Moordenaar wat ‘ys aan ’n Eskimo kan smous’
010-08-07 22:00
Joe Mamasela. Foto: Robert Tlapu
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Jacques Pauw
Joe Mamasela, ’n gewese askari van die apartheidspolisie se Vlakplaas-moordeenheid, het verlede week in die hof verskyn nadat hy glo die eienaar van sy huurhuis in Soweto doodgeskiet het. Jacques Pauw, wat in die 1990’s met Mamasela kennis gemaak het, loop terug op sy bloedspoor.Joe Mamasela is ’n swierbol met ’n kleurvolle woordeskat. Soos ’n vriend sê: “Hy’s glad, seepglad. Joe is die soort ou wat ys aan ’n Eskimo kan smous.”Maar agter die flambojante uiterlike skuil ’n gewetenlose moordenaar met ’n lang bloedspoor agter hom. Verlede naweek het Mamasela glo die eienaar van sy huurhuis in Soweto, Joseph Nhlapho, doodgeskiet. Mamasela het gevlug, maar hom ’n paar dae later aan die polisie oorgegee en is van moord aangekla. Dit is die eerste keer dat Mama-sela van ’n misdaad aangekla word – maar dit is nie die eerste keer dat hy moor nie. Ek het hom eenkeer gevra hoeveel mense hy al doodgemaak het. “Ek’s nie seker nie,” het hy gespog. “Dis omtrent 40.”Hy’t vertel hy het ’n notaboek gehad waarin hy net sommige slagoffers se name neergeskryf het: “As ek al die name moes neerskryf, sou ek ’n Bybel nodig hê.” Meer as ’n dekade lank het sers. Joseph Mamasela herhaaldelik gemoor. Vir die Vlakplaas-bevelvoerders Eugene de Kock en Dirk Coetzee was hy die volmaakte moordmasjien.Van sy slagoffers was net 15 jaar oud. Hy het mense verwurg, doodgemartel of met plofstof aan stukke geblaas. Ander is met messe of vuurwapens vermoor. Hy het gespog dat hy petrolbomme in die huise van minstens 300 anti-apartheidstryders gegooi het.Maar Mamasela is nooit vervolg nie. Hy het sy kennis aan staatsaanklaers verkoop in ruil vir vrywaring – sekerlik een van die mees immorele ooreenkomste wat die staat ooit met ’n misdadiger gesluit het.Almal wat Mamasela in die 1980’s of 1990’s geken het, het geweet dis net ’n kwessie van tyd voordat hy weer moor. En tog het hy ongekende beskerming van die prokureur-generaal en later die nasionale vervolgingsgesag (NGV) geniet. Mamasela het geweier om om WVK-amnestie aansoek te doen. Hy het homself beskou as ’n slagoffer wat gedwing is om te moor: “Ek het geen alternatief gehad nie. My plig was om als, wettig of onwettig, te doen wat my bevelvoerders vir my gesê het om te doen.”Ironies was Mamasela eens deel van die struggle. Hy het in 1977 militêre opleiding in ’n ANC-kamp in Botswana ondergaan. Hy het in opdrag van die ANC teruggekeer na Suid-Afrika, maar is aangekeer. Hy sê hy is gemartel totdat hy ingestem het om vir die veiligheidspolisie te werk.Op Vlakplaas was hy een van Coetzee se sogenaamde askari’s – swart aktiviste wat “gedraai” is.“Min het ek geweet ek spring van die braaipan in die vuur?… Ek is gedwing om my eie mense dood te maak,” het hy in ’n onderhoud aan my gesê. Mamasela het egter geesdriftig gemoor, só goed dat hy aangestel is as ’n gewone polisiesersant.Sy eerste slagoffer was die Durbanse menseregte-prokureur Griffiths Mxenge, wat in opdrag van Coetzee vermoor is. Hy het daarna moorde gepleeg in diens van Vlakplaas en die Noord-Transvaalse Veiligheidstak. Coetzee het oor Mamasela gesê: “Hy het daai moordlus gehad. Hy was altyd gewillig en selfs gretig om die werk te doen. Hy was ’n fantastiese misdadiger en ’n wrede man.”Jacques Hechter, Mamasela se bevelvoerder by die Noord-Transvaalse Veiligheidstak, sê: “As ons moes gaan doodmaak, was Mamasela gereed en hy kon nie wag om dit te doen nie.” In Junie 1986 het hy byvoorbeeld aangebied om tien aktiviste in ’n minibus na Botswana te neem. Die jongstes was 15, die oudste 22.Mamasela het hulle bier gegee tydens die rit. Naby die Botswana-grens, waar ’n span van die veiligheidsmag