Tuesday, May 4, 2010

Lolly Jackson vermoor...15 keer geskiet




Lolly Jackson vermoor
2010-05-03 23:39

Lolly Jackson Foto: Sapa
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Die omstrede Teazers-baas mnr. Lolly Jackson is gister vermoor.Sers. Tsholofele Madumo, polisiewoordvoerder, het gisteraand aan Sapa bevestig Jackson (53) is geskiet.Hy is laatmiddag verskeie kere met ’n handwapen in ’n huis in Edleen, Kempton Park, geskiet, het die polisie bevestig.Volgens Eyewitness News (EWN) is hy 15 keer geskiet.Jackson het by ’n vriend gekuier wat ’n kamer in die huis huur, het kol. Eugene Opperman, polisiewoordvoerder, gesê.EWN het berig die moordenaar het met Jackson se Jeep Cherokee gevlug, wat volgens Madumo teen druktyd nog soek was. Opperman het egter gesê niks word vermis nie.Die motief vir die moord is volgens hom onbekend en daar was geen teken van ’n struweling nie.Toe ’n Teazers-werknemer op die toneel aankom en vasstel die vermoorde is sy baas, het hy in trane uitgebars, berig EWN. Hy het Jackson se naasbestaandes gebel.Benewens sy omstrede bedryf was Jackson bekend vir sy botsings met die gereg, sy vinnige motors en sy omstrede uitlatings.Hy is in Maart vanjaar op aanklagte van onder meer menseroof en afpersing gearresteer nadat hy glo ’n kliënt van hom wat met een van sy danseresse weggeloop het, vir duisende rande probeer afpers het.Hy het ook al met verkeers- en immigrasiebeamptes, die SA Inkomstediens en die gesagsliggaam vir reklamestandaarde (ASA) gebots.Ná omstredenheid oor die woorde “geen geslagstoetse nodig nie” op een van Teazers se advertensieborde het hy verlede jaar ’n tjek van R20 000 aan die atleet Caster Semenya gegee.Onlangs is bekend gemaak hy gaan homself in ’n Afrikaanse fliek speel wat ook verskeie bekende plaaslike vermaaklikheidsterre in die rolverdeling het. “Ek hoef nie toneel te speel nie. Ek kan net myself wees,” het hy gesê.“Ek is gewoonlik ’n p***p**l en nou kan ek eenvoudig so optree.”

No comments:

Post a Comment