Thursday, October 21, 2010

Meer as 10000 soldate nog nie betaal vir hul WB-diens


Meer as 10000 soldate nog nie betaal vir hul WB-diens
2010-10-21 03:59
Erika Gibson

Pretoria - Die deurmekaarspul met die betaling van soldate vir hul diens tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi raak al erger.

Die weermag gee ondanks herhaalde navrae geen antwoorde oor die uitbetaling van nagenoeg R242miljoen aan spesiale toelaes nie. Die meer as 10000 soldate wag steeds vir hul geld nadat die polisie verlede maand reeds hul toelaes ontvang het.

Die ministerie van verdediging het kort voor die toernooi aangekondig dat soldate dieselfde verhoogde unieke toelaes as hul eweknieë in die polisie sal ontvang, oftewel R720 per dag.

Dit sou ’n ongerieftoelae van R80 per dag ingesluit het. In die meeste gevalle is dié ongerieftoelae vooruit aan soldate uitbetaal.

Daar is intussen vasgestel dat die bedrag sedertdien tot R560 per dag verminder is en dat die R80 per dag, wat vooruitbetaal is, nou ook van soldate se salarisse verhaal gaan word.

Vir ’n junior soldaat, wat verwag het om sowat R31000 vir tussen 44 en 52 dae aan toelaes te verdien, beteken dit nagenoeg R8000 minder, terwyl belasting ook nog op die toelaes verhaal moet word.

Na verneem word is die vertraging met die uitbetaling deels aan ’n begrotingstekort te wyte. Terselfdertyd moes naamlyste eers geoudit word. Dié oudit is intussen afgehandel, maar die uitbetalings sal waarskynlik op die vroegste eers in November op soldate se salarisstrokies verskyn.

Die weermag se totale uitgawes vir die WB-toernooi het sowat R365miljoen beloop, terwyl hy slegs R200miljoen bykomend tot sy begroting ontvang het. Die res van die geld moes elders op die begroting gevind word.

Soldate het reeds met protesoptrede gedreig as die toelaes nie gou uitbetaal word nie.


- Die Burger

Sunday, October 17, 2010

Rhino poachers strike in N West


Rhino poachers strike in N West
2010-10-17 18:46



Related Links
Rhinos: More 'Groenewald gang' arrests
Fears of canned rhino hunting
Rhino case struck off roll

Johannesburg - A white rhino has been poached in the Borakalalo National Park near Brits, the head of counter-poaching in North West said on Sunday.

"The carcass was found today (Sunday). We're not sure when it was killed," said Rusty Hustler.


The rhino's horn was taken.

Hustler said he would be going to Borakalalo on Monday to investigate the poaching along with a ballistics team.

More than 200 rhinos have been killed by poachers this year, compared to 122 the whole of last year.


- SAPA


Read more on: poaching | mafikeng

Biggest cover-up in SA - DA


Biggest cover-up in SA - DA
2010-10-17 14:41




Related Links
Last parts of arms deal probe closed
Dramat questions pursuing arms probe
Arms deal created 26 000 jobs


Johannesburg - The Democratic Alliance said on Sunday it would ask the chairperson of the Standing Committee on Public Accounts, Themba Godi, for an urgent special hearing into the termination of the investigation into the arms deal.

"They need to explain why the investigation into corruption in the arms deal was closed," the DA's David Maynier and Independent Democrats leader Patricia de Lille said in a joint statement.

The DA wanted General Anwar Dramat, the head of the Hawks, and Menzi Simelane, head of the National Prosecuting Authority, to be at the special hearing.

The DA said that advocate Glynnis Breytenbach, head of the Special Commercial Crimes Unit, should also be there to "explain the progress made with requests for mutual legal assistance to foreign countries which may assist in the investigation into the arms deal".

In the statement the DA said it believed that the decision by Dramat to close the arms deal investigation was "part of the biggest cover-up of corruption in the history of South Africa".

The DA's response came after the last two "legs" of the investigation into the arms deal were closed, the Mail & Guardian reported on Friday.

The report said that while elements of the criminal justice system were still pursuing leads, it appeared that with the main investigative capacity shut down, these efforts stood little chance of success.

The DA said the Hawks knew arms deal corruption went all the way to the highest levels of government and by closing the investigation they had effectively "let some very big political fish off the hook".

"The fact is that we cannot stand by and let the biggest corruption scandal in the history of our country be buried by the Hawks."


- SAPA


Read more on: da | anwar dramat | patricia de lille

Saturday, October 9, 2010

Polisielid dobbel R150 000 op ’n slag uit, hoor die hof







Polisielid dobbel R150 000 op ’n slag uit, hoor die hof
2010-10-08 22:04
Artikelopsies
Amanda Roestoff
’n Polisieman wat in die hooggeregshof in Johannesburg op 13 aanklagte teregstaan, het by een geleentheid R150 000 in ’n casino uitgedobbel en net R5 568 gewen.

Dié getuienis van mnr. Clement Khumalo, ’n werknemer van die Gold Reef City-casino, is gister deur dié polisieman ontken.

Adv. Nardus Grové, vir lt.kol. Dumisani Jwara, kapt. Victor Mpho Jwili en ao. Rasheki Lan-dro Makgosani, almal geskorste lede van die Wes-Randse eenheid teen georganiseerde misdaad, het gesê Makgosani stem nie saam met Khumalo se getuienis dat hy in Oktober 2007 in dié casino begin dobbel het nie.

“Hy dobbel al jare lank en het nie eers in Oktober 2007 begin dobbel nie,” het Grové gesê.

Die drie mans staan tereg op aanklagte wat wissel van regsverydeling, diefstal, bedrog, dwelmhandel, dwarsboming van die gereg en aanklagte wat verband hou met die bedryf en bestuur van ’n onderneming wat op ’n patroon van afpersing dui.

’n Vierde beskuldigde, kapt. Caiphius Sakhephi Shange (43), is in Julie 2009 in polisie-aanhouding dood.

“Ons het net besonderhede van hom (Makgosani) in die stelsel,” het Khumalo voor regter Nico Coetzee getuig.

“As iemand anoniem wil bly, kan hy van die muntstuk-stelsel gebruik maak,” het Khumalo gesê toe hy getuig het Makgosani het op 17 Oktober 2007 by die casino vir ’n dobbelkaart geregistreer. Hulle word juis daarvan beskuldig dat hulle in daardie maand dwelms op die O.R. Tambo-lughawe gekonfiskeer het om aan dwelmhandelaars te verkoop.

Adv. Michelle Bayat, die aanklaer, het ook die getuienis van mnr. Ronald Mbedzi, ’n werknemer van die Silverstar Casino buite Krugersdorp. gelei.

Mbedzi het getuig Makgosani het by een geleentheid tot R79 000 verloor.

Grové het tydens kruisondervraging aan Mbedzi gesê Ma-kgosani ontken dit en “kan onthou dat hy in ’n stadium tot R24 000 gewen het, wat nie op die casino se rekord weerspieël word nie”.

Mbedzi het volgehou die casino se rekord “weerspieël alles ... van die eerste dag dat hy begin dobbel het tot die laaste dag dat hy by ons was”.

Die verhoor word Maandag voortgesit. Al drie beskuldigdes is uit op borgtog. Al drie is sonder betaling geskors.

( Beeld )

7 rowers afgemaai


7 rowers afgemaai
2010-10-08 21:45
Artikelopsies
Vier vermeende transitorowers is uit dié Nissan Tiida geslinger toe dit tydens ’n skietgeveg met die polisie gerol het. Foto: Die Zoutpansberger


Jinine Botha
Die polisie het sewe mans wat vermoedelik op pad was om ’n transitorooftog uit te voer gisteroggend in die noorde van Limpopo doodgeskiet.

Twee polisielede is in die skietgeveg gewond.

Talle koeëldoppies het tussen die vermeende transitorowers se lyke, met klapmusse en wolhandskoene aan, op die stil teerpad sowat 30 km van Louis Trichardt gelê.

Lt.kol. Ronél Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het inligting oor ’n beplande transitorooftog ontvang.

Daarna het beamptes die rowers op strategiese plekke op die Elim-pad, sowat 3 km van die N1, ingewag. Nadat die gepantserde geldwa veilig verby die polisielede op die pad gery het, het die drie voertuie – ’n Volvo, BMW en Nissan Tiida – waarvoor die polisie op die uitkyk was, daar verbygekom.

“Polisielede wou die voertuie stop toe die verdagtes skielik skote in die polisie se rigting afvuur,” het Otto gesê.

Die vermeende rowers het probeer vlug en in ’n oor-en-weer-skietery met die polisie betrokke geraak.

“Tydens die skietery het die Nissan gerol.

“Twee van die verdagtes het op die pad uitgeval waarna die Nissan langs die pad tot stilstand gekom het.

“’n Derde verdagte is doodgeskiet terwyl hy te voet probeer ontsnap het nadat die voertuig tot stilstand gekom het.”

Die vierde man is ook uit dié motor geslinger.

Nooddiensbeamptes het hom daar behandel.

“Hy is later met ernstige beserings na die naaste staatshospitaal geneem.”

