ANC’s Malema calls BBC reporter “Bastard”
Sien misdaad in perspektief
Dis nie akkuraat om die misdaadsituasie in die land as 'n rasse-oorlog uit te beeld nie, skryf Nuus24-gebruiker Johan Afrikaner.
Malema jaag Britse joernalis uit konferensie
2010-04-08 11:31
Verwante skakels
Malema doen aansoek om appèl
ANC ruk Malema in die bek oor ‘Skiet die Boere’
“Ons het nie Malema stilgemaak” - ANC
Johannesburg - Die omstrede leier van die ANC-jeugliga (ANCYL), Julius Malema, het ‘n BBC-joernalis uit ‘n perskonferensie uitgejaag en hom ‘n “bliksem en ‘n bleddie agent” genoem. Die joernalis, Jonah Fisher, het glo probeer om ‘n vraag vir Malema te vra terwyl hy gepraat het.Malema het glo vir die joernalis gesê; "Hierdie is my huis en jy volg my reëls". Die konferensie is by die Luthuli-huis in Johannesburg gehou. Fisher is uit die konferensie gelei na afloop van die tirade, het Times Live berig. Volgens die Twitterblad van Phillip de Wet, die adjunk-redakteur van die Daily Maverick wat in die konferensie sit, het Malema glo gesê; "Die media het 'n held gemaak van 'n man wat 'n rassis was. Ek het geen respek vir Terre'Blanche nie. Dit is jammer dat hy dood is voordat hy sy rassistiese idees kon verander." Malema het glo ook gesê; "Ek daag enige verregse in hierdie kamer uit om my nou uit te haal."Malema se uitlatings kom ten spyte van die feit dat die ANC al sy interne strukture versoek het om aan geen debat in die publiek deel te neem rakende die afsterwe van die ontslape AWB-leier nie. - Nuus24

No comments:
Post a Comment