Saturday, May 1, 2010

Drie Misdadigers vas ná jaagtog; tref karre en toe ’n muur




Drie Misdadigers vas ná jaagtog; tref karre en toe ’n muur


2010-04-30 22:26
Konst. Blacky Swart van die K9-Pretoria-eenheid en sy hond, Boef, soek na ’n vuurwapen in die veld langs Rubensteinweg in Erasmuskloof in die ooste van Pretoria. Foto’s: Cornél van Heerden
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Hilda Fourie
Drie vermeende misdadigers is gister vasgetrek nadat hulle glo van die polisie weggejaag, teen vier motors gebots, op die polisie geskiet en toe teen ’n muur tot stilstand gekom het.In een van die motors waarteen die verdagtes vasgejaag het, was ’n ouma en haar twee kleinseuns van onderskeidelik een en twee jaar oud. Hulle is nie beseer nie.Ná die inhegtenisnemings het die polisie vasgestel die verdagtes se VW Tiguan is in Maart in Lyttelton, Centu­rion, gesteel.Sers. Lynnette Erasmus, polisiewoordvoerder, het gister op die toneel in Rubensteinweg in Erasmuskloof in die ooste van Pretoria gesê ao. Rudi Viljoen en sy bemanning van die Brooklyn-polisiekantoor het omstreeks 12:45 ’n verdagte voertuig in dié omgewing opgemerk.Volgens Erasmus het die verdagtes teen ’n vinnige spoed deur die strate gery.Die polisie het die verdagtes in hul wit VW Tiguan agternagesit. Toe die verdagtes agterkom hulle word agtervolg, het hulle begin jaag.In ’n stadium het die verdagtes deur die Castle Walk-winkelsentrum gejaag en in Lois­laan in die rigting van Hans Strijdomrylaan gery.By dié kruising het hulle teen ’n wit Mazda en nog ’n motor, wat by die verkeerslig stilgestaan het, gebots. Die impak het veroorsaak dat die Mazda oor die pad skiet en twee Toyota Aurisse tref.In die voorste Toyota Auris het mev. Susan Lamprecht (67) en haar twee kleinseuns, De Villiers (2) en Janhendrik (1) Lamprecht, gery.Lamprecht het aan die oorkant van die pad gesien hoe ’n voertuig teen ’n ander een bots. ’n Polisiemotor was agter hulle.“Toe ek hulle sien, het ek gedink hulle gaan deur my voorruit kom,” het Lamprecht gesê.“Ek het net gehoop en bid dit gebeur nie, want anders was my (klein)kindertjies dalk beseer. Ek is net baie dankbaar, want die feit dat die mense gewapen was kon gemaak het dat dinge baie erger uitgedraai het.”Volgens Erasmus het die verdagtes, kort nadat hulle teen al die voertuie gebots het, deur hul agterruit op die polisie geskiet. Die polisie het teruggeskiet en die vlugtendes se motor het teen ’n muur tot stilstand gekom. Hulle is op die plek in hegtenis geneem.Die mans sal binnekort in die Hatfield-gemeenskapshof op onder meer aanklagte van die besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig en roekelose bestuur verskyn.

No comments:

Post a Comment