Polisielede het die BMW sowat 1 km van die Tiida tot stilstand gedwing. Al vier insittendes is doodgeskiet.

“Ons vermoed dat nog vier rowers tydens die skietery in die Volvo ontsnap het,” het Otto gesê.

Een polisielid is tydens die skietgeveg in die been gewond en een in die arm.

Volgens Otto is vyf vuurwapens teen gistermiddag op die toneel gevind.

“Daar is ook hoekslypers en gasbottels in die verdagtes se voertuie ontdek.”

Genl.maj. Christine Mgwenya, waarnemende nasionale polisiehoof, het die polisielede geloof vir hul flink optrede om dié potensiële misdadigers te stuit.

Só loop transitorowers deur


8 November 2009: Die polisie skiet sewe ge­wapende mans by ’n veiligheidsmaatskappy se geld­de­pot in Polokwane dood nadat hulle ’n wenk oor die beplande misdaad gekry het.
22 November 2007: Vier vermeende transitorowers en ’n polisieman sterf toe nege rowers ’n Coin-geldwa naby Eeufeesweg in Pretoria wil beroof.
13 Desember 2007: Die polisie skiet 11 transi­torowers

Wednesday, October 6, 2010

Polisie kla oor minder dae rus, moeiliker siekteverlof


Polisie kla oor minder dae rus, moeiliker siekteverlof
2010-10-06 00:20
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Gloria Edwards
Dis moeiliker om siekteverlof te kry, hul rusdae word verminder en hulle sal gearresteer word as daar ’n rooftog in hul gebied is.

Dit is van die klagtes van Johannesburgse polisiebeamptes wat deur die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) bekyk word.

Mnr. Alfred Tlou, onderhandelingsbeampte van Sapu, het gister bevestig hulle het bewerings van “onverdraagsame werkomstandighede” van beamptes “by verskeie polisiekantore in Johannesburg” ontvang.

Dié veranderings is sedert die aanstelling van die nuwe Gautengse polisiehoof, lt.genl. Mzwandile Petros, volgens beamptes “onregverdig en onregmatig” in werking gestel.

Verskeie senior polisiebeamptes van die Johannesburg-Sentraal-polisiekantoor het ook by Beeld gekla oor rusdae wat glo onregmatig verminder is en skofruilveranderings wat beamptes glo op straat gestrand laat.

Volgens Tlou het Sapu verlede week ’n spesiale vergadering oor die bewerings gehou en die unie sal binnekort met Petros vergader.

Die beamptes beweer hulle is meegedeel “indien ons nie met dié veranderings tevrede is nie, ons moet bedank”. “As ons siekteverlof wil neem, moet ons eers ingaan kantoor toe, al het jy ’n doktersbrief, dan sal die base (bevelvoerders) besluit of ons wél siek is.”

Veranderings aan werkure is glo strydig met arbeidswetgewing en die polisie se beleid oor werkure.

“Ons kry net twee rusdae in twee weke,” het ’n beampte gesê.

Skofruiling moet nou glo op straat plaasvind. “Die lede aan diens neem die voertuig oor, so die lede wat van diens gaan, moet self by die kantoor of huis uitkom,” het nog ’n beampte gesê.

Die beamptes beweer hulle word ook gedreig dat hulle sélf in hegtenis geneem sal word indien daar ’n gewapende rooftog plaasvind in die gebied waar hulle aan diens was.

Dié beamptes meen Petros, wat onlangs gesê het daar is geen plek vir korrupte of lui polisiebeamptes nie, het goeie bedoelings.

“Dis die stasiebevelvoerders wat nie weet hoe om sy nuwe plan te hanteer nie. Nou word daar onregverdige druk op lede geplaas,” het ’n vrouelid gesê.

Intussen het verskeie Pretoriase polisielede gesê Petros se nuwe werkbeleid word misverstaan, berig Hilda Fourie.

“Die siekteverlofkwessie gaan oor kansvatters wat beter bestuur moet word. Petros se bedoeling is dat skofruiling so vinnig moontlik plaasvind. Tydens skofruilings is minder polisielede op straat en misdadigers waag dan hul kans,” het ’n senior polisielid gesê.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die bewerings word bekyk.

( Beeld )

Tuesday, October 5, 2010

32 Bataljon was geréken en ‘Big Daddy’ steeds gerespekteer


Bataljon 32 Bataljon was geréken en ‘Big Daddy’ steeds gerespekteer
deur Nicie van Rensburg van Rustenburg
2010-10-03 21:56

Na aanleiding van Piet Swanepoel se nydige brief oor 32 Bataljon, “32 Bataljon die wêreld se beste? Sê wie?” (Saterdag, 2 Oktober), net die volgende:

In daardie stadium was dit die enigste konvensionele oorlog ter wêreld.

Jou doeltreffendheid word bereken deur die getal van jou eie magte en die vyand wat sterf.

Die statistieke van 32 Bataljon is daar om sy doeltreffendheid te staaf as jy net die moeite wil doen om dit te lees. “32” was gevrees onder die vyand.

Natuurlik was hulle terroriste – hulle het terrorisme ook met teeninsurgensie bekamp en was uiters suksesvol in die uitvoering en vertraging van die Kubane en die Angolese.

Hulle was nooit ’n konvensionele mag nie en het byvoorbeeld nie pantser- (tenks) en ander konvensionele eenhede aan hulle afgedeel gehad nie.

Dit was nooit hul taak om konven­sioneel te wees nie.

Die skrywer probeer “32” afkraak deur ook na hulle te verwys as strydig met internasionale riglyne.

Hy begryp duidelik nie wat die rol van “32” was nie.

Die “ratte” waarna die skrywer verwys om behoorlik te funksioneer, was ook nie vir “32” altyd daar nie.

Lees maar oor die gesukkel om wapens en logistiek – ook met die afvoer van verliese – te bekom.

Hulle het totaal onder ’n dekmantel gewerk.

Ek verstaan nie die skrywer se verdakmaking van “Big Daddy” nie.

Doen die moeite en lees Die Buffel Struikel oor “32”.

Die skrywer lewer geen nuwe bydrae nie, maar maak net verdag.

Waarna hy verwys, is vervat in die boek.

As hy die moeite wil doen om die bevelvoerder te diskrediteer is hy op gevaarlike terrein.

Piet Swanepoel kan gerus met genls. Magnus Malan, Jannie Geldenhuys, George Meiring ens. praat voordat hy sulke onbedagte stellings opper.

“Big Daddy” het ’n verlaging in rang aanvaar en as kaptein by “32” aangekom.

Hy het sy strepe in die bos verdien en uiteindelik tot bevelvoerder gevorder – en dit vanuit ’n kommando!

In die wêreld van wetenskap word jy gereken op wat kollegas van jou navorsing dink.

Dit is nie toevallig dat “Big Daddy” deur huidige Swapo-generaals genader is om saam met hulle ’n boek oor die Grensoorlog te skryf nie.

Hy is vandag welkom in hul huise in Windhoek.

As dit nie respek is van ’n mede-soldaat nie, weet ek nie wat is nie.

Ek was in die pantser en nie “32” nie, maar “Big Daddy” mag maar op sy “high horse” sit; hy is deur sy troepe en medesoldate daar gesit.

( Beeld )

Hoogverraad-aanklag kom dalk


Hoogverraad-aanklag kom dalk
2010-10-05

Oud-kmdt. Willem Ratte (62) en sy nege medeverdagtes kan moontlik van hoogverraad aangekla word, hoewel die staat in ’n verklaring sê ’n misdaad “is nog nie gepleeg nie”.

Die tien mans se regspan het gister ’n dringende aansoek in die hooggeregshof in Pretoria gebring vir hul vrylating en die staat het dit teengestaan.

Regter George Webster lewer môreoggend uitspraak.

Die tien sê hulle is deur die polisie ontvoer en onregmatig en sonder lasbriewe gearresteer.

Hulle is Donderdag van die plaas Eenzaamheid by Balmoral na die Witbank-polisieselle geneem. Ao. Julius Mahlangu, die arresterende beampte, sê in ’n verklaring voor die hof hulle is gearresteer vir “besit van dagga, 5 516 patrone van verskillende soorte vuurwapens en vuurwapens wat semi-outomatiese vuurwapens insluit, met die moontlikheid van bykomende klagte teen hulle”.

Hy lys 12 wapens in sy verklaring.

Volgens dié lys behoort een van die gewere aan mev. Leandri du Plessis van Polokwane en een aan mnr. Lohan Reyneke van Kaapstad.

’n Hond het die polisie gelei na ’n dam “waarin ’n daggaplantasie gevind is”.

“Die rede vir (die mans) se arrestasie is nie terrorisme nie en nie een van hulle is van terrorisme aangekla nie. Met finalisering van die ondersoek kan hulle van hoogverraad aangekla word.”

Mahlangu sê as die tien se aansoek toegestaan word, sal die staat se veiligheid in gevaar wees en is daar “enorme getuienis vir die
rede” vir hul arrestasie.

Hy sê hy het inligting ontvang van ’n informant dat mense militêre opleiding kry op ’n plaas by Balmoral “en dat hulle beplan om die regering omver te werp”.

