Thursday, May 13, 2010

Al wat oorbly




Al wat oorbly


2010-05-12 23:19
Die Nederlandse seun wat die enigste oorlewende is in ’n hospitaal in Tripoli.
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Verwante skakels
‘Waar is SA man?’ wil Libiese sakevennote weet
Harde slag toe tuig met SA mense val
Vriendin wou hê sy moes aanbly, maar sy wou terug
Virginia Keppler
‘Wrakstukke en lyke het oor sowat 800?m versprei gelê. Daar was geen lewe nie.“Dit was nie ’n mooi gesig nie, want dit was kollegas en vriende en mense wat ons geken het.”So het mnr. Juan Wolmarans, een van die eerste mense op die toneel waar minstens ses Suid-Afrikaners gisteroggend in ’n vliegramp in Libië omgekom het, gesê.Die Airbus waarmee hulle van Suid-Afrika na Libië gevlieg het, het naby die Libiese hoofstad, Tripoli, neergestort.103 mense het omgekom. Die meeste van hulle was Nederlandse toeriste wat van Suid-Afrika op pad Europa toe was. ’n Agt­jarige Nederlandse seun het die ramp wonderbaarlik oorleef.Vlug 8U771 van die Libiese lugdiens Afriqiyah Airways het omstreeks 06:00 neergestort net voordat hy in Tripoli sou land. Die Airbus A330-200 se vlieënier het volgens ’n Libiese koerant voor die ongeluk aan die beheertoring gesê hulle ondervind probleme.Volgens Wolmarans (36), bedryfsbestuurder van Global Aviation in Tripoli, het hy ’n kollega op die vlug, me. Cathrine Tillett, ingewag.“Die vliegtuig het die grond sowat ’n kilometer van aanloopbaan 9 af getref. Hy het toe bome, verskeie geboue en voertuie getref.”Volgens hom was die weer baie sleg.“Die sig was swak. Toe ek op die toneel kom, was die vliegtuig se stert die enigste deel wat nog herkenbaar was. Wrakstukke het oral gelê. Dit was ’n gru-­toneel.” Onder die Suid-Afrikaanse slagoffers is mnr. Frans Dreyer (50), ’n sakeman van Menlopark, Pretoria, en broer van die DA-LP me. Anchen Dreyer.Dreyer was in die parlement toe sy die oproep ontvang het dat haar broer in ’n vliegongeluk was. Sy het inderhaas ’n vliegtuig na Gauteng gehaal om haar broer se gesin te gaan bystaan. Mnr. Robert Eduard Weber (41), ’n werknemer van die ingenieursfirma BKS Global, was ook in die vliegtuig. Sy kollegas het hom op die lughawe in Tripoli ingewag toe hulle “’n harde slag hoor”.Weber was op pad terug na Libië nadat hy ’n week by sy gesin in Roodepoort deurgebring het. Tillett (44), ’n lugvaart-opleidingsbeampte van Global Avia-tion in Johannesburg, het gesterf saam met twee van haar oudkollegas wat onlangs afgetree het – mnr. Norbert Taferner en sy vrou, Paula.Volgens die maatskappy AirQuarius het een van sy senior bestuurders ook omgekom. Mnr. Michael Goodwin, maatskappywoordvoerder, het gesê die man was van Johannesburg, maar hy wou nie nadere besonderhede bekend maak nie.Die Airbus het eergisteraand om 21:30 van Johannesburg vertrek. Dié lugdiens is gewild as transito-lugdiens van Suid-Afrika na Europese stede soos Londen.Daar was 93 passasiers en 11 bemanningslede aan boord. Dit sluit 62 Nederlanders in, onder wie die seun wat gered is. Hy is met kopbeserings en beenbreuke in ’n stabiele toestand in ’n hospitaal opgeneem.13 van die passasiers was Libiërs, twee Duitsers, een ’n Zimbabwiër, een ’n Filippyn en een ’n Brit.Die Nederlanders was in twee toergroepe wat na onderskeidelik Düsseldorf en Brussel op pad was. Mnr. Mohammed Ali Zidan, Libiese minister van vervoer, het die moontlikheid van terroristebetrokkenheid by die ramp uitgesluit, berig AP.Die vlugopnemers is gistermiddag tussen die wrakstukke gevind.

No comments:

Post a Comment