, is vroeg Vrydagoggend in Springs aan die Oos-Rand en in Benrose in hegtenis geneem.Die polisie het die kommersiële plofstof op 30 April by ‘n huis in South Hill in die suide van Johannesburg gevind.Hulle het ‘n 18-jarige vrou en ‘n man (22) op die toneel in hegtenis geneem.Dit bring die aantal verdagtes wat vermoedelik met die vonds verbind kan word, op vyf te staan.Daar word vermoed dat die plofstof by 'n depot in City Deep gesteel is om OTM-masjiene op te blaas.Die polisie is vol vertroue dat nog mense in hegtenis geneem sal word.Hulle sal na verwagting in die Johannesburgse landdroshof verskyn.Die twee ander verdagtes het reeds in die hof verskyn. Hulle saak is tot die 18de Mei uitgestel.-SapaVolg Nuus24 op Twitter.
Lees meer oor: terrorisme plofstof

Twee rowers in kop geskiet


Twee rowers in kop geskiet

2010-05-14 14:18
'n Man het twee rowers Vrydagoggend in die kop geskiet toe die booswigte hulle wou beroof of kaap. Volgens aanvanklike inligting het dit in die parkeerarea van die Lakeside Mall in Benoni gebeur, maar alhoewel die inligting nog nie bevestig is nie, blyk dit dat die poging tot kaping in 'n ander woonbuurt plaasgevind het.Die man het twee van die rowers geskiet waarna die booswigte op die vlug geslaan het.'n Verdagte motor is glo later in die parkeerarea van die Lakeside Mall gevind en toe die polisie en veiligheidspersoneel van die inkopiesentrum die motor nader het drie mans glo gevlug.'n Lyk met 'n kopwond is glo in die motor aangetref.Twee van die mans wat gevlug het is ook aangekeer. Een van hulle is glo ook in die kop geskiet. Een van die mans het glo weggekom.Lees Beeld Saterdag vir die volledige berig.Die man wat hulle geskiet het is nie beseer nie, maar erg geskok, volgens ER24.Geen inkopiegangers is deur die voorval geraak of beseer nie.Die saak word deur die polisie in Benoni ondersoek.The Star het Vrydagoggend op sy voorblad 'n berig gepubliseer oor gewapende booswigte wat 'n sakeman Saterdag vermoedelik van 'n inkopiesentrum aan die Oos-Rand gevolg en hom by sy huis in Boksburg oorval het. Hy het egter daarin geslaag om weg te jaag, volgens die berig. Die koerant het ook foto's van die een gewapende rower gepubliseer wat op CCTV-kameras vasgevang is.