Mahlangu sê “dit moet ook genoteer word dat die misdaad nog nie gepleeg is nie, maar ek het inligting ontvang dat ’n onwettige aktiwiteit op die plaas plaasvind”.

Adv. Johan van Wyk, namens die tien, het in die hof gesê ’n dringende aansoek is die enigste uitweg. ’n Aansoek om borgtog is nie ’n uitweg nie. Hy het gesê militêre opleiding is nie ’n misdaad nie, “veral as jy nie weet wat die aard daarvan is nie”.

Oor die bewering van ’n plan om die regering omver te werp, het hy gesê ’n blote voorneme om dit te doen, stel nie misdaadpleging daar nie.

Daar is geen aanduiding van wie by so ’n plan betrokke is en vir waar en wanneer ’n sameswering sou wees nie.

Van Wyk het gesê vyf van die 12 wapens op die lys is windbukse en twee swartkruitwapens waarvoor lisensies nie nodig is nie.
Ratte het in ’n verklaring gesê: “Ek staan verstom oor die bewering dat die staat se veiligheid enigsins ter sprake kom.”

( Beeld )

Monday, October 4, 2010

Ratte detention illegal - lawyer

Ratte detention illegal - lawyer
2010-10-04 14:15

Related Links
Ratte lawyer: Application refused
Ratte, 10 others arrested


Johannesburg - The lawyer for right-winger Willem Ratte and nine others arrested on weapons charges will make an urgent court application for their release on Monday, arguing that their detentions are illegal.

"It was an illegal detention, they were not arrested lawfully," said Daan Mostert.

They were arrested on a farm in Balmoral, Mpumalanga, on Thursday on charges of being in possession of illegal weapons.

Ratte, a soldier with the Rhodesian army and the apartheid-era South African Defence Force, has already served four years in jail after being found guilty of sabotage in 2001 - in relation to a 1997 break-in at the Pomfret military base in the Northern Cape.

Mostert said their urgent application would be heard in the North Gauteng High Court in Pretoria at 14:00.

'Internal Boer refugees'

Meanwhile, the group appeared in the Witbank Magistrate's Court on Monday morning, and the case was postponed to October 11 for a bail hearing, said police spokesperson Captain Leonard Hlathi.

Mostert had unsuccessfully tried to make the application for their release on Saturday. They also allegedly had a number of different uniforms in their possession, he said.

Hlathi did not have their names immediately available, but Beeld newspaper reported on Saturday they were: Eugene Becker, 48, Justin Schoeman, 18, Günther Kotze, 32, Corné de Beer, 22, Petrus Visser, 20, Marais Bouwer, 30, Raymond Senekal, 43, Wesley Borman, 24, and Christopher Meyer, 27.

A web site www.afrikaner-genocide-archives.blogspot.com described the people arrested with Ratte as impoverished "internal Boer refugees" who were on the farm to learn the building trade.

It was claimed that the police arrived without search or arrest warrants, and that suggestions of terrorism in media reports were part of a propaganda campaign by the media and police, akin to homosexuality claims against slain Afrikaner Weerstandsbeweging leader Eugene Terre'Blanche.

The website says that due to South Africa's black economic empowerment laws, more than 800 000 "Boers" reportedly live in 460 internal-refugee camps countrywide.

Another website, Censor Bugbear, claimed the farm housed a "Boer Genocide" museum with disabled Boer-era weaponry.


- SAPA


Read more on: crime willem ratte

20 Metro-beamptes van Pretoria ondersoek


20 Metro-beamptes van Pretoria ondersoek
2010-10-04 09:35

Verwante skakels
Metro-lid vas wat glo omkoopgeld vat
Padvalke hou man wat nie omkoopgeld het
Metrolid swik toe nie voor taximan se R20

Pretoria - Minstens 20 beamptes verbonde aan die Tshwane-metropolisie se streekkantoor word ondersoek vir beweerde korrupsie, het 'n ondersoek deur Eyewitness News en Pretoria News onthul.

Gebiede wat ook geraak word is Hatfield, Sunnyside en die sentrale sakekern.

Bronne by die Tshwane-metropolisie sê hul korrupte kollegas stroop motoriste van meer as R20 000 'n aand en die geld word ná elke skof gelykop verdeel.

Beamptes teiken dronk motoriste wat of omkoopgeld betaal of gedreig word dat hulle in die tronk gaan beland.

Lees meer hier

Volg Nuus24 op Twitter

Sunday, October 3, 2010

Verwaarloosde kinders gevat !

‘Ashoop’-kinders gevat

2010-10-02 20:50

’n Enkele e-pos met foto’s van twee vuilgesig en “verwaarloosde” kinders wat skenkings vir die kinders vra, het soos ’n veldbrand oor die land heen versprei en die hulp laat instroom.

Maar ’n herrie het ontstaan nadat die kinders uit hul ouers, *mnr. Johan (43) en me. Karin Bester (31), se sorg verwyder en die boodskap se inhoud as lasterlik bestempel is.

In die e-pos word foto’s van ’n blonde driejarige meisietjie en haar sesjarige boetie gesirkuleer en die boodskap daarby lui dat hulle op ’n vullishoop deur ’n vrou van die DBV gevind is wat vir wilde honde daar gaan kos gee het.

Die ouers word as heroïenverslaafdes beskryf en enigiemand wat ’n skenking wil maak, kan vir “Vicky” skakel.

Die ouers hou vol dat die skenkings bloot uit “geldgierigheid” gevra is en dat die foto’s van die kinders sonder hul toestemming gebruik is.

Maar volgens me. Vicky Finnemore, bestuurder van die Brakpanse DBV, het sy die veldtog met die beste bedoelings van stapel gestuur en glad nie gedink ander mense sou die feite so verdraai nie.

“Toe ek dit besef, het ek die boodskap probeer herroep en my vriende en familie gevra om dieselfde te doen, maar die skade was reeds gedoen.”

Finnemore sê hulle het wel die kinders in ’n “uiters verwaarloosde toestand” gevind, maar bevestig dat dit in die ouers se sorg by hul bouvallige mynhuis in Brakpan was nadat die gesin hulp met hul troeteldiere gevra het.

“Dit was tydens die staatsdiensstaking. Ons het nie dadelik hulp van maatskaplike dienste gekry nie en het geen ander manier gehad om die gesin by te staan nie.”

Die oortollige skenkings sal nie vir hul eie gewin gaan nie, maar aan ander hulpbehoewende kinders geskenk word, het Finnemore verseker.

Die twee kinders en hul negejarige boetie is intussen deur die kinderhof uit hul ouers se sorg verwyder. Met Rapport se besoek aan die ouers se woonplek was daar reeds tekens dat hulle probeer om hul omstandighede te verbeter en daar was geen teken van dwelmmisbruik nie.

Sowat agt mense bly saam in die uiters verwaarloosde bouval met geen elektrisiteit of warm water nie. Hulle maak geld deur los werkies in die omgewing te doen en kry soms skenkings van mense.

Johan het sy werk as ketelmaker verloor nadat hy ’n besering opgedoen het.

“Ons voer dalk ’n plakkersbestaan, maar dit gaan beter met ons as met baie ander. Ons is ontsettend lief vir ons kinders,” sê Johan.

Die foto’s is volgens die ouers geneem nadat die kinders die hele dag buite gespeel het en daarom lyk hulle so gehawend.

Volgens me. Maxine Finnemore, Vicky se suster en kollega, het die ouers toestemming gegee dat die foto’s geneem mag word, maar nie spesifiek vir e-pos-doeleindes nie.

“Ons het nie geweet dit kan teen die wet wees nie en het net probeer om die regte ding te doen.”

Die ouers beplan om verdere regstappe te neem, maar volgens me. Carina du Toit van die Sentrum vir Kinderregte is daar weinig wat die ouers kan doen.

“Die foto’s is gepubliseer vóór die kinders in die sorgstelsel was en slegs die staat sou ’n strafregtelike klag kon indien omdat hul identiteite nie bekend gemaak mag word terwyl hulle in die staat se sorg is nie.” Sy voel tog dat die Finnemores meer bedagsaam en sensitief moes opgetree het.

Dit sou baie moeilik wees vir die ouers om ’n lasterklag in te dien omdat die verantwoordelike persoon nie maklik vasgestel kan word nie.

*Skuilname

- Rapport

Polisie skop en dreig, sê Ratte, nog 9

2010-10-01 23:09

Van die wapens waarop beslag gele is, is by die Witbank-polisiekantoor aan die media gewys. Foto: DAILY SUN

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's

Die polisie het met die arrestasie van oud-kmdt. Willem Ratte en nog nege mans na bewering met geweld gedreig en een van die mans geskop.

Ratte (62) en die nege – hoofsaaklik jong mans wat aan ’n gastehuis op die plaas Eenzaamheid by Balmoral bou – is eergistermiddag daar gearresteer.

’n Dringende aansoek om hul vrylating uit die polisieselle in eMalahleni (Witbank) word vandag 10:00 in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

Die polisie verdink hulle van terrorisme en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Die groep wou hul aansoek gister aangehoor hê, maar dit is na vandag voor waarnemende regter Pieter van der Byl uitgestel sodat die polisie hofstukke kon voorberei.

