Wednesday, May 12, 2010

SA gaan agteruit weens ANC-beleid’

























































SA gaan agteruit weens ANC-beleid’

2010-05-11 22:46

Pieter du Toit
Kaapstad. – Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) sê in ’n verdoemende verslag oor die stand van demokrasie in Suid-Afrika die ANC se sentrale beleidsrigting van ’n “nasionale demokratiese revolusie” (NDR) is die oorsaak vir die agteruitgang van die land se prestasie.“Die ANC probeer deur middel van die NDR seker maak ideologie troef pragmatisme,” skryf dr. Anthea Jeffery, SAIRR-hoof van spesiale navorsing, in ’n boek wat later vanjaar verskyn.Die NDR is die regerende alliansie se beleidsraamwerk waarbinne die transformasie van die maatskaplike en ekonomiese orde moet plaasvind. Die SAIRR beoordeel die land se vertoning sedert 1994 aan die hand van tien “pilare van demokrasie”, asook 170 afsonderlike aanwysers en skets ’n donker prentjie van die afgelope jaar. Pres. Jacob Zuma word gekap. Benewens die feit dat hy nalaat om duidelike leierskap te gee, bly sy kabinet verdeel en onbeholpe terwyl faksiegevegte in die ANC die regering verlam.Dit is egter die NDR, volgens Jeffery grootliks deur die media geïgnoreer, wat die grootste bedreiging vir demokrasie inhou. “Die NDR is verantwoordelik vir kaderontplooiing, die skadelike aandrang op demografiese verteenwoordiging en faksieverdelings in die regering.”Hoewel die ANC beweer “onrus” en “revolusie” dreig as NDR-beleidsrigtings soos regstellende aksie en swart bemagtigingsplanne nie deurgevoer word nie, is dit net ’n klein elite wat daaruit voordeel trek.Die NDR is niks anders nie as ’n vorm van maatskaplike ingenieurswese, soos apartheid was. Die telkaart
Demokratiese regering: 45% (met verwysing na die nasionale demokratiese revolusie, kaderontplooiing, die agter-die-skerms-invloed van die SAKP en Cosatu);
Die oppergesag van die reg: 37% (met verwysing na advv. Vusi Pikoli, Menzi Simelane, Mokotedi Mpshe en regter John Hlophe);
Die beskerming van individuele regte: 65% (met verwysing na verskeie hofbeslissings);
Mediavryheid en die burgerlike samelewing: 61% (met verwysing na die SAUK- en ANC-verhouding, verskeie wetsontwerpe en intimidasie);
Rasseverhoudinge: 55% (met verwysing na wette met raskomponente, die Reitz-vier en elitebemagtiging).
pdutoit@beeld.com

