Wednesday, May 26, 2010

4 van polisie vas na 98 wapens uit stoor wegraak




4 van polisie vas ná 98 wapens uit stoor wegraak

2010-05-26 00:21
Dries Liebenberg
Durban. – Vuurwapens wat vrywillig deur die publiek by die polisie ingehandig is, het uit ’n polisiestoor verdwyn.Die Valke het twee polisiebeamptes en twee klerke van die Inanda-polisiekantoor in hegtenis geneem nadat 98 vuurwapens sedert einde verlede jaar uit die stoor vir bewysstukke vermis geraak het. Minstens een van dié vuurwapens is glo aan ’n vermeende misdadiger verkoop, het brig. Phindile Radebe, polisiewoordvoerder, gesê. Die verdwyning van die vuurwapens het tydens ’n voorraadopname aan die lig gekom. Vuurwapens waarop die polisie in ondersoeke beslag gelê het, sowel as vuurwapens wat die publiek ingehandig het vir vernietiging, is in die stoor gehou. Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, KwaZulu-Natalse polisiehoof, het ’n Valke-taakspan in die lewe geroep om die saak te ondersoek toe dit eergister onder haar aandag gebring is.’n Klerk wat by die stoor werk en ’n adjudant-offisier (50) wat in die aanklagkantoor werk, is eergister op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en diefstal in hegtenis geneem.’n Man wat in verband met ’n ander misdaad in hegtenis geneem is, het aan die polisie gesê iemand van dié polisiekantoor het einde verlede jaar ’n vuurwapen aan hom verkoop, het Radebe gesê. Gister is nog ’n polisiebeampte en ’n klerk in hegtenis geneem. Die vermiste wapens moet nog opgespoor word. Volgens Radebe word nog arrestasies verwag.




Blouligbende kaap skoolbus in Pretoria; twee gearresteer
Twee vermeende kapers wat hulself glo as polisielede voorgedoen het, is eergister, binne ’n uur nadat hulle glo ’n bussie van die Hoërskool Gerrit Maritz in Pretoria-Noord gekaap het, in Atteridgeville vasgetrek.
Leeus al hoe skaarser
Leeus se getalle drasties afgeneem en beskou die Wêreldbewaringsunie (IUCN) die leeu as kwesbaar.

Kommentaar
Lewis hoor sy ‘sterf’ nadat sy seun aflaai
Koeël mis Ryk se ma toe 3 op huis toeslaan
Verkragter vry oor woord
Staal tref vrou: ‘Ek het Here se hand vasgehou’
Lyk in mat toegerol in mangat gekry
Staal tref vrou: ‘Ek het Here se hand vasgehou’
‘Eendag in Boerland’
Paar sien hoe skiet skurke wag dood
Olifante borrel van die dors by lodge
Vermoor vir niks
Jy sal siek word as jy ANC los, sê Zuma
Nie net maanskyn en rose vir dokters
‘SA paaie val uitmekaar’
Blou Soweto vir amaBulls!
Wat dink jy?

No comments:

Post a Comment