Die groep is Ratte, ’n oud-verkenningsoldaat en bekende in regse kringe, en mnre. Eugene Becker (48), Justin Schoeman (18), Günther Kotze (32), Corné de Beer (22), Petrus Visser (20), Marais Bouwer (30), Raymond Senekal (43), Wesley Borman (24) en Christopher Meyer (27).

Mnr. D.H. Mostert, hul prokureur, sê in hofstukke die gronde vir die aansoek is dat geen lasbrief vir deursoeking of arrestasie aan enige applikant getoon of ’n amptelike arrestasie uitgevoer is nie.

Ratte, van Pretoria, sê in ’n verklaring hy is Donderdag na die plaas om na die nuwe gastehuis se bouery te kyk en boumateriaal af te laai.

’n Klomp polisievoertuie het ingery “en meer as tien polisiemanne hardloop op koshuis toe”. Ná ’n ruk het hy ’n “rumoer” by die koshuis gehoor.

Becker het daar op die grond gelê en Meyer en Borman het met hul hande teen die muur gestaan, “met polisiemanne wat wapens op hulle rig”. De Beer, Visser en Bouwer was ook op die grond.

“Ek het niks onwettigs by my gehad nie en ek weet niks van wat die polisie sê hulle daar gekry het nie,” sê Ratte.

Schoeman sê in ’n verklaring hy is op die vloer “neergegooi”. Hy is dam toe geneem en gedreig “dat as ek nie inligting gee nie, gaan hul geweld gebruik”.

Becker sê in ’n verklaring sy gelisensieerde haelgeweer is gekonfiskeer.

Luidens Kotze se verklaring is ’n swartkruit-rewolwer in sy kamer gevind.

De Beer sê in sy verklaring toe hy die polisie vra wat aangaan, “toe skop hulle my op my rug en op my nek en sê ek hoef nie te weet nie”.

Visser se verklaring lui: “Ek dink dis onregverdig om my aan te kla van terrorisme of die besit van wapens.”

Hulle word sonder kos, behoorlike toiletgeriewe en drinkwater aangehou, sê Meyer.


Mnr. Willem Ratte (62) klim gister op die plaas Eenzaamheid in ’n polisievoertuig. Die polisie het hom gister na die plaas gebring.
Foto: Nelius rademan


’n Ou Suid-Afrikaanse lugmagpet, patroondoppies en ’n boek oor Indiese kookkuns lê op ’n tafel in ’n gebou op die plaas Eenzaamheid by Balmoral waar die polisie gister hul ondersoek voortgesit het.
Foto: NELIUS RADEMAN


Polisiebeamptes by ’n kis wat hulle in mnr. Willem Ratte se huis op die plaas gevind het. Ratte en nog nege mans is Donderdag op die plaas in hegtenis geneem.
Foto: NELIUS RADEMAN

Doodgeskiet toe sy inkopies wou doen

2010-10-01 23:09

Een van die koeëlgate in ’n vertoonvenster van die NWJ-juwelierswinkel in die Carnival Mall. Foto: Wolfram Zwecker

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's

’n Vrouepolisiekaptein van Margate is gisteroggend op haar vakansie koelbloedig doodgeskiet toe sy en haar man by ’n winkelsentrum in Brakpan op ’n rooftog afgekom het.

Haar man is ook geskiet.

Kapt. Ananda Pedlar (in haar laat 40’s), wat in dié suidkusdorp gestasioneer is, en haar man, Patrick (ook laat 40’s), het by die Carnival Mall ingestap net toe ’n groep rowers met hul buit uitstorm.

Kapt. Pedlar het vermoedelik gesnap wat gebeur en haar vuurwapen uit haar handsak probeer haal. Een van die rowers het vermoedelik gesien wat sy doen en het haar op ’n kort afstand in die nek en bolyf geskiet.

Mnr. Pedlar het haar probeer help, maar is in die agterkop geskiet. Sy seun, Craig, wat saam met hulle was, is ongeskonde, maar erg getraumatiseer.

Dit is nie bekend of mnr. Pedlar se dogter, Bianca, ook by hulle was nie. Dit is na verneem word kapt. Pedlar se tweede huwelik. Sy het twee seuns waarvan een oorsee is en die ander glo in Richardsbaai werk.

Volgens lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het ’n bende van tussen vier en ses rowers gister omstreeks 09:30 die NWJ-juwelierswinkel in dié sentrum binnegestorm.

Hulle het die werknemers aangehou, van die vertoonkaste leeggemaak en sowat R500 000 se juweliersware gebuit.

Die winkel is sowat 50?m van die ingang na die sentrum waar hulle hul in kapt. Pedlar vasgeloop het.

’n Handwapen, vermoedelik haar dienspistool, is ook geroof, het Dlamini gesê.

Die rowers het verskeie skote geskiet voordat hulle in drie motors, ’n swart Toyota Rav, ’n groen Toyota Cressida en ’n ligblou Toyota (waarvan die model onbekend is) gevlug het.

Die Rav is kort daarna in Dalpark, Brakpan, gevind. Dié motor is sowat ’n maand gelede in Meadowlands, Soweto, gekaap.

Verskeie van die rowers se koeëls is deur die ruite van die Mugg & Bean-koffiewinkel in die sentrum. Niemand is beseer nie, maar van die klante was erg geskok.

’n 16-jarige seun wat winkeltrollies van die parkeerterrein terug na die sentrum neem, het gesê hy het gesien hoe een van die rowers op die vrou afstorm en haar handsak probeer gryp.

“Die man skreeu toe op haar ‘voertsek’ en toe hoor ek die skoot. Toe sy val, het haar man haar probeer help en op die rower geskreeu: ‘Hoekom skiet jy my vrou dood?’ en toe skiet die rower hom so agter die nek en hardloop,” het die seun vertel.

Mnr. Martin Prinsloo, bedryfsbestuurder van die winkelsentrum, het gesê hy was net om die hoek toe hy die skote hoor en die vrou en man by die ingang sien lê.

“Ek het handdoeke by een van die winkels gegryp, maar sy het verskriklik gebloei en ons kon niks doen nie.

“Sy was binne ’n paar minute dood. Die man is met ’n helikopter na die Netcare Unie-hospitaal gebring. Volgens die polisie is sy toestand stabiel. Die seun is daarheen gebring vir berading en traumabehandeling.”

Lt.kol. Zandra Wiid, woordvoerder van die polisie aan die KwaZulu-Natalse suidkus, het gister gesê kapt. Pedlar was “?’n stil mens, maar baie toegewyd aan haar werk en kinders”.

Sy het as klerk by die polisie gewerk voordat sy sowat twee jaar gelede tot kaptein bevorder is, berig Dries Liebenberg.

Sy het ten tyde van haar dood in die logistiek-afdeling van die Margate-polisiekantoor gewerk, het Wiid gesê.


Die lyk van kapt. Ananda Pedlar by ’n ingang van die Carnival Mall in Brakpan.
Foto: Wolfram Zwecker
(Beeld )

Mense soek ontvlugting, wys rekord

Mense soek ontvlugting, wys rekord

2010-10-01 23:38 Die rekordbywoning van vanjaar se Sexpo-uitstalling in Gauteng is waarskynlik ’n aanduiding van Suid-Afrikaners se behoefte aan pret en ontvlugting ná die afgelope tyd se ekonomiese afswaai.

Só het mnr. Silas Howarth, een van die organiseerders, gister gesê nadat meer as 10 000 mense eergister die uitstalling by Gallagher Estate in Midrand besoek het. Teen gisteroggend was daar weer ’n lang ry mense by die ingang.

“Ons verwag minstens 50 000 besoekers. Die uitstalling groei met 30% tot 40% per jaar terwyl die meeste ander ondernemings swaarkry tydens die ekonomiese afswaai.

“Ek glo mense het ’n moeilike tyd agter die rug en smag na ontvlugting.”

Benewens ou bekendes soos “Pricasso” wat met sy penis skilder, is vertonings deur die komediant John Vlismas en die hipnotiseur Alain Woolf ook op die program.

Volgens Howarth is een van die gewildste en snaaksste vertonings die amateur-ontkleedansery waar lede van die publiek hul slag kan wys.

Teen gistermiddag was daar ’n klein skare om een van die Sexpo-verhoë.

Jong paartjies, ’n paar boerseuns in tweekleurkakie, enkele bejaardes en selfs ’n man in ’n rolstoel wat deur ’n vrou nader gestoot is, het ’n paaldanser van die Lollipop Lounge bewonder waar sy haar passies in ’n deurtrekker en ’n paar engelvlerkies gedoen het.

Aktiviste teen renosterstropery, ’n paar kerke, die kankervereniging en die Rolprent-en-publikasieraad maak egter seker die Sexpo gaan oor meer as net bedsake.

Die Rolprent-en-publikasieraad het ’n dag voor die opening by uitstallers gepleit om die wet te gehoorsaam. “Ons wil nie die pret bederf nie en maak net seker almal kom die wet na en dat volwassenes bewus word van die gevare (van pornografie) vir kinders,” het me. Yoliswa Makhasi, uitvoerende hoof, gesê.

