Wildplase in staat se visier
2010-03-17 22:40
Verwante skakels
Nasionalisering van grond: ‘Ontkenning onder verdenking’
‘Ons kyk hom in oë en hy sê nee’
Pieter du Toit
Kaapstad. – Wildplase in Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap is in die regering se nasionaliseringsvisier omdat súlke landboubedrywighede nie ’n bydrae tot voedselsekerheid lewer nie.Boere wat egter álle grond tot hul beskikking behoorlik bewerk, het niks van die staat te vrees nie omdat dit “dom” sal wees om daarby in te meng.So het dr. Joe Phaahla, adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, en mnr. Thozi Gwanya, dié departement se direkteur-generaal, gister te midde van toenemende ontsteltenis in die landbougemeenskap oor die regering se omstrede “grondnasionaliseringsplanne” gesê.Hulle het dit ná ’n vergadering met die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge – waar die departement weens gebreklike finansiële bestuur geroskam is – duidelik gemaak dis moreel onverdedigbaar dat baie mense sonder grond is terwyl sommiges derduisende hektaar besit.Hoewel die departement se veelbesproke strategiese plan slegs voorstelle bevat, sê Phaahla en Gwanya nuwe denke oor grondhervorming is nodig.Phaahla het verduidelik die regering moet die reg op toegang tot grond in ewewig met eiendomsregte bring. Hy het aangedui die gedagte om art. 25 aan te pas, spruit daaruit dat te veel klem dalk op eiendomsreg gelê word ten koste van almal se reg op grond.Hy het ook verduidelik ’n presedent oor die voogdyskap van natuurlike hulpbronne is met die wet op ontwikkeling van minerale en petroleum-hulpbronne geskep. “Daarvolgens behou die staat sy regte op hulpbronne; dit het mynhuise nie afgeskrik nie.“Daar is grondhonger mense en daar is mense met reuse-stukke grond waarop niks gebeur nie. Is dit moreel reg? Ons moet formules ontwikkel om te bepaal of grond optimaal aangewend word.”Gwanya kon nie duidelikheid gee oor hoe bepaal word wat die optimale benutting van grond behels of hoeveel bewerkbare landbougrond tans braak lê nie. “Dit is ’n probleem en kommerwekkend dat saaiboere hul plase in wildplase omskep of aan ontwikkelaars verkoop. Dit lei tot ’n afname in produksie.”Dié uitlatings volg op ’n rits krisisvergaderings in die landbougemeenskap die laaste dae waarop boere hul ergernis oor die regeringsplanne uitgespreek het.Dr. Theo de Jager, visepresident van AgriSA, sê hy weet van noodvergaderings in al nege provinsies. “Dis moeilik om boere positief te hou met al die onsekerheid in die lug.”Dr. Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, moes op sy beurt eergisteraand gemoedere tydens landbouvereniging-vergadering op Malmesbury kalmeer. “Boere is bang vir die Zimbabwe-roete. Ons kry bekommerde navrae van oral oor.”Adv. Nikki de Havilland, direkteur van die Sentrum vir Grondwetlike Regte, sê verwysings na art. 25 maak dit duidelik die regering se plan is nie gemik op voedselsekerheid nie, maar eiendomsregte.“As hulle oor voedselproduksie bekommerd was, sou dit nie nodig gewees het om na ‘produktiewe landboubedrywighede’ te verwys nie en kon dit suiwer op die mislukte grondhervormingsproses gemik word.” Wat sê die regering?Mnr. Joe Phaahla, adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming: “Ek weet nie waaroor boere bekommerd is nie. Niemand dreig om hul plase af te neem nie, niemand nie. Geen wet het verander nie, die Grondwet het nie verander nie, geen beleid het verander nie. Al wat ons sê, is dít: Kom ons praat oor die uitdagings van grondhonger en toegang tot voedselproduksie. Waarom sal iemand sê: ‘Ek kan nie meer boer nie, want daar word ’n debat gevoer?’ Daar is geen beleidsverandering nie. Die boodskap is dus: Daar is niks om voor bang te wees nie; mense moet aanhou produseer, die land en sy mense bly dankbaar teenoor die boere wat die nasie voed.”Mnr. Thozi Gwanya, direkteur-generaal van die departement: “Moet boere byvoorbeeld ophou omdat daar klimaatsverandering is? Moet hulle, omdat daar vrese oor droogtes en dies meer is, ophou en sê: ‘Sjoe, ons leef in ’n aaklige wêreld?’ Nee.”Die strategiese planAlle produktiewe grond sal tot nasionale bate verklaar word met ’n huurpagstelsel en oordraagbare of beperkte eiendomsregte. Dít kan lei tot ’n aanpassing van art. 25 van die Grondwet wat eiendomsregte waarborg; ofDie hersiening van die huidige verblyfsekerheidsbeleid met die oog daarop om die bestaande vorm van eiendomsregte te behou binne ’n raamwerk waarvolgens boere gekategoriseer word.Dié opsies sal verder in die departement se groenskrif oor die regering se nuwe beleid oor grondhervorming, wat einde vandeesmaand voor die kabinet dien, uiteengesit word.

No comments:
Post a Comment