Wednesday, May 5, 2010

Betogers bedaar ná skokgranate


Betogers bedaar ná skokgranate

2010-05-04 23:49


GEEL 2010-hempies wat deur die Mangaung-munisipaliteit bekom en versprei word, is deur ontevrede lede van Samwu aan die brand gesteek.
Foto's · Lesersfoto’s · Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Marietjie Gericke en Karen Ebersohn
Skokgranate, rubberkoeëls en ’n waterkanon is gister voor die Mangaung-munisipaliteit in Bloemfontein gebruik om honderde woedende Samwu-werkers uiteen te jaag wat in opstand is teen beweerde wanbestuur en bedrog deur die munisipale bestuurder.
Die werkers eis die kop van die omstrede stadsbestuurder, mnr. Sandile Msibi, en sy “luitenant”, die ?uitvoerende? direkteur: ??korporatiewe dienste, mnr. Amos Go-liath.
Vyf betogers is beseer toe die polisie teen honderde Samwu-lede opgetree het. Verskeie voertuie van die polisie en inwoners van die stad is beskadig.
In ’n griefskrif wat die Samwu-lede aan die uitvoerende burgemeester, mnr. Playfair Morule, oorhandig het voordat die polisie die stakers voor die Bram Fischer-gebou verwilder het, word gevra dat Msibi en Goliath onmiddellik geskors word.
Die skorsing word geëis hangende ’n forensiese ondersoek wat ingestel moet word oor beweerde korrupsie van miljoene in die munisipaliteit.
Volgens ’n betroubare bron binne die munisipaliteit moes Morule die griefskrif gaan ontvang het omdat Msibi se lewe in gevaar kon wees as hy sy gesig durf wys.
Wanorde het egter losgebars toe die betogers geel 2010-hemde en ander items aan die brand gesteek het nadat die polisie herhaaldelik opdrag gegee het dat die vure geblus moet word.
Die polisie het toe die vuur met ’n waterkanon geblus en verskeie optoggangers papnat gespuit.
Woedende lede het daarna die polisie met bakstene getakel en die polisie het met skokgranate en rubberkoeëls geantwoord.
Betogers het vervaard uitmekaargespat. Gebreekte glas en hopies nat vullis is al wat oorgebly het voordat betogers minute later weer teruggekeer het.
Die korrupsie-bewerings gaan oor:
Die omstrede kontrak met MNK-belastingdienste waaroor Volksblad die laaste weke reeds breedvoerig berig het. Dit sluit in bewerings dat MNK sonder om te tender vir die kontrak aangestel is om BTW namens die munisipaliteit te verhaal wat glo tot einde 2009 nooit geëis is nie. Luidens gerugte is R54miljoen suksesvol geëis in gevalle waar die eise nie geldig was nie. Moontlike ongerymheid moet ook ondersoek word oor die massiewe kommissiestruktuur van 50% wat met MNK beding is;
Die kontrak met Mol/Pro Konsultante, ’n skoonmaakdiens;
Die uitbreiding van Dinatla Konsultante se kontrak om ook nou armlastiges te registreer, nadat hulle aanvanklik – klaarblyklik ook sonder om te tender – aangestel is om namens die munisipaliteit met staatsdepartemente te onderhandel wat die munisipaliteit meer as R30 miljoen aan dienstegeld skuld.
Die aanstelling van TAD-kontrakteurs om glo agtergrondinligting in te samel van aansoekers vir poste;
Die omstrede aanstelling van Nics (New Integrated Collection Systems), ’n Johannesburgse skuldinvorderingsmaatskappy; en)?Volgehoue bewerings dat die geel 2010-hempies wat deur die stadsbestuurder aangekoop is, van ’n maatskappy is waarin ’n amptenaar glo ’n belang het.
Morule het belowe die klagtes sal aandag kry.
Die Vrystaatse voorsitter van Samwu, mnr. Lucky Mongale, het gesê die munisipaliteit het sewe dae om te reageer, anders gaan die vakbond sy lede aanmoedig om die stad tot stilstand te bring.
- Volksblad

No comments:

Post a Comment