Sunday, May 16, 2010

Grootste SA protesoptog nog teen misdaad
















Grootste SA protesoptog nog teen misdaad





2010-05-16 15:11
Verwante skakels
Optog teen plaasgeweld beplan
Cosatu-leier voor in optog
Optog teen misdaad rustig
Johannesburg – Altesaam 347 dorpe gaan op 19 Mei aan ‘n nasionale protesoptog teen misdaad deelneem, het die Solidariteitbeweging Sondag gesê.In ‘n verklaring sê die beweging – opgemaak deur Solidariteit, AfriForum en Helpende Hand – dit sal die grootste misdaadoptog nog in Suid-Afrika wees. Memorandums sal aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in klein dorpies en stede oorhandig word, van die Wes-Kaap tot die noorde. In landelike gebiede, sal verskeie besighede glo hul deure sluit en verskeie skole sal ook deelneem aan die optog, of leerders sal rooi dra, het Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, gesê.“Duisende Suid-Afrikaners sal na verwagting op daardie dag rooi dra.” Hermann het bygevoeg dat die land nooit mag toelaat dat misdaad ‘n normale deel van die samelewing word nie.“Ons moet protes aanteken om te wys dit is nie normaal nie. Maar ons gaan nie net protes aanteken nie... ons wil ook die geleentheid gebruik om ‘n beroep op gemeenskappe te doen om in samewerking met die SAPD betrokke te raak by inisiatiewe vir gemeenskapsveiligheid.”Volgens Hermann sal Suid-Afrika 'n veiliger plek wees ná 19 Mei, as die optog suksesvol was.- Sapa
Lees meer oor: protes afriforum helpende hand solidariteit




Seun skiet rowers kis in aanval by ouers se huis


2010-05-15 00:10

Wolfram Zwecker
Die seun van ’n egpaar wat deur rowers van die bank na hul huis agtervolg is, het uit die huis gestorm en op die aanvallers geskiet – ’n uur later is die verdagtes in ’n motor gevind; een dood, een gewond en een erg geskok.Volgens brig. Sheryl Venter, stasiebevelvoerder van die Benoni-polisiekantoor, het ’n egpaar van in hul 50’s gisteroggend by die East Rand Mall in Boksburg gaan geld trek. Die rowers het hulle vermoedelik dopgehou of inligting ontvang van binne die bank oor hoeveel geld die egpaar getrek het en hulle na hul huis in Brentwood, Benoni, agtervolg. Die rowers het die egpaar tuis met vuurwapens aangehou, maar voordat hulle die geld kon buit het die egpaar se seun, wat in die huis was, die rooftog gesien en met sy vuurwapen uitgehardloop. Hy het op die rowers geskiet en hulle het weggejaag. Volgens Venter het die polisie kort daarna van die aanval gehoor en na die verdagtes en hul motor begin soek. Die motor is sowat ’n uur ná die aanval in Brentwood in die ondergrondse parkeerterrein van die Lakeside Mall in Benoni opgespoor. Een van die rowers is dood in die motor aangetref, nog een is ernstig gewond en die derde een is deur die polisie in hegtenis geneem. Venter het mense gewaarsku om op hul hoede te wees wanneer hulle kontant trek.


( Beeld )


Slagoffers 3, skurke

02010-05-16 00:10


Dié kennisgewing in die buurt Brentwood vertel die verhaal van ’n mislukte motorkaping. Foto: Herman Verwey
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Johannes de Villiers in Benonijohannes@rapport.co.zaEen dood, een sterwend en een in die tronk.Dít was die lot van drie mans wat onsuksesvol probeer het om ’n gesin in Benoni aan die Oos-Rand te beroof en toe self die slegste daarvan afgekom het.’n Sekerheidsmaatskappy in Benoni was so in hul noppies met dié uitslag dat hulle selfs ’n plakkaat met die “telling” en ’n versoek om verdere inligting op ’n paal aangebring het. Die drama het plaasgevind toe ’n egpaar van Brentwood Vrydagoggend om 11:00 van die bank af teruggekeer het. Die man (62) en vrou (58), wie se name die polisie om veiligheidsredes weerhou, het pas by hul hek stilgehou toe ’n wit Audi A4 agter hulle intrek.Drie onbekende mans het uitgeklim en vuurwapens op die egpaar gerig.Volgens adj.off. Jannie van Aswegen, wat kort daarna op die toneel was, het die egpaar se 26-jarige seun op daardie oomblik om die huis gestap en opgemerk dat sy ouers die slagoffers van ’n gewapende roof is. Hy het toe ’n 9mm-pistool uitgepluk en op die rowers begin skiet.“Dit was ’n vreeslike geskietery,” vertel me. Cheryl Koen, ’n buurvrou wat die skietgeveg aanskou het.Die 26-jarige man het glo een van sy ouers se aanvallers, die een wat agter die Audi se stuurwiel gesit het, in die kop geskiet. Daarna het die gewonde se makkers hom uit die bestuurdersitplek gesleep, self die stuur oorgeneem en weggejaag.Die aanvaller op die Audi se agtersitplek is ook ernstig gewond.Volgens Van Aswegen het die egpaar se seun 17 rondtes afgevuur. “Hul motor was vol koeëlgate. Die getinte ruite was versplinter.”Desondanks het die drie tot by die Lakeside Mall, ’n paar kilometer daarvandaan, gejaag. Die man wat nie gewond was nie, het probeer weghardloop, maar is gou voorgekeer.Die aanvaller wat in die kop geskiet is, is in die voertuig dood, terwyl die tweede gewonde man na die hospitaal geneem is. “Die kans is skraal dat hy sal oorleef,” sê Van Aswegen.Volgens Van Aswegen word die wit Audi by ander ernstige misdaadvoorvalle in die omgewing betrek. Hulle hoop dus dat ’n bedrywige groep in dié skietvoorval uitoorlê is. Die egpaar se seun word as ’n held in die buurt beskou.

No comments:

Post a Comment