Mnr. Michael Swart van Mission Rhino, ’n organisasie vir die beskerming van renosters, het gesê hulle het planne om naby Vaalwater in Limpopo ’n sorgsentrum te begin vir babarenosters wat wees word.

“Ons het besluit om die Sexpo ook as platform te gebruik vir bewusmaking.”

Volgens Swart is die gebruik van renosterhorings as seks­middel besig om af te neem. “Daar is nou die wanopvatting in plekke soos Viëtnam dat dit kanker kan genees.”
Die Kankervereniging besoekdie Sexpo elke jaar, veral om vroue bewus te maak van ser-vikale kanker.

Mnr. Carrington Laughton, president van die Suid-Afrikaanse Federasie vir Naturaliste, en sy kollegas het hul stalletjie poedelnakend beman.

Volgens Laughton wil hulle volgende jaar konstitusionele hof toe oor nudiste se regte, wat volgens hulle misken word.

Die Sexpo duur tot môre.

'Jy kan my keer, maar dit gaan jou kos'

'Jy kan my keer, maar dit gaan jou kos'

2010-09-29 06:58

’n Voormalige Transvaalse en Oos-Transvaalse rugbyspeler (72) wat erken ’n 26-jarige vrou het hom verlei, het gister ’n dringende interdik bekom teen ’n sakeman wat glo gedreig het om foto’s van hul seksdaad te versprei.

“Jy kan my keer om dit te publiseer, maar dit gaan jou kos!

“Jou bakkie en R200 000 (wat ek aan liefdadigheid gaan skenk). Geen onderhandelins (sic) nie!!!” lui die dreigbrief wat mnr. Hendrik Mostert van Heidelberg na bewering aan mnr. Koos Jonck, oudburgemeester en -onderburgemeester en tans ’n burgemeesterskomiteelid, gestuur het.

Regter James Goodey het in die hooggeregshof in Pretoria daaruit voorgelees. Dit lui woordeliks: “Die foto’s lyk pragtag in kleur. Ek het 56 foto’s en 2 videos. Soos jy self weet sal Heidelberg se mense, jou vrou & kinders waardeer om te sien wat se manewales oom Koos aanvang in sy vrye tyd.

“Elke Sondag sit jy vroom in die kerk!!. Jy vertel vir almal hoe die Here jou gesond gemaak het. En dan doen jy dit!!! Met jong meisies. Sies.

“Ek het al vir die afgelope 2 jaar bewyse begin insamel. Was 15 jaar in die polisie ... so ek weet wat om te doen.”

Goodey het ’n tussentydse interdik verleen wat bepaal Mostert en me. Louise Herbst, die vrou op die foto’s, moet op
19 Oktober sê hoekom die bevel nie bekragtig moet word nie.

Goodey het Mostert belet om foto’s of videomateriaal van Jonck en Herbst te versprei en te publiseer. Hy moet alle oorspronklike foto’s en videomateriaal en kopieë daarvan aan Jonck se prokureur oorhandig en bewys dat kopieë daarvan uitgewis en/of vernietig is.

Goodey het gesê Jonck het in ’n oomblik van swakheid voor ’n 26-jarige vrou geswig.

“In die proses is skynbaar ’n wip vir hom gestel. Baie kort daarna het hy ’n skrywe gekry.”

Goodey het gesê die brief lyk “prima facie na afpersing en dit het dalk verdere aandag nodig”.

Jonck het in ’n verklaring gesê hy is ’n gerespekteerde lid van die Heidelberg-gemeenskap en is 51 jaar lank met sy vrou, ’n oudlanddros, getroud.

Volgens hom het Herbst op 13 Augustus onaangekondig in sy kantoor opgedaag.

“Herbst is goed bekend aan my. Sy is ’n ongetroude 26-jarige vrou. Sy is die dogter van ’n vriend van my vrou en ek.

“Herbst is ’n mooi meisie en ek hou baie van haar.”

Nadat hulle ’n ruk gepraat het, het sy ’n “begeerte uitgespreek om intiem met my te wees”.

Sy het hom verlei, hulle het ontklee en intiem begin raak toe sy gesê het sy hoor ’n selfoonkamera se sluiter, lui die verklaring. Hulle het ’n “beweging” in die venster tussen sy kantoor en die stoorkamer gesien. Volgens Jonck kan iemand wat op ’n leer staan deur dié venster kyk.

“Ons het vermoed ons is dopgehou. Ons het aangetrek ... ”

Hy het die volgende dag die brief in ’n koevert ontvang.

Jonck het gesê hy het depressief geraak en selfmoord beplan.

Hy het intussen teenoor sy vrou gebieg en sy het hom vergewe.


’n Deel van die brief waarin mnr. Koos Jonck na bewering gedreig is.



Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

ELSIE 2010/09/29 07:21:34 AM
JAMMER MAAR DIE MAN IS VERLEI, EN DIT GAAN ALLES OOR GELD. SIES VIR DIE MENSE WAT DIT GEDOEN HET.
Riekie Nel 2010/09/29 07:24:20 AM
Noudat die oom se geheim uit is, kan die ander ou maar vergeet van omkoopgeld of enigiets anders. Slim vang sy baas!! haha
Johan 2010/09/29 07:31:45 AM
Mense soos Hendrik Mostert wat sê Ek het al vir die afgelope 2 jaar bewyse begin insamel. Was 15 jaar in die polisie ... so ek weet wat om te doen.”
Vir jou en al di ander wat ssos jy is is daar net een plek so doen almal n guns en maak dat julle van die aarde af weg kom
Jannie 2010/09/29 07:36:36 AM
gelukig gaan hy kerk toe!!
dis wat my sooo siek maak,Joost en almal, ontken hoog en laag sit voor in die kerk en probeer voorgee en ader vertel wat reg en verkeerd is....daars groot fout met ons kereke...
007 2010/09/29 07:37:55 AM
mnr. Hendrik Mostert voel jy nou beter. Is jy nou die nuwe 007? Ek dink hulle moet 'n fliek maak oor die storie. Vir 'n ou wat in die polisie gewerk het is jy nie so d*nners slim nie sou Yster Swart gesê het. Ek meen 'n dreig brief, afpersing, 'n brief in jou eie handskrif, komaan jy moes beter geweet het. Jy is 'n grap mnr. Hendrik Mostert.
Marinus 2010/09/29 07:55:27 AM
Mooi oom Koos. Dit moet daardie Heidelbergse water wees, bottel en verkoop dit!
Eugene 2010/09/29 07:59:03 AM
"Hy het intussen teenoor sy vrou gebieg en sy het hom vergewe" - somer net so!! Sy is baie vergeeflik!!
Nats 2010/09/29 08:00:06 AM
Vieslike ou man. Tipies van 'n vark wat uitgevang is, plaas hy die blaam nou op haar. Asof 'n 26 jarige "mooi" vrou met so ou man intiem wil verkeer. Sies man!!!
Alt 2010/09/29 08:01:58 AM
Weet jy, dis belaglik. Die man is al 72, die vrou is 26, wat de hel. Gewoonlik is dit die lekkerste seks by so ouer man, so hulle het dit darem geniet.

Dit was seks, bloot seks, hy het ebeig by sy vrou en sy het hom vergewe, ek het ook al sulke manewales aangevang, gebieg en is vergewe, en dit was dit. Het geleer uit my foute, so hy ook.

Los nou maar die storie uit man, dis nie so erg nie, dit gebeur elke dag in ons samelewing. Mense kan hulle tyd mors met nonsens, ek dink die damn fotograaf/afperser moet eerder toegesluit word, dis teen die wet, maar nie 'n skelm knippie nie.
sue 2010/09/29 08:06:56 AM
Ai Oom Koos - Mnr Polisie man - los die mense uit - dit blyk jy het iets teen hulle ??? Het jy dit geniet om die foto's te neem ......
Marius Vermaak 2010/09/29 08:08:16 AM
Oom, jy het darem maar baie woema vir jou ouderdom! Hehe
Kobus F 2010/09/29 08:10:41 AM
Hoeveel nog sulke ooms sulke elke Sondag in die Kerk nadat hulle in die week te lekker met gawe jong vroutjies by hul werk, of by Teazers of derglike plekke gespeel het. Ek wonder?
Joebee 2010/09/29 08:10:46 AM
Hierdie is klaarblyklik 'n fyb uitgewerkte en beplande daad van afpersing. Die 26 jarige dame is deel daarvan. Sy behoort ook aangeklae te word. Sy was duidelik onder die indruk dat JONCK nooit die aangeleentheid sou rapporteer nie as gevolg van sy bekendheid in posisie in die gemeenskap. Sy en Hendrik Mosterd was van de begin af kop in en mus. Hoe sou Mosterd gewet het presies waar en waneer hulle in so 'n komprimetterende situasie sou wes dat hy foto's darvan kon nem as sy dit nie vir hom gesê het nie?? Alles is vooraf beplan en haarfyn uitgewerk. Mosterd en die dame behoort beide aangekla te word van afpersing.
Dit behoort net bygevoeg te word dat Jonck nog 'n ou ramkat is vir sy jare!!

