Sunday, May 9, 2010

Só is Lolly tereggestel







Só is Lolly tereggestel



2010-05-08 22:29


Mnr. Lolly Jackson
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Gavin Prins en Johan Eybers in Johannesburg
Die ontkleeklubkoning Lolly Jackson is terreggestel met ’n goed gemikte kopskoot uit ’n sluipmoordenaarswapen.Rapport kan vandag onthul dat die Teazers-baas Maandagaand eers vier keer in die rug geskiet is terwyl hy van sy moordenaar probeer weghardloop het. Die beseerde Jackson het uit die televisiekamer in die moordhuis in Kempton Park na buite probeer vlug. Hy het toe in die deur na die motorhuis geval, waar hy die doodskoot agter sy oor toegedien is.’n Bron na aan die ondersoek het aan Rapport gesê die moordwapen was ’n .22-handwapen – dikwels die voorkeurwapen van professionele huurmoordenaars. Vanweë die wapen se ligte kaliber kan die skote nie ver gehoor word nie. Die moordenaar het volgens Rapport se bron op ’n professionele wyse die moordtoneel opgeruim om bloedspatsels en ander bewyse te verwyder.Die polisie soek na die voortvlugtige mnr. George Louka, alias George Smith, ’n voormalige regterhand van Jackson, in verband met die moord. Louka het in die moordhuis gewoon. Jackson het vroeër gesê Louka is groot geld aangebied om hom tereg te stel. Rapport verneem kneusplekke aan Jackson se kop dui op ’n vuisgeveg met die skieter. En die moordenaar het Jackson se eie selfoon gebruik om die polisie te bel.Die private speurder mnr. Mike Bolhuis, wat Jackson al jare lank ondersoek weens onder meer beweerde mensehandel en omkopery, sê hy glo die smetkoning se misdadige bedrywighede het hom sy lewe gekos: “You live by the sword, you die by the sword… My inligting was dat hy en Louka ’n uitval gehad het oor ’n Griekse paspoort-transaksie wat skeefgeloop het.”Twee bronne het aan Rapport gesê Jackson wou die land verlaat en dat Louka vir hom ’n Griekse paspoort moes reël. Die polisie en Jan Taks was glo reg om Jackson vas te trek vir onderskeidelik geldwassery en belastingontduiking.Jackson het glo reeds R10 miljoen onwettig uit die land geneem. ’n Polisiebron het aan Rapport gesê Louka kruip in Ciprus weg. “Hy lyk nie meer soos die koerantfoto’s nie. Hy is maerder, het al sy hare afgeskeer en dra ’n bril.”Jackson se Jeep Cherokee is die dag ná die moord in Bedfordview gekry, naby die huis van die Tsjeggiese boef Radovan Krejcír.Jackson het lank voor sy dood aan die verkeerde kant van misdaadbase beland. Hy het vroeër vanjaar ’n regsgeding begin teen mnr. Alekos Panayi, gewese verteenwoordiger van die Laiki-bank. Jackson het beweer Panayi skuld hom R725 000.Die owerhede se belangstelling in Jackson het begin toe Panayi in hofstukke ’n geldwassindikaat ontbloot het waarby Jackson, Krejcír en Louka glo betrokke was. Panayi het Krejcír aan Jackson voorgestel en laasgenoemde het hom glo gehelp om miljoene rande uit die land te smokkel. ’n Saketransaksie tussen Jackson en Krejcír het egter skeefgeloop en Jackson het die drie mans afgedreig. Louka en Krejcír het toe teen hom gedraai. “Lolly het sy hand oorspeel teen mense met meer spierkrag in die onderwêreld,” sê mnr. Andrew Phillips, eienaar van The Grand-ontkleeklub.– Lees hier meer oor wat van die Teasers-dansers oor Lolly Jackson te sê het, en lees ook meer oor die gesprek wat Jackson twee weke gelede met Rapport gehad het.
- Rapport

No comments:

Post a Comment