Friday, May 14, 2010

VF+ gaan voort met Malema-saak







VF+ gaan voort met Malema-saak



2010-05-14 15:09

Verwante skakels
VF+ loods veldtog teen Malema
Nóg bedankings ruk VF+
Malema doen SA skade aan, sê VF+
Kaapstad - Die VF+ het gesê hulle gaan voort met hul saak in die gelykheidshof teen die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, vir haatspraak en intimidasie.Die eerste sitting sal op 20 Mei plaasvind, het die party Vrydag in 'n verklarings gesê.Die VF+ beskou die straf wat die ANC vir Julius Malema opgelê het as "niksseggend en blote skyn ten einde die breë publiek en faksies in die ANC tevrede te stel." Die Sowetan-koerant het vroeër berig dat die straf ontwerp is om strydende faksies in die ANC te balanseer.Volgens adv. Anton Alberts, VF + se parlementêre woordvoerder oor jeugsake, is Suid-Afrikaners nie gelukkig met die uitspraak nie, aangesien drie klagtes om tegniese redes teruggetrek is."Dit laat mens dink die ANC weet nie hoe hulle eie grondwet werk nie aangesien die skuldigbevinding gegrond was op ‘n klag dat Malema minagtend was teenoor die ANC-leier, Jacob Zuma," meen Alberts.“Maar wat van die minagtende optrede van Malema teenoor die publiek?” vra Alberts. “Malema skuld immers alle inwoners van Suid-Afrika, en meer spesifiek die wittes, Afrikaners en ander minderhede, ‘n onvoorwaardelike verskoning vir sy haatspraak en polariserende optrede.”Die VF + is verder oortuig dat die ANC nie sy eie grondwet ken, verstaan of reg toepas nie. Daar kan geen twyfel wees dat Malema artikel 25.5d van die ANC se grondwet verbreek het nie.Die VF+ vra ook dat sy veldtog om duisende protesbriewe aan pres. Zuma te oorhandig, ondersteun word deur die petisie op www.vervolgmalema.co.za te teken.Volg Nuus24 op Twitter.
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: ancyl vf+

No comments:

Post a Comment