Tuesday, May 18, 2010

Al-Kaïda had plan om SA aan te val




Al-Kaïda had plan om SA aan te val


2010-05-17 22:18
Sapa-AFP
Bagdad;


Senior Al-Kaïda-lid het volgens die Irakse regering ’n terreuraanval teen WB 2010 in Suid-Afrika beplan. Genl.maj. Kassim Atta, ’n woordvoerder van die Irakse veiligheidsdienste, het gister op ’n mediakonferensie in Bagdad gesê dié terroris, ’n 30-jarige Saoedi-Arabiër, wat twee weke gelede in hegtenis geneem is, was as deel van die beplanning van sy aanval in verbinding met Ayman al-Zawahiri, Al-Kaïda se onderleier. Hy het nie oor die aanval uitgewei nie. “Abdullah Azzam Saleh Misfar al-Kahtani het deelgeneem aan die beplanning van ’n terreurdaad in Suid-Afrika gedurende die Wêreldbeker(-sokkertoernooi),” het Atta gesê.Hy het gesê dat Kahtani, wat in beheer was van die Al-Kaïda se veiligheid in Bagdad, in kontak was met Zawahiri, Osama bin Laden se adjunk, om die Al-Kaïda-uitgebroeide plan te bespreek.Atta wou nie sê hoe dié inligting bekom is nie.Die Suid-Afrikaanse polisie het in Johannesburg gesê hulle doen navraag oor dié beweerde bedreiging wat in Bagdad aangekondig is.“Die polisie werk nog daaraan om bevestiging te kry,” het maj.genl. Nonkululeko Mbatha, woordvoerder van genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, aan AFP gesê. “Ek weet niks daarvan af nie. Ons is nie geraadpleeg of in kennis gestel nie,” het kol. Vish Naidoo, die nasionale polisiewoordvoerder, aan dieselfde nuusagentskap gesê. “Ons moet Irak bel. Dis die volgende stap,” het hy gesê.Cele het verlede week gesê hy weet van geen veiligheidsbedreiging teen WB 2010, wat op 11 Junie begin, nie.Atta het gesê Kahtani, wat die skuilnaam Sinanal-Saoedi gebruik het, het ’n graad in sake-administrasie en het ook by ’n veiligheidskollege studeer.Hy was meer onlangs betrokke by en het deelgeneem aan ’n reeks gekoördineerde aanvalle teen hotelle in Bagdad in Januarie waarin 36 mense dood is en aan vyf motorbomaanvalle waarin 127 mense in Desember in die Irakse hoofstad omgekom het.Volgens Atta is ’n aantal ander Al-Kaïda-terroriste ook aangekeer, waaronder die Algeriër Tareq Hassel Abdoel Kader wat die netwerk se militêre hoof in die westelike distrik van Bagdad was.

No comments:

Post a Comment