Tuesday, May 25, 2010

Verkragter vry oor woord


Verkragter vry oor woord

2010-05-24 23:19

Jeanne-Marié Versluis
'n Man wat weens verkragting en roof tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is, is vry nadat die landdros tydens sy verhoor na die beskuldigde se “filthy penis” verwys het. Dié soort taal moet ten sterkste gesensor word, het regter Moses Mavundla in ’n uitspraak van hom en waarnemende regter T. Phalane in die hooggeregshof in Pretoria gesê.Die hooggeregshof het gesê streeklanddros M.K. Makhwentla van Sebokeng se stellings toon ’n “mate van arrogansie en gebrek aan respek” teenoor mnr. Kenneth Mapule Makau.Dié stellings het meegebring dat Makau, “’n andersins skuldige persoon”, vrygelaat moes word.Makau is voorheen tot 16 jaar tronkstraf weens die verkragting van ’n 18-jarige vrou en vier jaar weens die roof van haar selfoon gevonnis.Makau het die hooggeregshof gevra om die streekhofverrigtinge te hersien omdat die landdros volgens hom in die vervolging ingemeng het en bevooroordeeld teenoor hom was.Die landdros het Makau tydens die verhoor onder meer gevra of hy dink “dit is ’n goeie ding” om sy “filthy penis” in ’n dame se mond te sit.Phalane het in die hooggeregshof-uitspraak gesê die seksdade wat Makau opeenvolgend met die vrou uitgevoer het, was aanstootlik vir die landdros se persoonlike morele waardes en standaarde.Dit was te erg vir die landdros en gewone lede van die publiek sou “ongemaklik” oor Makau se gedrag gewees het. Die landdros is egter nie ’n gewone lid van die publiek nie en kan nie persoonlike morele waardes en standaarde op getuies en die beskuldigde afdwing nie. Die landdros het ’n goed beredeneerde uitspraak op die meriete van Makau se verhoor gelewer, maar dit is “bederf” deur sy vroeëre stellings en vrae, het Mavundla gesê.’n Voorsittende beampte moet respek toon vir dié wat voor hom in die hof verskyn, ongeag hul omstandighede. Daar is geen ruimte vir “kleinerende taal” teenoor litigante, ge-tuies en regsverteenwoordigers nie, het Mavundla gesê.Makau se skuldigbevinding aan verkragting en roof is tersyde gestel en hy is vrygespreek.

No comments:

Post a Comment