Showing posts with label Sexy Sop Rokkies oranje blanje blou. Show all posts
Showing posts with label Sexy Sop Rokkies oranje blanje blou. Show all posts

Sunday, June 20, 2010

Oranje rokkies: 2 oorweeg regsaksie




Oranje rokkies: 2 oorweeg regsaksie


2010-06-18 22:32
Rokkies laat 2 in hof beland
Daniëlla du Plooy
Die twee Nederlandse vroue wat in hegtenis geneem is oor “roofbemarking” by WB 2010, oorweeg stappe teen Fifa en die polisie.Mee. Mirte Nieuwpoort (30) en Barbara Castelein (29) is Woensdag in die selle van die Booysens-polisiekantoor in Johannesburg aangehou voordat hulle in ’n spesiale WB 2010-hof verskyn het.Hulle word van die oortreding van die Wet op Bemarking en 2010 Fifa-regulasies aangekla, het me. ­Debbie Zin, aanklaer, gesê.Die twee was lede van ’n groep van meer as 30 vroue wat oranje rokkies gedra het wat ’n simbool van ’n advertensieveldtog van die Nederlandse bierbrouery Bavaria is. Die Amerikaanse bier Budweiser is ’n WB-borg en Bavaria word dus as ’n mededinger van Budweiser beskou. Die woord Bavaria verskyn een keer, piepklein, op die rokkies. Die groep het die rokkies tydens Maandag se wedstryd tussen Nederland en Denemarke in Soccer City gedra.Nieuwpoort en Castelein het in ’n verklaring van hul regs­firma, Bowman Gilfillan, gesê hulle wil uit die openbare oog bly, maar oorweeg stappe teen Fifa en die polisie. “Ons verstaan nie hoe dit kon gebeur het nie, veral as die Fifa-beamptes ons heeltyd daarop wys dat ons moontlik tot ses maande tronkstraf gevonnis kan word. Die eerste dae was veral erg – ons moes hoor dat ons nie mag hardloop nie, want ons kan dalk geskiet word!”Die vroue het gesê hulle glo alles sal goed afloop. “Kan jy jou indink ons moet tronk toe gaan omdat ons ’n oranje rok gedra het?”Bowman Gilfillan het in die verklaring gesê die vroue is rustig ondanks die trauma waardeur hulle is.“Woensdag is hul hotelkamer sonder ’n lasbrief deurgesoek en persoonlike artikels geneem. Dié optrede het onder meer hul reg op privaatheid en vryheid van spraak aangetas.”Die vroue oorweeg glo om “by die gepaste instellings” klagte teen Fifa en die polisie in te dien. Die hofverrigtinge is tot 22 Junie uitgestel. Die vroue moes elk R10 000 borgtog betaal, wat Bavaria glo namens hulle gedoen het.

Thursday, June 17, 2010

Sexy rokkies het vroue in sop











Sexy rokkies het vroue in sop




2010-06-17 00:12


Mee. Barbara Castelein en Mirte Nieuwpoort eergister buite Soccer City in die rokkies wat die herrie veroorsaak het. Hulle is gister in hegtenis geneem.Foto: ap
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Daniëlla du Plooy
Johannesburg
Twee van die Nederlandse vroue wat in skrapse oranje Bavaria-rokkies – ’n bierhandelsmerk wat nié ’n amptelike borg van die Wêreldbeker-sokkertoernooi is nie – by ’n sokkerwedstryd opgedaag het, is voor die hof gesleep.
Hulle het eers gisteroggend by ’n polisiekantoor deurgebring voordat hulle in die Johannesburgse landdroshof verskyn het.
Dít ten spyte van Fifa se ontkenning dat die vroue aangekla word.
Die vroue moes elk R10000 borgtog betaal om vrygelaat te word, wat Bavaria glo namens hulle gedoen het.
Die blonde mee. Mirte Nieuwpoort (30) en Barbara Castelein (29) was deel van ’n groep van meer as 30 vroue wat sexy oranje rokkies gedra het tydens Maandag se wedstryd in Soccer City tussen Nederland en Denemarke.
Die polisie het die twee gisteroggend douvoordag wakker gemaak en aangehou.
Hul uitrustings is ’n simbool van ’n advertensieveldtog van die Nederlandse brouery Bavaria, berig Retha Grobbelaar.
Die Amerikaanse bier Budweiser is ’n borg van die sokkertoernooi en Bavaria word dus as ’n mededinger vir Budweiser beskou.
Fifa maak miljarde rande uit sy bemarkingsprogram en het daarom baie streng reëls daaroor. Die reëls beskerm amptelike borge se reg om hul verbintenis met die toernooi vir reklame-doeleindes te gebruik.
Ander maatskappye wat die indruk probeer skep dat hulle iets met die WB-toernooi te make het, word deur Fifa as “hindernisbemarkers” bestempel.
Mnr. Nicolas Maingot, Fifa-woordvoerder, het gesê die Suid-Afrikaanse polisie ondersoek ’n saak teen die betrokke maatskappy.
“Fifa het ’n span kenners wat na hindernis-bemarking kyk. Hulle trek die streep oor wat hindernisbemarking is en wat net iemand is wat ’n T-hemp aan het met ’n handelsmerk op,” het hy vroeër gesê.
Hoewel Fifa gesê het geen klagte is teen die vroue aanhangig gemaak nie, het hulle gister vlugtig in die Johannesburgse landdroshof (in ’n spesiale tydelike WB 2010-hof) verskyn.
Die saak is tot 22 Junie uitgestel.
Me. Debbie Zin, staatsaanklaer, het gesê die vroue word aangekla van ’n oortreding van die Wet op Bemarking en 2010 Fifa-regulasies.
Leopoldt Scholtz berig die Nederlandse regering het gister amptelik teen die vroue se aanhouding beswaar gemaak en sou selfs gister by Suid-Afrika se ambassadeur daaroor kla.
Die hele affêre het groot aandag in die Nederlandse media getrek en al wat ’n koerant, televisie- of radiostasie is, het uitgebreid aandag daaraan gegee.
Die twee meisies word ook op konsulêre vlak in Johannesburg bygestaan, luidens die verklaring.
- Die Burger