Showing posts with label Rassehaat Boere skiet Moord verban malema Willem Harmse ANC. Show all posts
Showing posts with label Rassehaat Boere skiet Moord verban malema Willem Harmse ANC. Show all posts

Friday, March 26, 2010

Boere - moordliedjie glo verban


Boere-moordlied glo verban

2010-03-26 17:50
Verwante skakels
Klagtes stroom in oor Julius se liedjie
Boere lê 351 klagtes teen Malema
‘Skiet die Boere’ gesing om menseregte te vier
Johannesburg – Die SABC het Vrydag berig dat dit nou glo onwettig is om die kontroversiële ‘Skiet die boere’-lied te sing. Die hooggeregshof in Johannesburg het na bewering beslis dat dit ongrondwetlik en onwettig is om die woorde van hierdie lied te sing. Hierdie beslissing kom na ‘n dringende interdik deur ‘n sakeman vanaf Delmas. Willem Harmse wou verhoed dat sy kollega Mahomed Vawda die woorde van hierdie lied gebruik op plakkate tydens ‘n optog teen die hoë misdaadsyfers in Mpumalanga en Gauteng. Volgens Vawda beteken die woorde figuurlik “moor apartheid” en wou hy dit om hierdie rede by die betoging sing. Harmse was egter van mening dat hierdie lied ‘n vorm van haatspraak is en dat dit rassehaat aanmoedig. - Sapa
Lees meer oor: hof