Hondjie sien hoe sy baas gesteek word


Hondjie sien hoe sy baas gesteek word

2010-05-11 22:45

Botha (57) met sy dwergkees, Louis. Louis het by Botha se lyk gewaak en wou nie eens die polisie naby hom toelaat nie.
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Virginia Keppler
Die dwergkees (toypom)-hondjie van mnr. Robert Botha (57), wat op sy kleinhoewe in Kameeldrift-Wes by Pretoria vermoor is, het eergister op sy bors gaan sit en by sy lyk gewaak totdat die polisie opgedaag het.Die hondjie, Louis, het vermoedelik gesien hoe Botha se aanvallers hom vyf keer in die hart gesteek het, maar kon niks doen nie. Botha is ook in die gesig gesteek en daar is verskeie snymerke aan sy arms, vermoedelik soos hy die aanvalle probeer afweer het.Botha is in sy huis deur drie gewapende rowers aangeval. Louis was gister nog baie bewerig en het nie eens geblaf nie.Mnr. Eddie Horn (40), Botha se kleinneef, het gesê die voorval het omstreeks 15:00 plaasgevind. “Ek vermoed Robert het die drie sien aankom en het na sy kamer gehardloop waar hy sy kluis oopgemaak het om sy .22-geweer uit te haal. “Hulle (die rowers) was vermoedelik te vinnig vir hom en het hom in die kamer oorval net nadat hy die kluis oopgemaak het. Hulle het hom daar oorrompel en in die kamer naby sy bed gesteek,” het Horn gesê.Volgens Horn vertel Botha se bloedspoor die verhaal van hoe hy van sy aanvallers probeer vlug en plek gesoek het waar hy kon wegkruip. “Robert het uit sy kamer gestrompel na ’n werkwinkel langs sy kamer. “As ’n mens na die bloedspoor kyk, sien jy hoe hy na die werkplek gehardloop het. Daar het hy gestruikel en is so onder sy skoene uit,” het Horn gesê.Volgens hom het Botha toe om die hoek na ’n afdak langs die werkplek gestrompel waar hy op ’n ou matras tussen rommel en blare en takke probeer wegkruip het. “Dit is hier waar die hond op sy bors gaan sit het. Robert was baie lief vir die hond, want hy het dit van ons oorlede ouma (mev. Louisa Botha) geërf.”Mev. Botha is op 24 Desember verlede jaar oorlede. Horn het gesê ’n ander man wat saam met Botha die huis deel, het tien minute later op sy lyk afgekom en die polisie ontbied.“Die polisie was gou op die toneel, maar kon nie die hond van Robert afkry nie. My suster, Annetjie Enslin (33), moes toe kom om die hond weg te neem.”Horn sien tans na die hond om.Die polisie het tydens dié ondersoek ook ’n plas bloed wes van die kleinhoewe se heining ontdek en vermoed dat Botha een van sy aanvallers beseer het.Me. Hettie Jordaan van die landelike beveiligingsektor het gesê hulle vermoed dit is dieselfde twee aanvallers wat mnr. Jan du Toit (80) twee weke gelede in sy bed geskiet het. Volgens Jordaan teister dié aanvallers die Kameeldrift-gemeenskap die afgelope sewe jaar.

Tuesday, May 11, 2010

Film to show SA's violent side




Film to show SA's violent side


2010-05-11 19:04

Related Links
150 000 expected at crime protest
Zuma's inbox swamped
Crime campaign continues
23 000 letters 'PR exercise'
Zuma gets 136 000 crime letters
kalahari.net
buy books, music, dvds, appliances and much more
Books Galore! Millions of books available at discounted prices! Fiction, thrillers, biographies,...
Pretoria - Solidarity has produced a documentary in which victims of crime speak about their ordeals and plead with President Jacob Zuma to act, the trade union said on Tuesday.The documentary, featuring singer Steve Hofmeyr, is part of a campaign which included a national day of protest on May 19, said Solidarity's deputy general secretary Dirk Hermann.In the documentary, which was shown to the media at Solidarity's head office in Centurion, a woman whose daughter died of rape injuries, asked that Zuma reinstate the death penalty.Other South Africans spoke of the loss of their loved ones or their near-death experiences at the hands of criminals."We should never allow crime to become normal. We should never allow it to be part of society... It can happen," said Hermann.150 000 to protestHe said the day of protest was expected to be the largest protest action against crime in South Africa, with 150 000 participants.They would hand over 300 anti-crime memorandums across the country, including in Pretoria where there would be a concert after the protest."South Africa will be painted red on the day. We expect thousands of South Africans to wear red," Hermann said.The colour red signified bloodshed, he said, adding that the day's message would be: "We are tired of bloodshed."Hermann said small businesses had agreed to close between 13:00 and 14:00 on May 19. Pupils at some schools in Newcastle, KwaZulu-Natal, and some in Gauteng and North West would wear red in support.Zuma received 360 000 lettersSolidarity recently delivered more than 360 000 letters to Zuma from South Africans who were "sick and tired" of crime.He said the trade union had aligned itself with the "Shout" campaign by various artists who had banded together to fight crime and had produced a song to this end."We have aligned ourselves with a safer South Africa," said Hermann.He said that the May 19 demonstration would be followed by mass protests in various industries.These would take place as soon as the trade union obtained the go-ahead from the National Economic Development and Labour Council.
- SAPA
Read more on: crime solidarity dirk hermann steve hofmeyr

