Wednesday, May 12, 2010

SA gaan agteruit weens ANC-beleid’

























































SA gaan agteruit weens ANC-beleid’

2010-05-11 22:46

Pieter du Toit
Kaapstad. – Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) sê in ’n verdoemende verslag oor die stand van demokrasie in Suid-Afrika die ANC se sentrale beleidsrigting van ’n “nasionale demokratiese revolusie” (NDR) is die oorsaak vir die agteruitgang van die land se prestasie.“Die ANC probeer deur middel van die NDR seker maak ideologie troef pragmatisme,” skryf dr. Anthea Jeffery, SAIRR-hoof van spesiale navorsing, in ’n boek wat later vanjaar verskyn.Die NDR is die regerende alliansie se beleidsraamwerk waarbinne die transformasie van die maatskaplike en ekonomiese orde moet plaasvind. Die SAIRR beoordeel die land se vertoning sedert 1994 aan die hand van tien “pilare van demokrasie”, asook 170 afsonderlike aanwysers en skets ’n donker prentjie van die afgelope jaar. Pres. Jacob Zuma word gekap. Benewens die feit dat hy nalaat om duidelike leierskap te gee, bly sy kabinet verdeel en onbeholpe terwyl faksiegevegte in die ANC die regering verlam.Dit is egter die NDR, volgens Jeffery grootliks deur die media geïgnoreer, wat die grootste bedreiging vir demokrasie inhou. “Die NDR is verantwoordelik vir kaderontplooiing, die skadelike aandrang op demografiese verteenwoordiging en faksieverdelings in die regering.”Hoewel die ANC beweer “onrus” en “revolusie” dreig as NDR-beleidsrigtings soos regstellende aksie en swart bemagtigingsplanne nie deurgevoer word nie, is dit net ’n klein elite wat daaruit voordeel trek.Die NDR is niks anders nie as ’n vorm van maatskaplike ingenieurswese, soos apartheid was. Die telkaart
Demokratiese regering: 45% (met verwysing na die nasionale demokratiese revolusie, kaderontplooiing, die agter-die-skerms-invloed van die SAKP en Cosatu);
Die oppergesag van die reg: 37% (met verwysing na advv. Vusi Pikoli, Menzi Simelane, Mokotedi Mpshe en regter John Hlophe);
Die beskerming van individuele regte: 65% (met verwysing na verskeie hofbeslissings);
Mediavryheid en die burgerlike samelewing: 61% (met verwysing na die SAUK- en ANC-verhouding, verskeie wetsontwerpe en intimidasie);
Rasseverhoudinge: 55% (met verwysing na wette met raskomponente, die Reitz-vier en elitebemagtiging).
pdutoit@beeld.com

No comments:

Post a Comment