Thursday, May 13, 2010

Al wat Zuma mos kort, is ’n stort







Al wat Zuma mos kort, is ’n stort



2010-05-12 23:55
Pres. Jacob Zuma dans by die geleentheid waar hy aangekondig het dat hy MIV-negatief is. Mokonyane, premier van Gauteng. Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Pres. Jacob Zuma het aan sy eie aansien gedink toe hy aangekondig het dat hy MIV-negatief is eerder as aan die implikasies wat sy aankondiging vir die stryd teen die pandemie sou hê, meen Johannes Wessels, ’n ontwikkelingskundige.In ag genome die basiese joernalistieke reël dat “hond byt man” nie nuus is nie, maar wel “man byt hond”, was dit reg dat verskeie koerante pres. Jacob Zuma se aankondiging dat hy MIV-negatief is as hoofberig aangebied het. Dit op sigself maak al van Zuma ’n redelik unieke regeringsleier: In die meeste ander lande sou so ’n uitslag net hoofnuus gehaal het as die aankondiging was dat die regeringsleier MIV-positief bevind is.In ag genome die erkennings wat Zuma self gedoen het in die hofsaak waarin hy aangekla (en onskuldig bevind) is aan verkragting, asook oor kinders by nie net sy huidige getal vroue nie, was daar waarskynlik baie druk op hom om wel ’n aankondiging te doen. Maar sy in-sy-skik-aankondiging oor sy MIV/vigsvrye status dompel die hele stryd teen die MIV/vigs­pandemie in dieselfde probleme as waarin Suid-Afrika se rioolsuiweringstelsels verval het. Ons het met loutere s****t te doen.Hoe kan die ANC-regering nou enigsins ’n veldtog teen MIV/vigs lei en:
kondome as belangrik in daardie stryd voorhou as dit duidelik is dat die ANC-leier nou nie juis kondome gebruik nie?; of
?onthouding aan seks buite die huwelik as gepaste leefstyl aanmoedig terwyl die ANC-leier om elke hoek en draai daardie riglyn oorsteek? Dié aankondiging kom juis in ’n fase waar dit lyk of die ANC grondig gebreek het met die vigs-ontkennende onsin van oudpres. Thabo Mbeki se bewind waarin kwaksalwery as die antwoord aangedien is. Hoe gaan die aankondiging nou inwerk op die owerheid se pogings om ’n nuwe benadering teen MIV/vigs te laat inslag vind?Gaan onthoudingspreke en kondoombemarking werklik inslag vind onder die nie-werkende jong massas of gaan hulle eerder handel na die voorbeeld wat gestel word deur Zuma, ’n werklik suksesvolle leier in hul oë? Hy is immers die onaantasbare:
g’n hof kan hom vasvat nie;
as ongeleerde sit hy die hovaardige Mbeki ore aan;
die staatsapparaat wat aandui daar is prima facie-getuienis van bedrog teen hom, pypkan hy deurdat sy hulpstrukture inligting (verkry op bedenklike en nie-grondwetlike wyses deur afluistering) openbaar maak sonder dat daar enige ondersoek kom oor hoe sulke inligting in sy kraal geval het; en
hy verontagsaam die wetlike verpligting oor verklaring van bates: Hy is immers bo die wet.Duidelik die onaantasbare Teflon-man aan wie geen blaam kleef nie, verpersoonlik hy – teenoor Mbeki se vreemde Westerse nabootsing – die ware Afrika-renaissance. Dit is die herlewing van die Groot Man in Afrika. En dit strek wyer: Kyk, selfs geen teken van MIV/vigs nie. Dit is amper iets om ’n liedjie oor te sing: “Al wat ek kort, is ’n stort...”Die regering se gepredik oor kondome en onthouding of getrouheid kom sleg tweede teenoor die voorbeeld van die magtige man.In gesondheids- en ontwikkelingshulpgeledere word die dilemma besef waarin die president hom bevind.’n Woordvoerder van een van die groot internasionale ontwikkelingsagentskappe wat geld beskikbaar stel vir die stryd teen MIV/vigs, het teenoor my opgemerk: Hoekom het hy aan sy eie aansien gedink, eerder as aan die implikasies wat die impak van sy aankondiging op die noodsaaklike stryd teen die pandemie sou hê? Hy moes liefs geswyg het, want swye ná die vigstoets sou die bespiegeling dat hy moontlik MIV-positief sou wees, laat toeneem. En dit sou kon help om sowel onthouding aan seks buite ’n eksklusiewe verhouding, asook die gebruik van kondome as belangrike strategieë te vestig. Sy afgemete aankondiging oor die saak het ’n ander ontwikkelingshulp-raadgewer laat opmerk dat hy vir die president op hierdie aspek ook ’n druippunt sou gee.Net soos wat verskeie koerante sy niksseggende openingsrede van die parlement vroeër vanjaar as ’n druipsyfer aangedui het. Voeg daarby Mondli Makhanya, oudredakteur van die Sunday Times, se taksering dat die president se ingenome bekendmaking van sy MIV/vigsvrye status prakties die stigmatisering van MIV-positiewes versterk en ’n mens het duidelik te doen met ’n aankondiging wat fatale gevolge inhou vir die stryd teen die pandemie. Dit maak dat die ANC-leierskorps nou in twee uit drie gevalle (sowel onder Mbeki en Zuma) die land in een van sy grootste krisisse in die steek laat.Daarby het ons nou ’n president wat meer van ’n verleentheid is wanneer hy sy mond oopmaak as wanneer hy sy gulp oopmaak.En dit maak hom ’n redelik unieke leier: een in ’n heel ander klas as Bill Clinton, John F. Kennedy of Pierre Trudeaux.

