Sunday, May 9, 2010

Geen teken dat wiele rol vir De Kock se vrylating


Geen teken dat wiele rol vir De Kock se vrylating

2010-05-08 22:29
Eugene de Kock
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Jan-Jan Joubert in Kaapstad
Vertrouelinge van die apartheidsmisdadiger Eugene de Kock voer aan die wiele is aan die rol om hom uit die tronk te kry.Volgens Rapport se inligting gaan dit nie heeltemal so vinnig gebeur nie en gaan pres. Jacob Zuma eers teen die einde van Junie ’n besluit oor moontlike kwytskelding neem.De Kock was vroeër vanjaar op die randjie van vrylating, maar sedertdien het Zuma in hofstukke laat blyk hy beoog om teen einde Junie ’n finale besluit te neem oor alle gevangenes wat beweer hulle word om politieke redes aangehou.Zuma het in die hofstukke, wat oor ander gevangenes gehandel het, na De Kock verwys as een van die gevangenes oor wie se vrylating hy wil besluit.Sekere prosedures moet egter gevolg word. Teen Vrydag het die departement van justisie nog geen versoek van die presidensie ontvang dat De Kock vir kwytskelding oorweeg behoort te word nie.Mnr. Vincent Magwenya, Zuma se woordvoerder, se antwoord toe Rapport hom gistermiddag bel, het gesinspeel op latere eerder as onmiddellike kwytskelding.“In hierdie stadium het ons nog geen stappe oor die saak gedoen nie. In hierdie stadium is dit net ’n gerug,” het hy gesê.Zuma het De Kock verlede jaar in die tronk besoek. Die regering is begerig om steeds sy kennis van veral die infiltrasie van verregse groepe te gebruik.’n Namibiese afvaardiging het hom ook vroeër vanjaar besoek om hom te verseker hy kan hom gerus in Namibië vestig, soos glo sy wens is, indien hy vrygeskeld word.
- Rapport

No comments:

Post a Comment