Monday, May 31, 2010

Ma red kind van grypdief


Ma red kind van grypdief

2010-05-31 09:41

Virginia Keppler

’n Jong ma van Mooikloof in die ooste van Pretoria het histeries geskreeu terwyl sy verbete aan haar seuntjie (2) se voetjie vasgeklou het om te keer dat ’n man hom deur haar stukkende motorvenster steel.Volgens die ma (22), ’n sielkunde-student wat uit vrees nie geïdentifiseer wil word nie, was haar kind se hele lyf al deur haar motorvenster toe sy hom aan die voetjie gryp. Haar ma (42) het gister gesê haar dogter het Vrydagaand tussen 18:00 en 18:30 in De Villebois Maruilweg by ’n rooi verkeerslig agter ’n ander voertuig stilgehou.“?’n Man het van agter haar voertuig gekom, maar sy het gedink dit is ’n bedelaar. Haar deure was gesluit en haar vensters was toe,” het die ouma huilend vertel.Volgens haar het die man tot by die voorste venster aan die passasierskant geloop en in die motor geloer.“Die baba het op die voorste sitplek gelê en was met die veiligheidsgordel vasgemaak. Hy wou net aan die slaap raak toe die man die venster met ’n vonkprop stukkend slaan en hom gryp. My dogter het hom aan die een voetjie beetgekry en hom teruggeruk. “Sy het aanhoudend geskreeu terwyl sy aan haar baba se voetjie vasgeklou het. Sy het gesê ‘mamma, die Here was in die kar en het gehelp trek, want ek sou dit nie alleen kon doen nie’.”Sy het gesê niemand, ook nie die mense in die motor voor haar, het probeer help nie. Terwyl die ma en die boef oor die kind baklei het, het sy aanhoudend geskreeu. “Die man moes toe geskrik het, want hy het die baba gelos en weggehardloop. My dogter het dadelik na ons huis in Garsfontein (in die ooste van Pretoria) gery. Sy het my gebel en geskreeu: ‘Maak oop die hek!’ Toe sy hier stop, het sy en die baba gehuil. My kleinkind was vol glasstukke.”Sy het gesê haar kleinkind was definitief die teiken, want haar dogter se skootrekenaar en handsak op die agterste sitplek was onaangeraak.“My kleinkind is nou te bang om in ’n kar te klim. Hy kan nie slaap nie en sê die heeltyd ‘moet my ’seblief nie vat nie’.“Ek dink totdat die sokker verby is, is kinders nie veilig nie. Ons wil mense waarsku om versigtig te wees met hul kinders,” het die ouma gesê.A.o. Duane Lightfoot, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie was by die toneel. ’n Saak van opsetlike saakbeskadiging en aanranding word ondersoek.

No comments:

Post a Comment