Sunday, May 9, 2010

Boer vry wat 4 onwettiges op plaas vang











Boer vry wat 4 onwettiges op plaas vang




2010-05-07

Verwante skakels
KZN-boer wreed aangeval
Ventersdorp-boer aangeval op plaas
Boer van duisende rande beroof
Charles Smith
’n Boer van die De Wildt-omgewing naby Brits wat in hegtenis geneem is omdat hy onwettige immigrante aangekeer het, is vrygespreek.Chris Louw, ontslape joernalis wat ook inwoner van dié gebied naby die Hartbeespoortdam was, se berig oor mnr. Gerhard Short (42) se inhegtenisneming het destyds wyd ontsteltenis veroorsaak. Daarin is gemeld dat ’n polisielid gesê het: “Vandag gaan ons ’n Boer aankeer.” Short het gesê die lede van die gemeenskap het 148 sake by die Mmakau-polisiekantoor aangemeld waar die oortreders op heter daad betrap is, maar nie een is aangekla nie. Toe hy op 7 September verlede jaar vier onwettige immigrante (daar is eers vermoed hulle was Zimbabwiërs, maar dit het nou geblyk hulle is van Mosambiek) op ’n serwituutpad naby sy huis aangekeer het, het sy vrou die polisiekantoor 13 keer probeer bel, sonder sukses.Volgens die polisie is skote geskiet en het Short se hond van die mense gebyt toe hulle wou vlug. Short is self gebyt toe hy die hond probeer keer het. Hy het klagte teen die mans ingedien, maar is die middag deur minstens 30 polisielede in ses voertuie by sy huis gekonfronteer nadat die onwettige immigrante klagte van aanranding en poging tot moord teen hom ingedien het.Short is aangekla, die nag in ’n polisiesel aangehou en die volgende dag deur die Brits-landdroshof op borgtog van R3 000 vrygelaat. Die laaste aanklagte is pas deur die hof uitgegooi nadat die klaers nie opgedaag het nie. - BeeldVolg Beeld op Twitter
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: plaasaanvalle

No comments:

Post a Comment