Tuesday, March 23, 2010

Chaos dreig oor afskaf van N- Kursusse


Chaos dreig oor afskaf van N-kursusse


2010/03/23 01:58:00 PM


Verwante artikels
Cosatu kap bestuurders
Transformasie by myne misluk klaaglik
Ingenieurs gaan vasskop oor regulasies

Hoofberigte
Petrolskok op padMar 23 2010 15:17
Die volgende petrolverhoging sal na verwagting verbruikers se sakke erg skud, sê die departement van energie.
Suid-Afrikaners skrik nie vir aanlyn-koopMar 23 2010 15:58
Tot 77% van Suid-Afrikaners met toegang tot die internet, koop aanlyn en het dit in die afgelope drie maande gedoen.
Kragdiewe kos Eskom baieMar 23 2010 16:03
Eskom het in die finansiële jaar 2008/2009 tot 5 850 gigawatt ure se elektrisiteit verloor weens onwettige konneksies.

Alet Rademeyer,
Die bietjie vakleerlingopleiding wat nog in die land gedoen word, dreig om heeltemal te ontspoor as die regering nie van die N-kursusse wat hy begin uitfaseer het, weer terugbring nie.
Só meen mnr. Llewellyn Palmer, eienaar van NTek, ’n kollege vir verdere onderwys en opleiding in Pretoria.
Hy het gesê volgende week is die laaste keer dat kandidate die N2-eksamen kan skryf, mits die regering besluit om dit vir eers te behou.
’n N2-kwalifikasie is van kardinale belang en ’n minimum vereiste vir vakmanne om die vaktoets af te lê of ’n rooi seël (draadwerker-lisensie) te kan kry.
Palmer meen as kolleges nie volgende jaar weer die N2 kan aanbied nie, gaan talle vakleerlinge nie ’n kwalifikasie verwerf nie. Die regering het vroeër besluit om die N1- tot N6-kursusse uit te faseer. Die uitfasering van N3 kom volgende jaar aan die beurt.
Die nasionale beroepsgerigte sertifikaat (NCV) het die N-kursusse vervang. Dit behels voltydse driejaaropleiding aan ’n kollege.
’n Matrikulant wat gr. 12 in ’n gewone openbare skool behaal het en ’n vakman wil word, sal gr. 10 tot gr. 12 aan ’n kollege moet herhaal.
Dié NCV kan nie deeltyds gevolg word nie en daar is ook nie aandklasse nie, terwyl die meeste vakleerlinge reeds werk.
Volgens Palmer is die oorgang glad nie goed deurdink nie en is die hele opleidingstelsel besig om plat te val.
“Elektrisiëns, loodgieters, passers en draaiers, ketelmakers, paneelkloppers, haarkappers en die drukpers-, vleis-, voedsel- en boerdery-bedryf word geraak.”
Palmer het gesê hy word oorval deur ouers en mense in die bedryf wat wil hê hy moet vakleerlinge oplei, maar nou moet hy sê jammer dié kursusse word nie meer toegelaat nie.
Me. Lorraine Molapisi, nasionale opleidingsbestuurder van die elektriese kontrakteursvereniging van Suid-Afrika (Ecasa), het gesê daar is ’n behoefte aan die N2- en N3-kursus in die bedryf.
Sy het gesê Ecasa praat tans met die departement van hoër onderwys en opleiding hieroor.
Die departement het Ecasa versoek om ’n voorlegging te doen en om kolleges te identifiseer wat die kursusse vir die elektriese kontrakteursbedryf moet aanbied.
Die bedryf is ook versoek om voorstelle te doen oor hoe die opleiding moet plaasvind en wat die sillabus moet behels.

No comments:

Post a Comment