Sunday, May 23, 2010

Die bloedbad kom weer...’


Die bloedbad kom weer...’

2010-05-23 00:26

Mnr. Khalif Abdi Abdullahi agter die diefwering wat hom en sy winkel moet beskerm in Mfuleni naby Kaapstad. Foto: JACQUES PAUW
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
JACQUES PAUW EN ANNA-MARIA LOMBARD IN JOHANNESBURGImmigrante en vlugtelinge in Suid-Afrika leef in vrees vir xenofobiese aanvalle ná die Wêreldbeker-sokkertoernooi.Buitelanders word glo landwyd gewaarsku om hulle uit die voete te maak om die soort aanvalle te vermy wat Suid-Afrika twee jaar gelede geskok het.In die Wes-Kaap is reeds 17 Somaliese winkeleienaars vanjaar vermoor en ander winkeleienaars is gewaarsku om landuit te vlug voor die laaste fluitjie blaas.“Ek het gehoor hulle sê daar gaan geen immigrante in Alexandra (in Johannesburg) oor wees nie,” sê me. Elizabeth Mokoena, wat ’n welsynsorganisasie by die polisiekantoor bestuur. Sy het noodleniging gekoördineer toe xenofobiese aanvalle in 2008 hier begin en landwyd uitgebrei het. “Daar is dieselfde atmosfeer teen immigrante as tóé,” sê sy. “Die gemeenskap is gefrustreerd. Dienslewering bestaan nie en vlugtelinge word die sondebok.”Die Konsortium vir Vlugtelinge en Immigrante in Suid-Afrika (Cormsa) het verslae van reg oor die land gekry oor dreigemente teen immigrante. Amnestie Internasionaal, die Rooi Kruis en die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening by die Universiteit van die Witwatersrand is deel van Cormsa.Die dreigemente kom glo uit verskeie oorde – van bure, kollegas, taxibestuurders en verbygangers, maar ook van verpleegsters, maatskaplike werkers en polisiebeamptes.“Baie van die mense wat dreig, glo hulle het die ondersteuning van senior politici,” sê Cormsa se mnr. Duncan Breen.Mnr. Zweli Mnisi, woordvoerder van die ministerie vir polisie, het die afgelope week gesê Cormsa moes hul kommer met die polisie gedeel het sodat hulle saam oplossings kan vind.Rapport het talle gerugte en dreigemente ondersoek. In Cullinan, noord van Pretoria, het Zimbabwiese werkers vergaderings bygewoon waar gesê is: “Alle buitelanders sal in die tweede helfte van Julie, net ná die sokker, vermoor word.”Soortgelyke bewerings is glo op vergaderings in Mamelodi gemaak en die DA het dit by die polisie aangemeld.’n Sakeman van Alexandra met ’n winkel oorkant die Madala-hostel, waar die xenofobiese geweld in 2008 begin het, is bekommerd.“Ons mag dit (die dreigemente) nie onderskat nie,” sê hy. “In 2008 was daar soortgelyke gerugte en ons het nooit gedink iets sou daarvan kom nie. Die volgende oggend was Alex in vlamme,” sê hy.“Hier kom ’n bloedbad,” sê mnr. Abdiwali Abdiraman van die Wes-Kaapse Somaliese Gemeenskapsraad. “Ons het die polisie gewaarsku, maar niks gebeur nie.” Volgens hom het sommige winkeliers dreigbriewe gekry en die polisie daarvan verwittig.Abdiraman sê twaalf Somaliërs is in drie dae in die Wes-Kaap geskiet nadat hulle gewaarsku is om die land te verlaat. Drie is dood. “Ons is hier om te bly,” sê Abdiraman, “of dalk om te sterf.” ’n Onafhanklike rolprentregisseur, Andy Spitz, werk al twee jaar lank aan ’n dokumentêre rolprent oor xenofobie en het met talle Suid-Afrikaners hieroor gepraat. “Het jy die oorlog hier gesien (in 2008)? Dit gaan erger wees. Daar gaan kwaai oorlog wees,” sê ’n Suid-Afrikaner in ’n Oos-Randse township. Prof. Loren Landau van Wits is veral bekommerd dat mense so openlik dreig. “Dit wys jou hulle glo hul xenofobiese standpunt is aanvaarbaar.” Landau is mede-outeur van ’n diepte-ontleding oor die oorsaak van die 2008-aanvalle. Dié verslag is pas gepubliseer en wys dat armoede en diensleweringsprobleme dit plek-plek aangevuur het.Landau is egter meer besorg oor die politieke spanning in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesings as die einde van die sokkertoernooi.

No comments:

Post a Comment