gewag het, het hy stilgehou. Die jong mense is uit die bussie gehaal en met gif ingespuit. Hulle is toe weer in die bussie gesit voordat dit met plofstof vernietig is.Hy is goed betaal vir sy vele moordtogte. Mamasela het die polisie in 1993 verlaat, nadat Coetzee hom reeds by verskeie moorde betrek het.De Kock het later in sy eie verhoor getuig dat die polisie bedrae van tot R27?000 op ’n slag aan Mamasela moes betaal om stil te bly. “Hy het ’n staatsmotor gekry, ons moes sy kinders se skoolgeld betaal en sekuriteit by sy huis installeer. Hy het die polisie as gyselaar gehou; dit was pure afpersing. Dit gaan nooit stop nie.”De Kock was reg.In 1994 was Mamasela bang sy voormalige meesters sou hom ’n sondebok maak. Dis tóé dat hy na die prokureur-generaal is en aangebied het om alles te vertel. Hy is in die getuiebeskermingsprogram geplaas. Ek het Mamasela in 1995 ontmoet toe hy sy rol in die moorde van die Pebco-drie aan my beken het. “Hulle is ontvoer; hulle is Cradock toe geneem. Hulle is met ’n ysterpyp oor die kop geslaan; hulle is dood. Ja, hulle is dood, een vir een.”Die prokureur-generaal (en later die NVG) het hom R13 000 per maand betaal as deel van die getuiebeskermingsooreenkoms. Sy troefkaart was dat hy die staat se kerngetuie in ’n rits hofsake sou wees. Dit het nooit só uitgewerk nie. Maar belastingbetalers het bly opdok vir Mamasela.“Alles het vir Mamasela oor geld gegaan,” sê Coetzee. “Hy het eenkeer vir my vertel hy het R300 000 van die prokureur-generaal gekry. Hy het suiker van Swaziland na Suid-Afrika gesmokkel en ’n onwettige Tokarev-pistool gedra.”Nadat die WVK-proses sy verloop geneem het, het Mamasela uit die openbare oog verdwyn en bykans ’n dekade lank was sy naam nie in die koerante nie. Maar op ’n dag het hy by ’n motorfietswinkel in Johannesburg ingeloop, ’n stapel geldnote op die toonbank neergegooi en vir sy seun ’n nuwe motorfiets gekoop. Die verkoopsman was Leon van Rooyen, ’n gewese weermag-offisier. Dié twee het beste vriende geword. Hulle het later ’n veiligheidsmaatskappy met die naam Uthingo begin. Van Rooyen beskryf Mamasela as “godvresend, saggeaard, ’n liefhebber van mense” wat “weggeskram het van geweld”. Van Rooyen sê in 2001 of 2002 het Mamasela vir hom gesê dat hy R500 000 ontvang het van die regering as “’n finale pakket. Hy was baie gelukkig en het ’n huis en ’n erf gekoop.”Van Rooyen het Mamasela gehelp om navorsing te doen vir sy outobiografie, wat hy onlangs voltooi het. To Hell and Back handel oor sy kinderjare in Soweto, sy ballingskap, inhegtenisneming en sy loopbaan as moordenaar.“Hy hou nie terug nie en spaar niemand,” sê Van Rooyen. “Dis hoe Joe is – ’n reguit mens wat jou sal hel toe stuur as jy dit verdien.”Mamasela wou hê oudpres. Thabo Mbeki moes die voorwoord vir sy boek skryf. Van Rooyen sê hy het Mamasela na Luthuli-huis vergesel, waar hulle met onder andere Smuts Ngonyama, destydse ANC-kommunikasiehoof, vergader het.Van Rooyen sê toe hy en Mama-sela hul veiligheidsmaatskappy gestig het, was laasgenoemde nie gekwalifiseer om by die Raad op Veiligheidsbeamptes (SOB) te registreer nie. “Maar ná net ’n paar oproepe na vriende in Pretoria was Joe geregistreer.”Mamasela se vrou, Bhongi, is twee jaar gelede oorlede. Sy het ’n meestersgraad gehad en was ’n senior Gautengse provinsiale amptenaar. Sy dogter is op universiteit en sy seun het rekenaarwetenskap gestudeer.Twee jaar gelede het Van Rooyen en Mamasela hul sakeverhouding beëindig, maar is steeds vriende. “Hy was al dikwels in my huis en ek vertrou hom met my kinders. Iets moes sy laaste optrede (die moord laas week in Soweto) uitgelok het.”Mamasela het ’n veiligheids-en-vullisverwyderingsmaatskappy met die naam Joengile begin. Hy was ook bekend as ’n “mashonisa” (geldwolf).

No comments:
Post a Comment