Saturday, May 8, 2010











Nóg een in Pta-buurt vermoor




2010-05-07 21:55

Mnr. Johan Swiegers vee trane af terwyl hy oor sy vermoorde vriend praat.Foto: Jaco Marais
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Verwante skakels
Vrou in koma sedert sy in hoewe-aanval geskiet is
80-jarige geskiet vir klein radio, selfoon
Seun sterf vir rekenaar
Hilda Fourie
Rowers het gister nóg ’n inwoner van die misdaadgeteisterde Kameeldrift, noordoos van Pretoria, doodgeskiet – die derde skietvoorval in ’n maand in dié gebied. Mnr. Theunis Pelser (66) se vrou, Zelma (67), het oomblikke voordat hy sy laaste asem uitgeblaas het nog by hom gepleit om te lewe. “Jy kan dit nie aan my doen nie,” het sy aan haar man gesê.Ernst Hoon (18), ’n matriekseun, is op 6 April in Leeuwfontein, ’n hoewegebied in Kameeldrift, deur sy slaapkamervenster doodgeskiet. Mev. Suna Steenberg (45) is steeds in ’n koma nadat sy op 16 April in Kameelfontein deur misdadigers in die kop geskiet is.Mnr. Johan Swiegers (55), eienaar van J&B Sugars in Kameeldrift waar Pelser as ’n vragmotorbestuurder gewerk het, het gister gesukkel om die trane te keer terwyl hy vertel het van die moord op sy vriend.’n Netjies geklede man het omstreeks 07:15 by die onderneming opgedaag en gesê hy wil suiker koop.Swiegers het aan Pelser gesê om in die kantoor vir die man ’n faktuur uit te skryf. Dié kantoor grens aan Swiegers se huis. Pelser en die man is toe in die kantoor in.Swiegers het ’n ander man by sy kombuisdeur opgemerk wat gesê het hy soek werk. ’n Derde man, wat gesê het hy is daar saam met die man wat suiker wil koop, het ook daar rondgestaan.Swiegers het in sy kamer gaan oogdruppels ingooi toe hy stampgeluide hoor. Terug in die sitkamer het hy drie mans gesien wat vuurwapens op Pelser en nog ’n werker, wat net as Themba bekend staan, rig.Die mans het Swiegers aangesê om op die grond te lê en toe geld geëis. Een van die mans het Swiegers teen die nek geskop.Swiegers het gesê hy sal die geld gaan haal.Swiegers het opgestaan terwyl ’n vuurwapen heeltyd op hom gerig is. “Ek het nie geweet Theunis staan agter my met ’n rewolwer teen die kop nie,” het Swiegers gesê.“Ek het die noodknoppie gedruk. Met dié het ek die ou se vuurwapen opgekap. ’n Skoot het afgegaan en ek het weggeruk.Ek is skrams op die vinger getref.“Dis toe dat ek Theunis sien val. Hy is in die bors getref. Hy het net ‘eina, eina, eina’ gesê.“Daardie skoot was nie vir hom nie. Dit was vir my bedoel. Ek moes dood gewees het.”Volgens Swiegers het die drie mans in die wit Mazda-dubbelkajuitvoertuig waarmee hulle gekom het, gevlug. Niks is geroof nie.Swiegers het mev. Pelser, wat in die huis langsaan was, geroep en die polisie en die ambulansdienste gebel.Pelser is sowat ’n halfuur later dood – met Swiegers en mev. Pelser langs hom.“Toe ek aan Zelma sê Theunis is geskiet, het sy net gesê: ‘Dit kan nie wees nie, dit kan nie wees nie.’ Sy het by hom gaan sit en aan hom gesê: ‘Jy kan dit nie aan my doen nie.’” Benewens sy vrou laat Pelser drie kinders, Karen (45), Riaan (43) en Anita (39), agter. Konst. Portia Maleka, polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog in verband met die moord op Pelser vasgetrek nie.

No comments:

Post a Comment