Saturday, May 8, 2010

‘Fifa was onder druk om WB by SA weg te vat’






















‘Fifa was onder druk om WB by SA weg te vat’






2010-05-07 21:55

Verwante skakels
‘Duitse toeris se moontlike slenkdalkoors is geen rede vir WB-paniek’
Lizel Steenkamp
Kaapstad. – Fifa was ná die terreuraanval op die Togolese sokkerspan in Angola onder groot druk om WB 2010 weens buitelanders se veiligheidsvrese van Suid-Afrika te “onttrek”.Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het gister aan die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie gesê mnr. Jérôme Valcke, sekretaris-generaal van Fifa, was in ’n toestand oor dié aanval wat tydens die Afrikabeker-toernooi op 8 Januarie in die Cabinda-gebied plaasgevind het. “Daar was ’n noodoproep van Fifa en ons het Valcke toe op 27 Januarie by die O.R. Tambo-lughawe ontmoet. Hy was amper in trane oor die druk op hulle om die toernooi (WB 2010) van Suid-Afrika te onttrek.”Cele en senior polisiebestuurslede het daarna op ’n Europese toer vertrek om buitelanders se vrese te besweer.Die afvaardiging het in Zürich, Berlyn en Londen met politici, spanbestuurders en die buitelandse media vergader.Die veiligheidsplan is ook aan hoofde van Interpol in Lyon, Frankryk, voorgelê en goedgekeur. Volgens Cele het die toer groot welslae behaal.“Maar die moord op mnr. Eugène Terre’Blanche (AWB-leier) het ons weer ’n tree teruggesit. Weens persepsies moet ons baie beter voorberei en dit skep buitengewone omstandighede.”Komiteelede het tydens gister se voorlegging gehoor die polisie het in aanloop tot die toernooi daagliks kontak met intelligensie-eenhede in Brittanje, Duitsland, en die FBI in die VSA wat op internasionale terrorisme fokus.

No comments:

Post a Comment