Aandeelskema vir boere oorweeg


Aandeelskema vir boere oorweeg

2010-05-11 01:19

Kirby van der Merwe
Johannesburg - Die ANC ondersoek ’n aandeelskema vir swart boere om die huidige beginsel van gewillige verkoper, gewillige koper te vervang en grondhervormingteikens te bereik.
Daarvolgens sal kommersiële boere tot sowat 40% se waarde van plase aan swart aandeelhouers moet afstaan.
Me. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het gister in ’n onderhoud aan Die Burger gesê dié plan kan vervat word in ’n hersiene swart bemagtigingshandves vir die landbousektor.
Dit volg op haar aankondiging verlede maand in die departement se begrotingsrede dat sy ontevrede is oor die stadige pas van transformasie en beplan om teikens vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) in wetgewing vas te maak.
Dié plan is gister met ongeloof in landboukringe begroet, met Agri SA wat gesê het dié organisasie weet niks daarvan nie. Ook dr. Pieter Mulder, VF+-leier en Joemat-Pettersson se departementele adjunk, is nie bewus daarvan nie.
Die minister het gister gesê die regering se mikpunt om 30% van landbougrond teen 2014 in swart besit te plaas (nog net 5% is tot dusver oorgedra) het weens die beginsel van gewillige verkoper, gewillige koper misluk. Daar is ’n dooiepunt tussen die landbougemeen- skap en die regering.
“Indien ons die dooiepunt nie breek en die grondkwessie nie gesamentlik gaan oplos nie, stuur ons af op ’n situasie wat Zimbabwe na ’n teddiebeer-piekniek gaan laat lyk.”
Sy het gesê gesprekke duur voort met georganiseerde landbou om na alternatiewe SEB-modelle te kyk, maar dat versnelde grondhervorming onvermydelik is. Boere het volgens haar ’n keuse om saam te werk of vas te skop.
“Ons moet wakker skrik...ons moet ophou om ons koppe in die sand te druk en saam besluit hoe dit (grondhervorming) gaan gebeur, want as ons dit nie doen nie, stuur ons op ’n ramp af,” het sy ­gesê.
Die voorstel van landbou-aandeelskemas sal volgens haar in September gedurende die ANC se tussentydse nasionale konferensie bespreek word.
Joemat-Pettersson se uitlatings sluit aan by soortgelyke stellings van mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming.
Hy het reeds ’n groenskrif oor die regering se nuwe benadering tot grondhervorming, insluitend alternatiewe tot die beginsel van gewillige verkoper, gewillige koper, aan die kabinet voorgelê.
’n Aankondiging daaroor word eersdaags verwag.
Mnr. Johannes Moller, president van Agri SA, het dit betreur dat Joemat-Pettersson haar bemoei met SEB en eienaarskap terwyl sy veronderstel is om landbousake te bevorder.
Volgens hom is die bemagtigingshandves, wat in Maart 2008 onderteken is, die produk van lang onderhandelinge deur alle rolspelers.
“Nou moet daar van voor af onderhandel word. Ons het vir jare met die departement van handel en nywerheid oor SEB gepraat...as dit oor grondsake gaan, praat ons met Nkwinti se departement...ministers moet hulle hou by hul lynfunksies.”

