Friday, May 14, 2010

Nóg drie verdagtes vas oor plofstof


Nóg drie verdagtes vas oor plofstof
2010-05-14 16:03
Verwante skakels
Vier vas oor plofstof
AWB reageer met woede ná plofstof-sage
Man vas oor vuurwapens, ammunisie
Johannesburg - Nog drie verdagtes is in verband met die ontdekking van meer as twee ton kommersiële plofstof by 'n huis in South Hills, Johannesburg, vasgetrek.Lt. kol. Lungelo Dlamini het gesê die mans, almal buitelanders, is vroeg Vrydagoggend in Springs aan die Oos-Rand en in Benrose in hegtenis geneem.Die polisie het die kommersiële plofstof op 30 April by ‘n huis in South Hill in die suide van Johannesburg gevind.Hulle het ‘n 18-jarige vrou en ‘n man (22) op die toneel in hegtenis geneem.Dit bring die aantal verdagtes wat vermoedelik met die vonds verbind kan word, op vyf te staan.Daar word vermoed dat die plofstof by 'n depot in City Deep gesteel is om OTM-masjiene op te blaas.Die polisie is vol vertroue dat nog mense in hegtenis geneem sal word.Hulle sal na verwagting in die Johannesburgse landdroshof verskyn.Die twee ander verdagtes het reeds in die hof verskyn. Hulle saak is tot die 18de Mei uitgestel.-SapaVolg Nuus24 op Twitter.
Lees meer oor: terrorisme plofstof

No comments:

Post a Comment