Hendrik 2010/09/29 08:13:37 AM
LOL Sy kan my ook maar kom verlei en jy kan so veel fotos vat as jy wil met my toestemming!!!!!
BigD 2010/09/29 08:14:17 AM
Ha ha ha ha, as ek op daai ouderdom `n loslappie van 26 op tel, en nog suksesvol in die bed kan wees... WHY THE HELL NOT! Gaan dan maar koerante toe, dit sal my bekend maak en nog meer loslappies in my rigting wys en my laaste dae op hierdie aarde net meer genotvol maak. Wat die Kerk aan betref, dit is `n saak tussen my en my skepper en het niks met iemand anders uit te waai nie.
JRoos 2010/09/29 08:14:33 AM
Hendrik Mostert is 'n SIEK man....vir wat speur jy en neem fotos waar mense intiem verkeer. Ek wonder of jy nie self die kat in die donker knyp nie, miskien is JY JALOERS!!!
rean 2010/09/29 08:16:39 AM
Hendrik Mostert moet toegesluiit word en die sleutel weggegooi word. Dit was laag en gemeen om so iets te doen.
Anna 2010/09/29 08:18:57 AM
Oom Koos, dankie dat jy jou vrou gese het, en Tannie baie dankie dat tannie hom vergewe het. Mostert, onthou wat jy saai sal jy maai!!! As jy vir oom Koos in die kerk gesien het, beteken dit jy sit met jou skynheilige self ook in die kerk gestoeltes. Ek hoop oom Koos en die tannie sal jou eendag vergewe. Dit wat jy gedoen het, is gemeen en laag en maak jou nog meer skuldig as oom Koos.
Blesbok 2010/09/29 08:19:58 AM
Ooooo Mosterd!! - so jy "Captain fantastic" is die engel Gabriël se nuutste adjudant op aarde - uithaler speurvernuf - goeie werk man!! - foeitog...
Madelein 2010/09/29 08:20:42 AM
Dit was verkeerd, maar die oom het gebieg. Dis meer as wat sommige ander publieke figure in die verlede gedoen het.
Mossie 2010/09/29 08:24:53 AM
Hy is doelbewus mislei deur die twee, Mostert & Herbst om afgepers te word. Hulle moet nou aangekla word.
OU SIMSON 2010/09/29 08:26:14 AM
Ja wat, dan is dit in elke dag se kommentaar net die swart polisie lede wat kwansuis alleen met korupsie staan. Hier is n selferkende witte ook nou. Glo hy kom uit die ou bedeling. En die wittes glo ook maar in spyker onder mekaar. Die ou tjor wat nog se die "skone" dame is die dogter van sy vriend. Sies man!!!
johan 2010/09/29 08:27:08 AM
Die kerk is juis vir sondaers. Stem saam met Jannie. Hou aan kerk toe gaan al het jy sonde!
Martie 2010/09/29 08:27:33 AM
Ek dink Herbst en Hendrik Mosters was kop in een mus. Seker gedink hulle gaan 'n klomp geld eis en dit deel??? Siesa vir die jonge dame, hoe kon sy seks hê met iemand wat haar oupa kon gewees het. Dit wys jou wat geld aan 'n mens maak.
kasman 2010/09/29 08:28:12 AM
Hierdie keer is die ou oom met 'n slap riem gevang... voor hy die jong girl kon vang... haha!!
Andre 2010/09/29 08:29:47 AM
Afpersing en niks anders nie. Kriminele oortreding met voorbedagte rade, losprys reeds gekwantifiseer. Die reg sal bepaal watter kant hier reg en billik opgetree het. Verfoeilik om die minste te se.
Mossie Mostert 2010/09/29 08:31:17 AM
Nee wat ek ruik 'n ROT, hy is 72 en sy 26, en die feit dat daar nou geld gesoek word, dink die ding is beplan.