Al wat oorbly




Al wat oorbly


2010-05-12 23:19
Die Nederlandse seun wat die enigste oorlewende is in ’n hospitaal in Tripoli.
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Verwante skakels
‘Waar is SA man?’ wil Libiese sakevennote weet
Harde slag toe tuig met SA mense val
Vriendin wou hê sy moes aanbly, maar sy wou terug
Virginia Keppler
‘Wrakstukke en lyke het oor sowat 800?m versprei gelê. Daar was geen lewe nie.“Dit was nie ’n mooi gesig nie, want dit was kollegas en vriende en mense wat ons geken het.”So het mnr. Juan Wolmarans, een van die eerste mense op die toneel waar minstens ses Suid-Afrikaners gisteroggend in ’n vliegramp in Libië omgekom het, gesê.Die Airbus waarmee hulle van Suid-Afrika na Libië gevlieg het, het naby die Libiese hoofstad, Tripoli, neergestort.103 mense het omgekom. Die meeste van hulle was Nederlandse toeriste wat van Suid-Afrika op pad Europa toe was. ’n Agt­jarige Nederlandse seun het die ramp wonderbaarlik oorleef.Vlug 8U771 van die Libiese lugdiens Afriqiyah Airways het omstreeks 06:00 neergestort net voordat hy in Tripoli sou land. Die Airbus A330-200 se vlieënier het volgens ’n Libiese koerant voor die ongeluk aan die beheertoring gesê hulle ondervind probleme.Volgens Wolmarans (36), bedryfsbestuurder van Global Aviation in Tripoli, het hy ’n kollega op die vlug, me. Cathrine Tillett, ingewag.“Die vliegtuig het die grond sowat ’n kilometer van aanloopbaan 9 af getref. Hy het toe bome, verskeie geboue en voertuie getref.”Volgens hom was die weer baie sleg.“Die sig was swak. Toe ek op die toneel kom, was die vliegtuig se stert die enigste deel wat nog herkenbaar was. Wrakstukke het oral gelê. Dit was ’n gru-­toneel.” Onder die Suid-Afrikaanse slagoffers is mnr. Frans Dreyer (50), ’n sakeman van Menlopark, Pretoria, en broer van die DA-LP me. Anchen Dreyer.Dreyer was in die parlement toe sy die oproep ontvang het dat haar broer in ’n vliegongeluk was. Sy het inderhaas ’n vliegtuig na Gauteng gehaal om haar broer se gesin te gaan bystaan. Mnr. Robert Eduard Weber (41), ’n werknemer van die ingenieursfirma BKS Global, was ook in die vliegtuig. Sy kollegas het hom op die lughawe in Tripoli ingewag toe hulle “’n harde slag hoor”.Weber was op pad terug na Libië nadat hy ’n week by sy gesin in Roodepoort deurgebring het. Tillett (44), ’n lugvaart-opleidingsbeampte van Global Avia-tion in Johannesburg, het gesterf saam met twee van haar oudkollegas wat onlangs afgetree het – mnr. Norbert Taferner en sy vrou, Paula.Volgens die maatskappy AirQuarius het een van sy senior bestuurders ook omgekom. Mnr. Michael Goodwin, maatskappywoordvoerder, het gesê die man was van Johannesburg, maar hy wou nie nadere besonderhede bekend maak nie.Die Airbus het eergisteraand om 21:30 van Johannesburg vertrek. Dié lugdiens is gewild as transito-lugdiens van Suid-Afrika na Europese stede soos Londen.Daar was 93 passasiers en 11 bemanningslede aan boord. Dit sluit 62 Nederlanders in, onder wie die seun wat gered is. Hy is met kopbeserings en beenbreuke in ’n stabiele toestand in ’n hospitaal opgeneem.13 van die passasiers was Libiërs, twee Duitsers, een ’n Zimbabwiër, een ’n Filippyn en een ’n Brit.Die Nederlanders was in twee toergroepe wat na onderskeidelik Düsseldorf en Brussel op pad was. Mnr. Mohammed Ali Zidan, Libiese minister van vervoer, het die moontlikheid van terroristebetrokkenheid by die ramp uitgesluit, berig AP.Die vlugopnemers is gistermiddag tussen die wrakstukke gevind.

