Vaarwel, my eens trotse ou SAW
2010-05-19 22:21
Dié bouval was vroeër ’n huis waarin hooggeplaaste offisiere gebly het. Foto: Theana Calitz
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Kobus Jacobs
Kobus Jacobs, ’n afgetrede sersant-majoor van die weermag, was geskok toe hy Thaba Tshwane, voorheen Voortrekkerhoogte, pas besoek het. Jacobs was sersant-majoor van genl. Siphiwe Nyanda, toe hoof van die weermag en nou ’n minister. Hier is Jacobs se storie.Diegene wat al langs ’n oop graf gestaan het en ’n geliefde of ’n kameraad begrawe het, sal verstaan wat ek hier probeer beskryf. Wanneer jy langs die oop graf staan en na die kis kyk wat in die graf afsak, is daar ’n gevoel van magteloosheid. Dit is so finaal – die besef dat niks gedoen kan word om dit te herroep nie. Die gevoel raak oorweldigend.Dit is hoe ek voel ná ’n besoek aan Thaba Tshwane, voorheen Voortrekkerhoogte. Die plek waar soldate flink gemarsjeer het, in netjiese rye voor menasies gestaan het, waar ons Sondagmiddae saam met ons gesinne gaan eet het. Eenhede, menasies en ontspanningsgeriewe waarop ons trots was en mee gespog het as die beste in Afrika. Nie net was die vertoondissipline die beste in Afrika nie, maar ook die gevegsdissipline.Bevelvoerders, offisiere en adjudant-offisiere het na hul ondergeskiktes se welstand omgesien. Daar was geen rede om ’n vakbond te hê nie.Ek ry met my motor langs die stadsaal verby in die rigting van die ou Militêre Hospitaal en draai agter die stadsaal om. Die eens spoggerige lugmagmenasie waar ons saam met die minister van verdediging en weermagdeelhoofde formele etes genuttig het, staan soos ’n erg gewonde en moedelose soldaat daar. Die vensters is met ou stukke sinkplaat toegespyker. Gehawend, vuil en totaal verwaarloos – vernederend vir dit waaraan ’n gedissiplineerde weermag gewoond was.Ek ry verder voor Sami verby. Of moet ek sê, ek sukkel om tussen die papiere voor Sami verby te ry. Moontlik kan Tshwane se vullisverwyderingsafdeling die skuld kry. Die soldate, offisiere en onderoffisiere staan en sit voor die geboue. Hulle eet, rook en staan sommer net doelloos rond. Van die eens netjiese en skoon Sami met soldate wat netjies en regop loop, offisiere salueer en strek vir onderoffisiere is daar nie veel oor nie.By die verkeerslig draai ek links en ry by die eerste hoofhek aan die linkerkant in. Dit behoort aan die Dienskorps. Die wag sit en eet en laat my inry sonder om van sy stoel af op te staan of by die vuil waghuis uit te kom. Die gras staan deurhoogte. Die geboue is vervalle en verwaarloos. Dit wat ek sien, ontstel my so dat ek besluit om om te draai. Die wag by die waghuis staan op, kyk by die waghuis uit en met ’n stuk brood in sy hand maak hy die valhek toe. Ek besluit om te gaan kyk na die menasie waarheen ons buitelandse besoekers geneem het om met ons hoë standaarde te spog. Die skok was te groot om te verwerk. Dit wat nie afgebrand het nie, is stukkend, verwaarloos en onder gras en gemors toegegroei. Daar is niks, absoluut niks van die eens netjiese en pragtige menasie oor nie! Die weermag wat ek geken het, is besig om dood te gaan.Die eens trotse organisasie, die beste in Afrika, is siek, baie siek. Die graf is gegrawe. Die kis is besig om te sak. Stof tot stof. Deel die nuusAs daar nuus is wat jy met Beeld se lesers wil deel, e-pos die nuusfoto of nuusstorie na mystorie@beeld.com. Beeld se span verslaggewers en fotograwe kan onmoontlik elke dag op elke plek wees waar nuus gebeur, maar ons lesers is. Goeie nuusfoto’s word ook nie altyd net met duur kameras geneem nie. ’n Selfoon kan ’n treffende nuusfoto neem. Ons lesers kan Beeld ook help om die owerhede op alle vlakke verantwoorbaar te hou. As jy amptenare soos polisielede, verkeersbeamptes, werkers in hospitale, munisipale amptenare – of wie ook al – sien wat nie sy of haar werk doen nie, stuur ’n foto daarvan. Jy kan ook foto’s en stories stuur van vuil parke, plekke wat nie instand gehou word nie, slaggate in paaie, ongelukke, storms of enige nuuswaardige gebeurtenis. Stuur ook foto’s of stories van goeie dinge wat jy sien gebeur.

No comments:
Post a Comment