En soos 007 se, nie baie slim om die brief in sy eie handskrif te skryf en sy naam te noem nie. Dalk meer CI channel kyk, lol
jan paul 2010/09/29 08:34:20 AM
om jou vrou te verneek was nie baie mooi nie! MAAR AS `N MAN OP SY LEEFTYD `N 26 JARIGE POPPIE OP `N SKINKBORD KRY?
Mario 2010/09/29 08:36:28 AM
Ek sidder as ek dink dat almal moet weet wat ek al gedoen het in die donker en ek sit ook elke Sondag in die kerk en ek bid elke dag as ek my oë oopmaak en waneer ek hulle vanaand toemaak en ek is lief vir die Here.Ek wil nog n predikant of lidmaat ontmoet wat nie elke dag sondig nie,maar oom Koos se sonde is seker groter as ons sin,of hoe?Laat ons maar liewer n bietjie meer versigtig wees met die veroordeling,daar gaan n hele paar bloedrooi gesigte wees as ons ooit voor God moet verskyn,want Hy sien alles.Bly maar op die knieë mense,pasop net wie langs jou kniel dit is dalk n Louise.Besef Hendrik nie dat wat hy doen ook "Sies" is nie?Tipies mens !
Niek 2010/09/29 08:37:55 AM
Iemand wat n kerk mens is sou meskien eerder uit beginsel sy broek aangehou het as hy sy God en vrou liehet!
Ronel 2010/09/29 08:39:39 AM
Almal is "up in arms" oor Jonck uitgevang is. Hy sê hy is 51 jaar getroud maar het in 'n oomblik van swakheid geswig. Het dit ooit by hom opgekom wat hy aan sy vrou doen!!!! Nee!!!! Nou is die afperser die vark in die verhaal - nee ou bok soek jong blaar lyk dit my en nou is hy uitgevang. Hoop baie ou mans leer 'n les hieruit.
Goose 2010/09/29 08:43:16 AM
Afpersing is 'n misdryf! Kla die eks polisieman en die prostituut aan!
Alida 2010/09/29 08:43:41 AM
Dit klink eerder vir my of die hele storie beplan is om geld uit die man uit te kry. Hoe anders sou die afperser geweet het om op daardie dag en tyd by die venster (op 'n leer nogal) met 'n selfoonkamera foto's te neem. Belaglik! Ek voel regtig jammer vir die oom - en ek dink Herbst speel saam met mnr. Afperser.
@Jannie 2010/09/29 08:45:12 AM
Ou Jannie dit is nie die kerk se fout as jy nie jou korasies kan beheer nie. Moet nie die kerk blameer nie. Al ooit gehoor van Satan? Nie? WOW maar onder waater klip het jy gewoon al die jare? Satan is listig. Jy kan hoe godsdienstig wees Ateis, Satanis, Christen, Moselem wat ook al, dit is menslik om 'n fout te begaan. Lyk my jy gebruik nou die kerk as 'n verskoning omdat jy self nie kerk toe gaan nie.
@007 2010/09/29 08:47:28 AM
hoe lekker het ek nou gelag. Ja nee ek stem saam, geen wonder hy is nie meer in die polisie nie hy moes maar 'n bra dom polisieman gewees het. Hy en daai meisie was kop en een mis, wonder waarmee sy hom moes betaal het en hoeveel hy haar moes betaal het om die man te verlei
Leon 2010/09/29 08:50:11 AM
Kom ons hou aan ontken dat mans nie drange het nie, selfs nie op 72 nie, dan slaap ons rustiger en gee ons voor daar is nie 'n probleem nie. Kom ons oortuig ons self ons oorgewig afrikaner tannies hou hul mans gelukkig en beindruk, en dat die skraal lyfies van die 20 jariges nie ons aandag trek nie. dis die maklike oplossign.
Deborah 2010/09/29 08:53:51 AM
Hoekom vir Hendrik afmaak as die boef Koos moes van beter geweet het.Vieslike ou man wat nie eers sy vriende se dogter kan uitlos nie.Jammer Tannie Martie jy is 'n beter mens as ek om so 'n vark te kan vergewe sterkte vir jou en oom Koos GEDRA vir jou!!!!!!!!!!!!!
Son 2010/09/29 08:55:22 AM
Wat het die kerk met enige iets te doen? Daar is baie skeinheilige mense in die kerk, hy het dit erken en nou weet almal wat koerant lees wat in die arme oom se lewe aangaan. Dit het niks met niemand te doen nie en daar is in elk geval so baie mense wat op hulle geliefdes verneuk en dit dan vir hulle self hou. Sy vrou het hom vergewe so los hom uit. @Nats dit vat twee, sy het self besluit om saam met die oom te slaap hoe kan jy vir hom sies se?!
Sondaar 2010/09/29 09:02:18 AM
Mag sondaars nie kerk toe gaan nie? Die kerke sal dan leeg wees, want ons almal is sondaars.
Ja wat 2010/09/29 09:08:16 AM
Ja wat, ook maar mens ook maar lus. Ten minste is hy nog nie oor die muur nie wat "sekskepades" aan betref. Hou so aan oom!! Lol.
Black Ruby 2010/09/29 09:10:34 AM
And the truth shall set you free. Mooi so Oom. Ek reken die afperser(s) voel redelik afgehaal dat Oom alles erken het.
Pieter 2010/09/29 09:19:08 AM
Hendrik Mosterd is seker uit die polisie oor sy handskrif. Hy het voorbedagte rade gehad en 'n onskuldige oomblik word weer opgeblaas. Kan mense nie ander mense uitlos nie, die wereld is siek genoeg.
Hennie 2010/09/29 09:19:09 AM
Koos,ek het saam met jou rugby gespeel,so jy moet nog goed lyk as n dame van 26 vir jou val en jou verlei. Jy bly n yster.
Saus 2010/09/29 09:20:01 AM
Ai wee jy, darem lekker sensasie!! Hoeveel van die wat so oordeel is sonde loos? Onthou die Balk in jou eie oog!!
Plaasboer 2010/09/29 09:21:08 AM
Mooi so Oom Koos!! Die wêreld draai om seks, sonder seks was daar nie `n mensdom of enige lewe nie, die wat so kwaad? is vir Oom Koos, is jou geraamte kas skoon? nog nooit eers `n bietjie begeer of gedroom nie, ek sal nie omgee om verlei te word deur `n dame van 26 nie, boeta die vonke sal spat, glo my!! Wat van `n buffer plakker wat lees - Go Oom Koos!!
Jan Smuts 2010/09/29 09:22:08 AM
Toe het die oompie 'n lekker tyd en Hennerik Mosterd loop maak sy eie naam gat. Ek hoop die oompie lê boonop 'n klag van afpersing. Laat die donner suffer oom Koos, laat hom suffer!
Mary-Ann 2010/09/29 09:27:34 AM
Ai, tog hoe wonderlik om te lees van iemand wat kerk toe gaan bieg en nog deur sy vrou vergewe te word, dit noem ons nou hemels - genade uit God se Hand, wil Amore en Steve se Natasha nie ook maar iets uit hierdie les leer nie, die duiwel bly listig maar wanneer jy God in jou lewe het, het jy oorwinning bo die sonde en die slinkses wat jou altyd probeer onderkry - Leer jul almal nou 'n les hieruit, almal val die een of ander tyd in jou lewe maar dis wanneer jy opstaan en bely en God jou vergewe dat jou eggenoot/e dieselfde ook moet doen, en almal bly in glashuise, of dit jok is en of dit moord is dit bly dieselfde.
Ou Oom 2010/09/29 09:32:02 AM
Ai part ouens is darem gelukkig. Ek sit al jare en wag dat 'n jong ding my kom en verlei - ek sal sommer eers betaal want ek het baie geld! Maar moenie glo nie...
Sophius 2010/09/29 09:32:46 AM
Daar word deur heelwat korrespondente verwys na 'n "sonde" of "fout". Wat gebeur het is slegs verkeerd indien een van die twee partye geforseer is. Dis nie die geval nie, so los Koos Jonck uit. (Deborah: Ek wil liewer nie weer tot watter "vieslike" gedrag jy in staat is nie.)
scalla 2010/09/29 09:34:24 AM
daai girl is met n slap riem gevang......
Maggi Trump 2010/09/29 09:35:50 AM
Dit was 'n voorafgereelde beplande..... verleiding die..... iemand soek beslis geld .. arme polisieman. Hoe het die sogenaamde polisieman geweet om die leer teen die venster te gaan sit en te gaan loer .... jou arme sot .... kry vir jou 'n Blue Movie en geniet dit watn dit is blykbaar wat jy soek... jy is siek om .. 'n ou man se te verneder... en wie is die ou onskuldige vrou ... en hoeveel wou jy haar betaal vir die gunsie .... en is jy getroud ...vra maar net .. dalk is die vrou jou skelmpie... hahahaha vir jou
Durex 2010/09/29 09:39:06 AM
Lus is niemand se speelmaat nie.....
Aldo 2010/09/29 09:44:45 AM
Wat gaan aan met die mensdom dat jy afgeneem word terwyl jy seks seks het? Maak dus seker jou vensters en gordyne is toe en die deur gesluit is sodat geen agie jou kan sien nie. In my geval,as iemand iets teen my het moet ek maar lig loop voor ek en my vrou besluit op die liefdes daad! Blerrie belaglik.
Bella 2010/09/29 09:47:56 AM
HIERDIE WAS 'N DEF UITLOKKING WANT EK KAN NIE SIEN DAT SO 'N JONG MEISIE SEKSUEEL AANGETROKKE VOEL NA 'N OU MAN NIE.... DALK MOET DIE MEISIE ONDERSOEK WORD,,,, SY HET WAARSKYNLIK 'N GROOT AANDEEL IN DIE HELE SAAK. AS SY DAN SO ORIG IS, DAAR IS BAIE WEBTUISTES WAAR SY VIR HAAR 'N JONG MAN KAN GAAN UITSOEK! SY BEHOORT HAAR TE SKAAM
Siesa 2010/09/29 09:53:03 AM
en so word owerspel goedgepraat .. geen waardes meer nie. Hy pas mooi n by die nuwe bestel . net so skandalig.
Silverfern 2010/09/29 09:53:44 AM
Ek is ook 'n sondaar, juis daarom gaan ek kerk toe, lees ek my bybel en bid, elke dag. Ek is nie volmaak nie, maar ek kan nie enigiets wat hier gebeur het goedpraat nie, nie die verleidster, die afperser of die ou oom nie, daar is iets soos die woord NEE, nee dankie, die man is nie 2 jaar oud nie.
Hnie 2010/09/29 09:54:03 AM
Die oom moes maar dat hy die foto's gepubliseer het. Niemand gaan hom anders glo nie. Wakker ou kerel.
Koggelmander 2010/09/29 10:00:09 AM
Al wat Mostert reg gekry het is om te bewys dat Jonck nie jok as hy se hy is gesond nie.
Dankie Tannie dat jy hom vergewe het, hy het jou nie verneuk omdat hy kwansuis nie lief is vir jou nie, ek is seker dit het hom laat dink toe julle nog lekker jonk was.
Petro 2010/09/29 10:02:05 AM
Maar as die jonge dame dan 'n begeerte uitgespreek het en die 72 jarige ou omie dit kon doen - dan is daar mos niks met hom verkeerd op sy ouderdom nie! hehe Ek wil nog sien hoe "verlei" jy iemand, verklee ewe ordentlik en doen nie ding! Bog man - hierdie storie stink alreeds, iemand het iemand laat dophou en dit was vooraf mooi beplan.
Lara Croft 2010/09/29 10:03:00 AM