Wednesday, May 12, 2010

ET-ondersoeker vas vir geweld, maar bevorder




ET-ondersoeker vas vir geweld, maar bevorder
2010-Verwante skakels
Mahlangu wou E.T. se geslagsdeel glo afsny
ET-moord: Minderjarige in hof
Moord op ET beplan, hoor hof
Een van dié lede, kapt. Ismael Dawood, is twee jaar gelede direk van konstabel tot kaptein bevorder. Die nasionale vervolgingsgesag het die opdrag vir die arrestasies gegee.Mano is gearresteer weens aanranding met die opset om ernstig te beseer en Dawood het vyf soortgelyke klagtes teen hom.





Nicolize van der Walt, BeeldKlerksdorp – Die ondersoekbeampte in die Eugène Terre’Blanche-moordsaak is binne ’n kwessie van ’n week in hegtenis geneem én blykbaar van kaptein tot luitenant-kolonel bevorder.Kapt. Tsletsi Mano, bevelvoerder van die eenheid teen ernstige geweldmisdrywe in Noordwes, is glo Dinsdag oor die bevordering ingelig.Dit kom kort nadat Mano en vyf ander lede van die eenheid teen ernstige geweldmisdrywe Vrydag in Klerksdorp in hegtenis geneem is. Een van dié lede, kapt. Ismael Dawood, is twee jaar gelede direk van konstabel tot kaptein bevorder. Die nasionale vervolgingsgesag het die opdrag vir die arrestasies gegee.Mano is gearresteer weens aanranding met die opset om ernstig te beseer en Dawood het vyf soortgelyke klagte teen hom. Dit spruit uit voorvalle waar hulle verdagtes na bewering ernstig aangerand het tydens ondervraging en tydens polisie-aanhouding.Die ses lede het Vrydag in die hof verskyn en is op borgtog van R500 elk vrygelaat. Die saak is uitgestel tot 8 Junie.Kol. Musa Zondi, woordvoerder van die Valke, het gister gesê: “Dit het niks met jou te doen nie. Die sake teen hom is hangende en waarom moet hy gestraf word vir iets waaraan hy nog nie skuldig bevind is nie? “Ek gaan ook nie vir jou uitvind of hy bevorder is of nie, want ek kan nie sien wat jy met die inligting wil doen nie.” Zondi het vroeër vandeesweek gesê niemand sal geskors word nie. -Beeld
Lees meer oor: misdaad moorde polisie eugene terre'blanche

Skelm polisielede fnuik dwelmondersoek


Skelm polisielede fnuik dwelmondersoek


Drie polisiebeamptes is op klagte van gewapende diefstal, ontvoering en poging tot moord in hegtenis geneem, het die Kaapstadse polise gesê.Adjudant-offisier Siyabulela Vukubi het gesê die mans is Dinsdag deur polisiebeamptes van Gugulethu en Athlone in Maitland in hegtenis geneem."Die beamptes is na bewering na ‘n huis in Milnerton waar hulle hulself as lede van die polisie se georganiseerde misdaadeenheid voorgedoen het.”Die klaer het gesê die polisiebeamptes, geklee in gewone klere, het die eienaar en sy meisie se huis deursoek.Hulle was glo opsoek na dwelms wat by die adres verkoop word.Een beampte het gedurende die soektog ‘n sak vol geld wat aan aan die vrou behoort het, gevind en die eienaar beveel om die kluis oop te sluit."Nadat die eienaar geweier het, is hy aangerand. Hy het die kluis toe oopgesluit en die beamptes het nog ‘n groot bedrag geld daaruit gevat.”Die eienaar is beveel om sy winkel naby die huis oop te sluit, maar hy het gesê die sleutel is by sy assistant in Khayelitsha.Die beamptes het glo saam met die eienaar na Khayelitsha gery."Die klaer is in Khayelitsha uit die voertuig gedwing. Hy is in ‘n onbekende plek agtergelaat, maar het daarin geslaag om hulp te kry,” het Vukubi gesê.Die drie mans is later in hegtenis geneem, alhoewel daar na bewering ‘n vierde persoon betrokke is. Die beamptes sal na verwagting binnekort in die Kaapstadse landdroshof verskyn.- SapaVolg Nuus24 op Twitter.
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: sapd misdaad