Saturday, May 15, 2010

Prasa gaan al sy treindienste landwyd stop






Nuwe wet kan stokkie voor dié klopjagte steekDie aansoeke om vrywaring van vervolging is een van die grootste dryfvere agter die toenemende klopjagte deur die Mededingingskommissie.

Verwante Artikels
KVBA vergader met Transnet, vakbonde
Stakers wurg wit waks uit Transnet
Stakers veg oor inflasie - Transnet

Johannesburg. - Die Suid-Afrikaanse Passasierspooragentskap (Prasa) gaan al sy treindienste van Maandag stop.

Dié drastiese stap kom nadat die twee vakbonde Satawu en Utatu wat tans vir Transnet met 'n staking lamlê, vir Prasa laat weet het hulle staak ook by die spooragentskap van Maandag af.

Mnr. Lucky Montana, Prasa se uitvoerende hoof sê die besluit om treine te stop is geneem om pendelaars se veiligheid tydens die staking te verseker.
Prasa besit Metrorail wat daagliks 3 miljoen passasiers landswyd in die grootste metropole vervoer.

"Ons onderhandel reeds sedert Oktober 2009 oor loon verhogings en ander diensvoorwaardes en ons kan nie tot 'n gelyk kom nie. Nou gaan die vakbonde staak."

Prasa raai pendelaars aan om alternatiewe opsies vir vervoer te reël.
Prasa se Metrorail-treine loop jaarliks deur onder stakers en pendelaars wat treine brand en beskadig omrede dienste omtwrig word.

No comments:

Post a Comment