Meisie-atleet toe grypdief se moses


Meisie-atleet toe grypdief se moses

2010-05-11 01:26
Abrie Burger
’n Vrou se waardevolle hangertjie wat Saterdag deur ’n boef van haar nek in die Middestad-winkelsentrum geruk is, is binne minute deur haar atleetdogter aan haar terugbesorg.Me. Delmarie Reynolds sê sy en haar dogter, Samantha (17), het in die middaguur by Ackermans uitgekom en was op pad na Meltz, toe die boef haar handsak wou gryp.“Terwyl ek besig was om die handsak terug te trek, het hy my hangertjie van my nek geruk en gehardloop.”Samantha, ’n matriekleerling en atleet wat in die 100 m en 200 m uitblink, het omgedraai en die skurk agternagesit.Samantha het die boef ingehardloop en van sy voete gestamp. Sy het hom teen ’n winkelvenster vasgedruk en haar elmboog teen sy keel gehou.“Ek het die hangertjie teruggevra en hy het dit eenkant gegooi. Ek dink hy het geskrik vir die mense wat nader gekom het.”Reynolds sê sy het net gebid dat haar dogter veilig na haar moet terugkeer. Toe Samantha terugkom by Reynolds, het sy net gesê sy sal enigiets vir haar ma doen.“Dit was vir my baie oorweldigend. As ma moet jy jou kind beskerm, en hier doen sy dit vir my.”Reynolds het die hangertjie nou al 15 jaar en sê dit was ’n geskenk van haar man.Samantha, wat al die Suid-Vrystaat in atletiek verteenwoordig het, sê haar besluit om die skurk agterna te sit, was instinktief. Sy het nie eens daaraan gedink dat hy dalk gewapen kan wees nie.

Monday, May 10, 2010

8 kort ná mekaar beroof


8 kort ná mekaar beroof

2010-05-09 21:30

Mnr. Deon Cilliers van Johannesburg is een van die fietsryers wat deur rowers op ’n grondpad naby Pretoria oorval is.Foto: Brendan Croft
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Fanie van Rooyen
Vyf fiets- en drie motorfietsryers is eergisteroggend kort ná mekaar op dieselfde plek by Pretoria oorval en van hul selfone, geld en fietse beroof.Twee gewapende rowers wat in die lang gras langs ’n grondpad in Hoekplaats, suidwes van die stad, geskuil het, het die agt mans van hul vervoermiddels gedwing en hulle met draad vasgebind.Mnr. Deon Cilliers (39) van Lonehill in Johannesburg, wat saam met vier ander fietsryers van die Cycle Lab-fietsryklub oorval is, het gister gesê die rowers was baie kalm en doelgerig.“Ons was op ’n oefenrit en het oudergewoonte dié steil bult aangedurf omdat dit goeie oefening is,” het Cilliers gesê.Op pad boontoe het drie motorfietsryers hom verbygesteek. “Naby die bokant van die bult hetek een van die motorfietsryers op sy maag op die grond sien lê. Net daarna het ’n gewapende rower in die pad gespring en ’n silwer rewolwer op my en my vriend gerig.“Die rower het gesê ons moet stil wees en kalm bly. Hy en nog ’n rower het ons langs die drie motorfietsryers op ons mae laat lê en ons hande styf agter ons rûe vasgebind.“Drie minute later het hulle die volgende fietsryer en ’n minuut later die laaste twee fietsryers ook oorrompel.”Die rowers het hul selfone afgeneem.“Een van die fietsryers se regterhand is klein en half gebreklik en daarom kon hy homself en toe vir ons loswikkel.”Die motorfietsryers, wie se motorfietse deur die rowers agtergelaat is, het die fietsryers opgelaai en ’n polisievoertuig voorgekeer.Die fietsryers wie se name Cilliers ken, is mnre. Simon Murray en Greg en Michael von Holtz.“Ons hoor elke liewe naweek van nog ’n fietskaping; dit moet stopgesit word,” het hy gesê.Kapt. Agnes Huma, polisiewoordvoerder, het gesê die waarde van die gesteelde goed, insluitend die vyf fietse, beloop sowat R200 000. Mnr. André Snyman, hoof van eblockwatch, ’n nasionale selfoonnetwerk teen misdaad, het gesê eblockwatch is besig om ’n nasionale hulplyn vir fietsryers te stig.“Ons het die laaste tyd agtergekom al hoe meer fietsryers word gekaap en het besluit om ’n nasionale ondersteuningstelsel vir fietsryers op die been te bring. Fietse het geen opsporingstoestelle in soos baie motors nie en dit is baie makliker om ’n gesteelde fiets te verkoop,” het Snyman gesê.“Van die fietse kos tot R65 000, dus is dit ‘vinnige geld’ vir die misdadigers. “Dit is ook baie makliker om ’n fiets weg te steek of daarmee weg te kom as ’n motor.”Snyman het gesê eblockwatch gaan sy fietsryer-lede van ’n paniek-reaksiediens op hul selfone voorsien en sal voortaan op Saterdae veiligheidsmaatskappye kry om te help om gewilde fietsroetes in Gauteng te beveilig.Huma vra enigeen met inligting om die Erasmia-polisie te bel by 012 370 1777.

