Showing posts with label Steve Hofmyer Julius Malema Pampoen 2010 SWC Orlando -stadion Johannesburg. Show all posts
Showing posts with label Steve Hofmyer Julius Malema Pampoen 2010 SWC Orlando -stadion Johannesburg. Show all posts

Sunday, April 11, 2010

Steve nooi Julius na sy huis vir ’n braai










Steve nooi Julius na sy huis vir ’n braai



2010-04-10 23:01


Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Jan-Jan Joubert
Die sanger Steve Hofmeyr het die ANC-jeugleier, mnr. Julius Malema, vir ’n vleisbraai by sy huis genooi in die belang van kommunikasie en begrip.
Hofmeyr het die afgelope week by die Absa KKNK in Oudtshoorn aan Rapport gesê mense in die land praat by mekaar verby; koel koppe is nou nodig.
“Na aanleiding van die opswepende aard van Malema se opruiende uitsprake hoor mens van mense wat meen hy kan ’n teiken wees uit wraak op die moord op die AWB-leier, mnr. Eugène Terre’Blanche.
“Sulke mense moet besef dit kan dalk soos poetic justice voel, maar geregtigheid kan dit nooit wees nie.”
Hy het terselfdertyd ’n sterk beroep gedoen vir leierskap van die regering en die ANC.
“Dis tyd om te sê dat opoffering en selfbeheersing nie net van een kant kan kom nie. Daar is al 3?368 boere en plaaswerkers vermoor.
“Dis tyd om te sê die vloer is Malema en pres. Jacob Zuma s’n.”
Hofmeyr het benadruk dit is nie ’n tyd vir enigeen om moed te verloor oor Suid-Afrika se toekoms nie.
“My voortgesette besluit om nie te emigreer nie is die teken van my vertroue in die land en sy mense. Ek glo in ons Suid-Afrikaners. Maar dit is absoluut noodsaaklik dat ons regering die regte ding begin doen.
“Dit is vir die regering – die huidige regering, geen ander regering nie – se vermoë om die regte ding te doen dat ek ja gestem het in 1992 se referendum; iets waarop ek trots is.
“Mens soek nie die Vierkleur terug voor die Uniegebou nie, maar jy wil ook nie hê die sondes van die vadere moet gebruik word as ’n tou om die kinders mee op te hang nie.
“Dis miskien tyd dat ons ’n lys van 20 dinge opstel waarvoor wit mense werklik om verskoning moet vra, en 20 dinge vir swart mense, en 20 vir bruin mense.
“Wat ons nie kan bekostig nie, is dat dit so lank neem vir wonde om te genees soos ná die Anglo-Boereoorlog.
“Iewers moet ons ’n streep deur die verlede trek.”
- Rapport

Thursday, April 1, 2010

Julius Malema en Steve Hofmyer sing saam vir 2010






















Julius en Steve sing saam vir 2010
2010-04-01 06:00
Verwante skakels
SA kunstenaars vies oor WB 2010-konsert
'Ek sal altyd lief wees vir Steve'
Klagtes stroom in oor Julius se liedjie
Kaapstad – Fifa het met trots aangekondig dat die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, en die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr ‘n gesamentlike item by die 2010 Wêreldbeker-konsert sal aanbied.Die konsert, ter aanloop van die komende sokkertoernooi, sal op 10 Junie in die Orlando-stadion in Johannesburg aangebied word.Fifa het die nuus Donderdag tydens 'n perskonferensie in Johannesburg bekend gemaak.Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-jeugliga (ANCYL), het dieselfde dag 'n verklaring uitgereik waarin hy sê die beweging is "verheug" oor die nuus.“Die sokkertoernooi is ‘n geleentheid vir Suid-Afrikaners om saam vorentoe te kyk,” het Shivambu in die verklaring gesê.Die ANCYL-woordvoerder het bygevoeg dat Malema dié geleentheid wil gebruik om "krapperige gevoelens" tussen Afriforum Jeug en die ANCYL finaal opsy te skuif.Malema, wat die skare by die Orlando-stadion sal verwelkom, sal volgens Fifa sy toespraak afsluit met ‘n lied, bygestaan deur Steve Hofmeyr.Die omstrede jeugligaleier het Hofmeyr glo persoonlik gekontak vir die duet.“Ek moet bieg, ek was baie verbaas toe Julius my bel. Eers het ek gedog ek word vir die gek geneem,” het Hofmeyr per telefoon aan Nuus24 gesê.Die Afrikaanse sanger het egter bygevoeg dat hy onmiddellik ingestem het.“Dit gee my hoop vir ons land,” aldus Hofmeyr.Hy wou egter geen leidrade gee oor wat die paar sal sing nie, hoewel die trefferlied "Pampoen" die grootste moontlikheid staan. – Nuus24
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: bekendes 2010 steve hofmeyr julius malema