Kaapstad ‘moet plan maak’ vir genoeg water ná 2013
2010-04-14 01:47
Jorisna Bonthuys
Kaapstad
Die Moederstad het genoeg water tot omstreeks 2013, maar moet daadwerklik planne maak om hierna watersekerheid te verseker.
Só het dr. Cornelius Ruiters, adjunk-direkteur-generaal van die departement van waterwese gemoeid met algemene infrastruktuur, gister by navraag gesê.
Hy het deelgeneem aan ’n voorafbespreking oor vanjaar se begrotingspos oor waterwese wat Donderdag deur me. Buyelwa Sonjica in die parlement hier gelewer word.
Die departement is geruime tyd reeds besig met strategiese beplanning oor waterbronne en is volgens hom veral besorg oor groeiende druk op die waterbronne wat aan die Stad Kaapstad en die Nelson Mandelabaai-metropoolgebied gelewer word.
Ruiters het gesê van die opsies om te verseker Kaapstad het oor drie jaar steeds genoeg water (in ag genome heersende patrone van gebruik en bevolkingsgroei), is onder meer om ’n ontsoutingsaanleg hier op te rig, asook waterbesparing.
Die ontginning van die Tafelberg-waterdraer word steeds as een van die alternatiewe waterbronne ondersoek, het hy aangedui. Dié waterdraer is in die geologiese formasie waarvan Tafelberg deel is.
Dit kom in die lig van vooruitskouings dat die beskikbare waterbronne binnekort nie in die geraamde vraag in die metropool-gebied sal kan voorsien nie.
Die departement is in gesprek met die Stad Kaapstad om dié alternatiewe te bespreek om watersekerheid te verseker, het hy aangedui. Lewensvatbaarheidstudies van dié opsies word onderneem om die koste-implikasies hiervan te bepaal.
Luidens departementele bronne bied die Bergrivier-opvangsgebied en stelsels vir wateroordrag nie genoeg water vir Kaapstad se groeiende waterbehoeftes nie. Dit is waarom water reeds vanuit ander opvangsgebiede (byvoorbeeld van die Theewaterskloofdam) vir gebruik hier oorgeplaas word.
Sonjica sal in haar begrotingspos na verwagting heelwat klem plaas op pogings om watersekerheid te bewerkstellig.
- Die Burger

No comments:
Post a Comment