Saturday, May 15, 2010

Hoë glo in nuwe pos ondanks klag van verkragting




Hoë glo in nuwe pos ondanks klag


2010-05-15 01:25
Charles Smith
Die geskorste bevelvoerder van die Sasolburg-polisiekantoor, wat aangekeer is in verband met verkragting en aanranding, gaan weer op hoë vlak in die polisie aangestel word.Die brigadier word glo van Maandag in ’n senior pos in die Mangaung-gebiedshoofkantoor in Bloemfontein ontplooi nadat die Vrystaatse polisie nie sy interne dissiplinêre verhoor binne 90 dae afgehandel het nie. Hy is reeds die afgelope week in Bloemfontein opgemerk en glo Donderdag ingeroep om oor sy nuwe pos ingelig te word.Die brigadier begin werk net twee dae voordat hy weer op Sasolburg in die distrikshof moet verskyn in verband met ’n voorval in Februarie. Hy is in hegtenis geneem weens die beweerde verkragting van ’n vrou in sy kantoor in die Sasolburg-polisie- kantoor. Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) het die gewese hoof van dissiplinêre verhore in die polisie se provinsiale hoofkantoor in hegtenis geneem nadat hy na bewering die 26-jarige vrou ook aangerand het. Die vrywilliger het tydelik diens in sy kantoor gedoen as deel van ’n projek waar hy haar oor sy pligte ingelig en sy dan die gemeenskap oor misdaad moes voorlig, wat ’n boodskap teen geweld en verkragting insluit.Die brigadier was ’n vertroueling van komm. Amos Mashigo, die Vrystaatse polisiehoof.Mnr. Moses Dlamini, woordvoerder van die OKD, het by navraag aan Volksblad gesê ingevolge die polisie se dissiplinêre regulasie moes die interne dissiplinêre verhoor binne 90 dae afgehandel gewees het. Dit is nie gedoen nie en sy skorsings is volgens voorskrif opgehef.Hy weet nie hoekom die interne verhoor nie afgehandel is nie, maar dit kan wees dat daar op die uitslag van die strafregtelike verhoor gewag word.Dlamini sê dit raak egter nie die strafregtelike verhoor óf die dissiplinêre verhoor nie. Albei moet steeds afgehandel word. “Dit is vanselfsprekend dat die OKD sou verkies dat hy geskors bly. Natuurlik is hy ook onskuldig totdat hy skuldig bevind is. As die regulasie bepaal dat hy moet terugkeer werk toe, dan is dit ook so.”Die polisie in die Vrystaat het teen gistermiddag nie op ’n navraag gereageer nie.

No comments:

Post a Comment