Sunday, May 2, 2010

Vrystaat Landbou rol moue op om regering in hoogste hof te pak







Vrystaat Landbou rol moue op om regering in hoogste hof te pak



2010-05-02 00:30
,
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Jan-Jan Joubert in Kaapstad
jjoubert@rapport.co.zaVrystaat Landbou is gereed om die regering in die land se hoogste hof te pak as die regering nie teen 24 Junie vorendag kom met ’n praktiese plan om veiligheid aan die Lesotho-grens af te dwing nie.Mnr. Louw Steytler, president van Vrystaat Landbou, sê sy organisasie is onverbiddelik in sy eis dat die regering die pligte wat die Grondwet aan hom opgelê het, uitvoer.Dis nou al sewe jaar dat boere aan die Lesotho-grens se voortbestaan in gedrang is weens veral veediefstal vanuit dié buurland.In Vrystaat Landbou se hofsaak (wat tot 24 Junie uitgestel is) voor die Vrystaatse hooggeregshof word ’n prentjie van laksheid aan staatskant geskets; van klagtes deur die georganiseerde landbou wat met leë ondernemings van staatskant opgevolg word.Basies eis Vrystaat Landbou drie praktiese stappe van die regering rakende die Lesotho-grens:* Die herstel van die grensdraad;* Die instandhouding van die pad wat langs die grens loop; en* Behoorlike patrollering van dié grens.Me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, het die afgelope twee maande deurlopend laat blyk dat die veiligheidsituasie aan die Lesotho-grens by haar uiters hoë prioriteit geniet.Terselfdertyd word gesloer met die vergadering oor die veiligheid van boere en plaaswerkers aan die land se grense wat reeds op 15 April tussen verdedigingsinstansies en Agri SA moes plaasgevind het. Die departement van verdediging blameer Agri SA vir die gesloer, maar Agri SA sê dis sommer bog.Albei partye stem egter nou saam dat die ontmoeting, waarby landbouleiers, Sisulu, die hoof van die weermag en ander ringkoppe teenwoordig sal wees, op 22 Mei in Pretoria sal plaasvind.Nie net die situasie aan die Lesotho-grens nie, maar landelike veiligheid aan al die landsgrense sal ter sprake wees.

No comments:

Post a Comment