Saturday, May 8, 2010

Brugboewe se klip eis jong pa



Brugboewe se klip eis jong pa

2010-05-07 21:55


Dis waar mnr. Gideon Ehlers in Pretoriastraat gery het toe ’n reuse-klip van die brug op sy motor gegooi is. Hy is op slag dood. Foto: Lisa Hnatowicz
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Verwante skakels
'Uitswaai red my lewe'
Amanda Roestoff
’n “Geniale” ingenieur van Centurion, die pa van twee seuns, is gister dood toe ’n klip “so groot soos ’n wiel” van ’n brug in Pretoria op sy motor gegooi is.Dit kom net ’n dag nadat ’n 21-jarige sjef ’n soortgelyke dood in dieselfde omgewing net-net vrygespring het.In die jongste voorval was mnr. Gideon Ehlers (39), ’n sand-en-klip-ingenieur van Drift Super Sand in Muldersdrift, gister omstreeks 01:00 in Pretoriastraat na die hoofweg op pad. Hy was die aand uit saam met ’n vriend, mnr. Riaan Redelinghuys, en mnr. Jannie Homan, ’n direkteur van Drift Super Sand.Mev. Elzaan Ehlers het gesê haar man is op slag dood toe ’n klip hom teen die borskas getref het. “Ek het hom nog teen so 00:15 gebel. “Toe was hy nog op pad. Die volgende oomblik, so teen 01:00, het ek ’n oproep van my broer gekry om te sê hy (haar man) is dood.” Ehlers was alleen in die voertuig. Konst. Portia Maleka, polisiewoordvoerder, het bevestig die voorval het omstreeks 01:00 onder ’n brug in Pretoriastraat plaasgevind. “?’n Moorddossier is vir verdere ondersoek geopen.”Mev. Ehlers het in trane gesê: “Ek weet nie wat in die land aangaan nie, maar hy het niks gedoen nie. Hulle (die regering) beter nou iets doen!” Woensdag omstreeks 23:45 was mnr. Brian Engelbrecht (21), ’n sjef van Ndlovu Lodge, in ’n westelike rigting op die N4 op pad huis toe, toe hy die klip van die brug net voor die N1-wisselaar sien val. Engelbrecht het uitgeswenk, maar die klip het die passasierskant van sy VW Polo getref. Sy voorruit, kopstut en paneelkissie is in die aanval verwoes. Engelbrecht het ’n saak van kwaadwillige saakbeskadiging aanhangig gemaak. In ’n derde voorval sowat ’n week gelede het mnr. Gabriel Barnard (24), ’n gimnasium-instrukteur, omstreeks 23:45 in Kerkstraat langs die N4-hoofweg afgery toe hy iets hoor “ontplof”, berig Tracy-Lee Davis. Barnard het gesê ’n klip het op sy agterste sitplek beland, maar hy het eers enkele meters daarvandaan stilgehou. Hy het later in Silverton by ’n verkeerskruising teen ’n VW Polo gebots. Vir die Ehlers-gesin sal die plek van ’n eggenote en pa altyd leeg wees. “Hy sal beslis baie gemis word,” het sy vrou gesê. Hy word oorleef deur sy vrou en twee seuns, Robbie (17) en Taylor (6).’n Roudiens word oormôre om 14:00 by sy werkplek gehou.
( Beeld )

No comments:

Post a Comment