Saturday, May 1, 2010

Twee in arres nadat 2.5 ton plofstof in huis gekry is..South Hills Johannesburg






Twee in arres nadat 2,5 t plofstof in huis gekry is


2010-04-30 23:02

Daniëlla du Plooy
Die polisie het gister beslag gelê op sowat 2?500?kg plofstof in ’n huis in South Hills, in die suide van Johannesburg.Dit sou vermoedelik gebruik word om kitsbanke mee op te blaas, het lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, gesê.“Dit is van die meeste kommersiële plofstof wat ons tot nog toe by een plek gevind het. Ons vermoed dit is by ’n depot in City Deep gesteel.”Die polisie het gisteroggend op die huis in Reginastraat toegeslaan in reaksie op ’n wenk van die publiek op Crime Line. Hulle het die huis deurgesoek en in ’n agterkamer op die plofstof, verpak in 100 bokse van 25 kg elk, afgekom.Twee mense wat op die perseel was, ’n meisie (18) en ’n man (22), is in hegtenis geneem.“Hulle is vermoedelik deel van ’n groter sindikaat.”Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van die oortreding op die Wet op Plofstowwe.

No comments:

Post a Comment