Menseregte in SA kwel FW-stigting
2010-03-29 01:22
Pieter du Toit
Kaapstad - Oudpres. F.W. de Klerk se Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) meen die gevaarligte flikker helder vir verskeie menseregte, waaronder politieke regte.Die SGR sê in sy menseregte-rapport vir 2010 sommige regte verkeer onder toenemende druk vergeleke met ’n soortgelyke ontleding in 2009.Benewens die regte tot onderwys en gesondheidsorg, wat voortdurend onder druk is, is dit kommerwekkend dat politieke regte en die reg tot vryheid van spraak skynbaar ingeperk word.Die SGR beklemtoon die feit dat Suid-Afrika ’n veelparty-, grondwetlike demokrasie met volwasse stemreg, ’n gemeenskaplike kieserslys en gereelde verkiesings is.Tog is “die effektiewe beheer van sowel die wetgewende as die uitvoerende gesag in die hande van diegene wat die regerende party beheer. Dít het in 2008 daartoe gelei dat die leierskap – wat nie in ’n nasionale verkiesing aangewys is nie – ’n verkose president (mnr. Thabo Mbeki) kon herroep.”Die SGR is besorg oor die manier waarop onverkose ANC-leiers dit regkry om regeringsbeleid te rig, terwyl ’n party soos die SAKP, wat nie aan verkiesings deelneem nie, onder die ANC-vaandel in die parlement sit.Die voorval waarin mnr. Chumane Maxwele, ’n Kaapse student, in hegtenis geneem is toe hy minagtend teenoor pres. Jacob Zuma se voertuigkonvooi opgetree het, vererger sake.Die SGR meen dít en ’n voorval waar verslaggewers gedwing is om foto’s van die konvooi uit te wis, “kom neer op die ernstige ondermyning van vryheid van uitdrukking en van die media” en die “reg tot vrye politieke aktiwiteite”.Vrese bestaan ook oor gelykheid. Die SGR sê die aanstelling van adv. Menzi Simelane as nasionale vervolgingshoof ondermyn vertroue in die onafhanklikheid van die regbank en laat twyfel ontstaan of alle burgers gelyke behandeling sal ontvang.Simelane is al sedert sy aanstelling as vervolgingshoof in die spervuur omdat hy as ’n suiwer politieke aanstelling beskou word.Hy het direk ingemeng by die borgtogaansoek van die kwaitosanger Jub Jub (Molemo Maarohanye), wat op aanklagte van moord teregstaan.Simelane se besluit om die moontlike vervolging van mnr. Fana Hlongwane, ’n sentrale figuur in die land se peperduur wapentransaksie, te staak, het ook wyd kritiek ontlok.Die gebrek aan gehalte-gesondheidsorg en onderwys is ook besig om menseregte in te perk, meen die stigting. Die regering se planne om ’n nasionale gesondheidsversekeringskema op die been te bring, kan – gegewe die bestaande swak diens – sake op grondvlak net vererger, lui die verslag.Voorts bevind die land se onderwysstelsel hom steeds in ’n krisis, ondanks die beleggings wat sedert 1994 daarin gemaak is. Die land sukkel steeds met swak geletterdheidsyfers en gebrekkige syfervaardighede, wat vererger word deur onvoldoende toegang tot moedertaalonderrig, is bevind.Die SGR meen dít is te wyte aan die “vestiging” van Engels as die land se enigste amptelike taal.
- Die Burger

No comments:
Post a Comment