Saturday, May 1, 2010

Selfde rowers kaap glo gesin se motor ná aanval op hulle


Selfde rowers kaap glo gesin se motor ná aanval op hulle
2010-04-30 23:02

Lindie van Wyk (regs) en Phalisa Nkozi (10), die huishulp se dogter.
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Daniëlla du Plooy
Slegs dae ná die bloedige aanval op ’n gesin van Northcliff, Johannesburg, het vermoedelik dieselfde drie rowers teruggekeer, hul motor gekaap en byna met die gesin se vyfjarige dogter binne-in weggery.Me. Marinda van Wyk, vrou van past. Johan van Wyk, wie se bejaarde ma verlede Woensdag by hul huis met ’n koevoet en wielsleutel aangerand is, kon Lindie (5) net betyds uit die motor help voordat die mans daarmee weggejaag het. Beeld het Woensdag berig Lindie het by die skool prentjies geteken van haar pa en ouma wat op die grond lê met bloed wat by hul koppe uitkom ná die eerste aanval by hul huis. Volgens past. Van Wyk (48) het Lindie gesê die mans wat haar en haar ma gisteroggend gekaap het, is dieselfde drie wat hulle vroeër aangerand het. “Sy het hul gesigte herken.”Lindie het tydens die eerste aanval langs haar ouma, me. Alida van Buuren (71), gelê en huil terwyl die drie mans Van Buu­ren en haar seun aangerand het.Past. Van Wyk het gesê die aanvallers het aanhoudend gesê: “We are going to kill you.” Aan sy ma het hulle gesê: “We are going to rape you.”Me. Van Wyk was gisteroggend omstreeks 06:55 saam met Lindie in die motor toe hulle oorval is.Volgens past. Van Wyk het sy net die motorhuis se deur toegemaak en weer in die motor teruggeklim toe die drie mans hulle oorval het.“Hulle het skote afgevuur, haar uit die motor gepluk en ingespring. Hulle het agteruit begin ry en Lindie was nog op die agtersitplek. Sy het egter die deur oopgemaak en begin uitklim. My vrou het nader gestorm en haar uitgehelp.”Die motor is sowat ’n uur later verlate ’n paar strate van hul huis af gevind.Volgens past. Van Wyk vermoed hulle dat hul huiswerker se ekskêrel iets met die voorvalle te doen het. “Hy het ná die eerste aanval al aan haar dreigende SMS’e gestuur en gesê sy moet haar kind dophou.” Tydens die eerste aanval het een aanvaller die huiswerker en haar twee kinders – ’n meisie (10) en ’n twee maande oue baba – ook in die kamer ingebring. “Sover ons weet, het die polisie dié verdagte nog nie eens ondervra nie,” het past Van Wyk gister gesê. “Ons kan nie op die polisie staatmaak nie.” Kol. Kwena Moichela, stasiebevelvoerder van die Honeydew-polisiekantoor, het gesê die eerste aanval is na die triotaakspan verwys. “Dinge moet op die regte manier gedoen word. Omdat die ekskêrel nie as een verdagte geïdentifiseer is nie, kan ons hom nie sommer net gaan arresteer nie. Die saak geniet wel die nodige aandag.”Volgens Moichela ondersoek hulle ook die veiligheidswagte en oudwagte van ’n plaaslike veiligheidsmaatskappy. “Die vermoede bestaan dat die eienaar buitelanders aanstel. Die betaling is egter nie goed nie en kort-kort verander die wagte. Ons vermoed hulle is dalk ook betrokke omdat hulle inwoners van die straat se roetine ken.”

No comments:

Post a Comment