Saturday, May 22, 2010

Twee SA polisielede gearresteer:Huisrooftog gekeer




Twee polisielede vas: Huisrooftog gekeer

2010-05-21 22:14

Virginia Keppler
Twee polisielede van Atteridge­ville in die weste van Pretoria is eergisternag saam met drie ander mense in Centurion gearresteer terwyl hulle glo op pad was om ’n huisrooftog of -rooftogte te gaan uitvoer.Dié verdagtes was met ’n R5-geweer met ’n dubbele magasyn en twee pistole bewapen en het in twee voertuie gereis.Kol. Musa Zondi, woordvoerder van die Valke, het gesê die Valke het inligting gekry dat dié polisiemanne en hul makkers die betrokke nag ’n gewapende huisroof of -rooftogte in Centurion en Pretoria gaan uitvoer.Die Valke het die verdagtes op die hoek van Jeanlaan en Gerhardstraat in Centurion ingewag en het hulle net daar van die pad getrek en in hegtenis geneem.“Ons kon nie ’n kans vat en wag dat hulle die daad by die woord voeg nie, want onskuldige mense sou dalk doodgeskiet word. “Ons moes hulle arresteer voordat hulle hul planne sou uitvoer,” het Zondi gesê.Volgens hom het die polisie gister probeer vasstel of die wapens wat hulle by die mans gekry het, polisiewapens was.“Die polisie probeer ook steeds vasstel of die voertuie waarin die verdagtes gery het, wettig is en of dit moontlik gesteel is,” het Zondi gesê.Hy het gesê die verdagtes sal waarskynlik oormôre in die Pretoriase landdroshof verskyn, maar wou nie sê op wat watter aanklagte nie.

No comments:

Post a Comment