Sunday, May 9, 2010

Vryheidsfront Plus


VF+ :

Die realiteit van Suid-Afrika is dat daar meer as 5,56 miljoen mense die afgelope sewe jaar slagoffers was van geweldsmisdaad in Suid-Afrika. Meer as 328 000 mense is vermoor in Suid-Afrika vanaf 1994. Dit is gemiddeld 60 mense per dag. Daar is amper 800 000 vroue verkrag in Suid-Afrika sedert 1994. Dit beteken daar word ‘n vrou elke 10 minute in Suid-Afrika verkrag. Wanneer hierdie debat afgehandel is, sal daar minstens 14 vroue wees wat verkrag is. Die Grondwet plaas ‘n plig op die minister van Polisie om te verseker dat die mense van Suid-Afrika beskerm moet word teen misdaad en dat hulle moet veilig wees. Uit bostaande syfers is dit duidelik dat dit nie gebeur nie. In die lig hiervan gaan die VF Plus amptelik ‘n voorstel indien dat daar ‘n spesiale fonds vir die slagoffers van geweldsmisdaad ingestel word. Die trauma en menslike leed van slagoffers van geweldsmisdaad veroorsaak geweldige hoë kostes vir daardie slagoffers. Ek hoop dat die ANC hierdie voorstel sal ondersteun om minstens ‘n poging aan te wend om finansiële verliese van slagoffers as gevolg van geweldsmisdaad te beperk. Ek is bewus dat die Minister sê dat plaasmoorde nie verpolitiseer moet word nie. Die werklikheid is weereens dat die Minister nie kan ontken dat daar wel gevalle van plaasmoorde is waarby ‘n politieke motief betrokke is nie. Hoe verklaar die Minister dat ‘n plaasmoord plaasvind, maar niks word gesteel of niks word daarna vermis nie? Daar kan dan net een motief wees en dit is ‘n politieke motief. Die VF Plus sal binnekort bewyse van politieke motiewe by plaasmoorde aan die Minister beskikbaar stel. ‘n Ander aspek is die vuurwapen-herlisensiëringsproses. Die Minister het verklaar dat vuurwapeneienaars in die amnestie-periode wel weer kan aansoek doen vir herregistrasie van hulle vuurwapens. Dit het egter nie gebeur nie en mense is weggewys wat dit wou doen. Ek het vir die Minister ‘n vraag in die Parlement gevra oor hoeveel wettige vuurwapens in misdaad gebruik is deur die wettige eienaars asook deur misdadigers. Die Minister se antwoord was dat hy my nie kan sê nie. Nou vra ek die Minister hoe kan hy wettige vuurwapeneienaars daarvan beskuldig dat hulle bydra tot misdaad as hy nie eers die syfers vir my kan gee nie. Die misdaadsituasie in Suid-Afrika vereis dat wetsgehoorsame burgers hulself moet bewapen teen misdadigers. Ek weet van hoeveel gevalle dat indien mense nie hulle vuurwapens by hulle gehad het nie, dan sou hulle slagoffers gewees het van moord. Ons moet ophou om wettige vuurwapeneienaars te teiken asof hulle bydra tot misdaad. Dit is eenvoudig nie waar nie. Die Polisie moet vertroue inboesem by die publiek. Die Minister is op rekord waar hy gesê het hy wil die Polisiediens suiwer van misdadigers. Hoe is dit dan moontlik dat ‘n slagoffer van ‘n rooftog ‘n polisielid herken by ‘n polisiestasie, maar die Polisie skors nie die lid nie en hy is nog steeds op diens by die polisiestasie. Dit kan nie geduld word nie, want dit skep wantroue teenoor die Polisie en die Minister moet optree teen sulke gevalle anders kom hy nie sy grondwetlike plig na nie.