Hendrik Mostert, wat gaan dit als jou op die einde van die dag in die sak bring huh?? As dit jou eie vrou / meisie was wat dit gedoen het ja, maar vir al wat ons weet, dis ten to one 2 blaartjies wat uit die lug uit geval het wat jy nou wil expose... los hulle man en kry vir jou iets beters om te doen
KOOS 2010/09/29 10:07:06 AM
oom jy is my held,72en kry dit reg met n 26jarige ,jirre oom vertel my die geheim of oom het iets wat ek nie het nie, en ek bedoel nou nie geld nie oom....koos
@Leon 2010/09/29 10:07:19 AM
Leon, nie alle "ou tannies" is oorgewig nie! Het jy n ma en pa, hoe sal jy voel as jou pa so iets aan jou ma doen al is sy "oorgewig". Koos is n vieslike oorlamse ou man, sies vir hom, en die 26 jarige poppie kan nie baie aansienlik wees as sy haar tot ou mans wend nie, sies vir haar ook! Dis n goeie ding dat die siek ding op die lappe kom, maak my naar!
@Leon 2010/09/29 10:10:10 AM
Leon, is jy 'n dier wat nie jou drange kan beheer nie? Wat van 'n bietjie selfbeheersing? So verkragting is ook maar reg want 'n man het sy DRANGE? "oorgewig afrikaner tannies"? Hoe lyk jy miskien? Ek wed my hele pensioen jy het 'n boep en 'n bles!
Tasha 2010/09/29 10:16:03 AM
As net al die mense wat nie sonde het nie of geen swakhede het nie, moes kerk toe gaan, sou daar nooit mense in die kerk wees nie - dominee/pastoor ingesluit.
Pieter 2010/09/29 10:17:28 AM
Jip, die Omie het nog huppel in die knuppel! Moet maar die geheim uitlaat - is dit nou daai koeldrank wat jou vlerkies gee of die pilletjie met 'n willetjie?
Gay 2010/09/29 10:17:54 AM
Ag hoe lekker lag ek nou... Die Christene is altyd so vinnig om vingers te wys na die gays - en dan doen die wat hul so hoog en magtig hou sulke dinge - en gaan kerk toe. Ai, lyk my die straights en gays gaan saam in die hel brand. Ai ai ai.
Jenny 2010/09/29 10:24:36 AM
sy moet haar regtig skaam, wat se opvoeding het sy dan gekry, hy kon haar pa gewees het
Jannie 2010/09/29 10:33:55 AM
My naam is "K" "dubbel O" "S"
Liewe LULU het gedink safe sex is wanneer jy die deur sluit.....
Jy moet die gordyne OOK toemaak oom Koos!!!!
annie 2010/09/29 10:36:56 AM
Mooi so Oom Koos, jys n regte yster!!!! Jyt net gekrap waar sy juk!
Lekker stout 2010/09/29 10:43:25 AM
Ou bok soek jong blare :) Oud maar nog nie koud nie LOL
Derick Impala 2010/09/29 11:00:55 AM
Koos..bring daai girl vir ons New Zealand toe..Lag..Groetnis
Johan 2010/09/29 11:03:55 AM
Nats jy is net so onnosel soos die polisie man, Kan jy nie sien dit was deel van die afpersings plan nie. moenie die oom uitsonder nie, onthou net Simson was ook deur n vrou verlei.So voor jy so mal gaan oor die oom en sies boodskappies uitdeel kyk maar eers na die eva geslag wat instaat is om sulke dade te pleeg tot voordeel van hulle eie sak.
Alt 2010/09/29 11:06:07 AM
@Deborah - Ag hou tog jou neus uit die oom en tannie se sake. Ons almal, en ek is seker jy ook, het al droog gemaak, en buitendien, as die oom dan nou eenkeer in die 51 jaar een oomblik ontrou was, fokket, dis 'n prestasie. Ek dink die tannie het ook bietjie in die mou gelag oor die episode. Los hulle nou uit man
R 2010/09/29 11:08:44 AM
ja wat Hendrik Mosterd gedoen het is verkeerd, maar nou word hy alleen gestenig. Die "oom" het gebieg omdat hy gevang is haloooo!!! die die kans hom voordoen was hy maar te gretig om dit te vat!!
F1 2010/09/29 11:14:53 AM
Ag en hoe jaloers is die ouman nie !!!!
m 2010/09/29 11:22:23 AM
Ja oom pleks jy maar jou glip toegehou ne. Dink net aan al die hartseer wat jou vrou en kinders moet derugaan.
@Nats 2010/09/29 11:22:25 AM
Wat is so vieslik aan die man- Jy word ook oud! Mooi oom, ek kry sommer moed vir my ou dag! So daar is hoop as ek 72 gaan wees.
Lynette 2010/09/29 11:32:50 AM
Die mans moet miskien meer versigtig wees as daar so los gelukkie in hulle skote val. As dit te goed is om waar te wees is dit gewoonlik en daar is 'n duur prys aan verbonde. Almal wys altyd vinger na die man, maar die vrou is in hierdie gevalle die gewetenlose tert
pieta 2010/09/29 11:33:40 AM
Ek is bly om te sien dat kerkgangers besef dat hulle ook sondige mense is, veral in die lig van julle oordele as dit by Gay wees kom...maar dit is mos die opperste sonde. Die mense vergeet gerieflik dat ons almal sondaars is voor God. Daar is maar te baie skeinheilige Christene wat ander om watter rede ookal veroordeel en van hulle eie swakhede vergeet. Daar wag dalk vir ons almal groot verrassings in die hiernamaals...
Sal Ook Swig 2010/09/29 11:34:07 AM
Klaar 'n leer by die venster, die sussie se korasie deur die plafon, op daardie spesifieke tyd iemand wat 'n foto neem?? Oom Koos die mense het jou "geframe", ek hoop jy het daai sussie 'n goeie hou gegee. Hendrik, ai,ai, jy is seker uit die Polisie geskors omdat jy die onnoselste klont daar was. Lees bietjie hoe verduidelik @007(en ander)watse foute jy gemaak het. Beeld, wat van 'n foto van die meisie?
Slappie Laaites 2010/09/29 11:34:22 AM
Verwonder ek my oor al die sulks wat vir oom Koos as vieslik wil uitmaak net omdat hy kwansuis oud is. So groot bek wat is die ophou ouderdom en "baai de way" kan jy nog by oom Koos byhou of is dit juis jalosie wat jou bek so bitter maak?
Lynette 2010/09/29 11:36:46 AM
Die mans moet miskien meer versigtig wees as daar so los gelukkie in hulle skote val. As dit te goed is om waar te wees is dit gewoonlik en daar is 'n duur prys aan verbonde. Almal wys altyd vinger na die man, maar die vrou is in hierdie gevalle die gewetenlose tert
Rudy 2010/09/29 11:41:24 AM
Kom ons kyk na die situasie so:
Oom Koos is n held want om op 72 "onweerstaanbaar" vir n 26 Jarige vrou te wees, is eenige man se droom.
Sy vrou vergewe hom want sy is net so verbaas soos hy dat "dit" nog werk op 72.
Die Polisie is baie verlig want Hendrik Mostert is uit hulle diens uit en hulle IQ vlak het dadelik gestuig.
En laaste maar nie die minste nie, almal weet nou dat die 26 jarige vrou baie los en maklik is.
So iets kan net in Suid Afrika gebeur. Viva
Piet 2010/09/29 11:43:00 AM
Daar steek baie meer agter die storie as wat die koerant vertel. Kry die ander persone se kant van die storie en dan sal julle sien dat ook KOOS nie so onskuldig is nie. Jakkels verander van haar maar nie van streek nie!!!
sss 2010/09/29 11:58:13 AM
Mooi so oom Koos, roei die bootjie !!
Piet 2010/09/29 11:59:46 AM
Daar steek meer agter die storie as wat die berug lei. Dalk moet hulle die ander partye sekant van die storie ook kry en dan sal almal agterkom dat oom KOOS nie so onskuldig is soos wat hy voorgee nie. Jakkels verander van haar maar nie van streek nie.
alla 2010/09/29 12:08:27 PM
die meisie is n vrou 26. mmm baie snaaks sy is nie al lankal ma nie... Oom Koos is n yster wat warm is en smee n vye tot sy ly.
Tina 2010/09/29 12:10:16 PM
Kyk mense - die oom het op sy ouderdom nog die woema om 'n 26 jarige dame "goed" te laat voel! Let it be - it happened en dis nou verby! Go OOM!!
Pieter 2010/09/29 12:13:32 PM
Die ou omie is seker maar geregtig op n groen blaartjie, so dan en wan. Die feit dat hy kerk toe gaan is mos seker n bewys dat hy erken hy is n sondaar - volmaakte mense het mos nie nodig om kerk toe te gaan nie.
Zaaber 2010/09/29 12:20:55 PM
Oooooom Koos jou legend! :) at wat ek kan se is P.I.M.P
WIELETJIE 2010/09/29 12:42:15 PM
WEL AS N MOOI DINGETJIE JOU UITLOK EN LUS MAAK ,MAAK DIT NIE SAAK OF DIT JOU VRIENDE SE DOGTER IS NIE SOLANK SY DIE REGTE OUDERDOM IS ,EERDER DAT AS N PEDOFIEL WAT MET KINDERS LOL LUS IS LUS ,EN LEKER IS LEKER ,MEAT IS MEAT AND A MAN MUST EAT SOLANK DIT IN DIE KLEURGRENS BLY ,ALBEI IS VOLWASSE EN OUD GENOEG OM SELF TE OORDEEL EN BESLUIT ,EERDER DIT EN SODAG IN DIE KERK AS SONDAG IN DIE KERK EN IN DIE WEEK AGTER SWART PROSTITIETE AAN EN DAN IN DIE BED BY JOU VROU EN SONDAG IN DIE KERK DIT IS SKEINHEILIG EN HEELTEMAL VERKEERD EN JA N OUD POLISIE MAN WAAR IS JY SNAGS PASOP ONS HOU JOU DOP EN WEET BAIE MEER AS WAT JY DINK ,WAT JY DOEN IS SIEK EN JA JOU IK LAAT VEEL TE WENSE OOR JOU PO*POL
ABEL 2010/09/29 12:52:16 PM
oom koos jy het n keuse gemaak.dra nou die gevolge soos n man.ONS samelewing het geen morele waardes nie te oordeel aan bg. kommentaar
Hennie 2010/09/29 01:14:32 PM
Ek hoop op 72 is dit normaal vir 'n man om nog lus te wees vir 'n skelmpie.
kalli 2010/09/29 01:15:52 PM
Mooi so Oom!!
RS 2010/09/29 01:16:12 PM
ek dink oompie se nie alles nie, ek wonder wat regtig gebeur het..
Ramkat 2010/09/29 01:16:17 PM
oom koos jou ou RAMKAT!!!
Latex 2010/09/29 01:22:39 PM
Elke Sondag sit jy vroom in die kerk!!. Jy vertel vir almal hoe die Here jou gesond gemaak het. En dan doen jy dit!!! Met jong meisies. Sies.

Lees die berig mooi “Ek het al vir die afgelope 2 jaar bewyse begin insamel. Was 15 jaar in die polisie ... so ek weet wat om te doen.”
My vraag is, is dieselfde meisie in al die "56 foto’s en 2 videos" foto's of is daar meer as net me. Herbst? Dit sal nogal interessant wees om te weet want dan sol ons weet wie die ware verleier is. Lees ek dalk verkeerd tussen die lyne? Wonder maar net. Publiseer die foto's Mostert en Herbst dan kom die ware storie uit.
aj 2010/09/29 01:24:55 PM
Mostert is 'n absoluut briljante voorbeeld van die gespuis wat ons deesdae ook in die SAPD aantref.
Ongelukkig kon die dom etter, Mostert na die maal, eers na 15 jaar leer hoe om iemand af te pers.Vandag se polisiemanne ken al afpersing na 15 weke.
Wat oom Koos aanbetref, "there's no fool like an old fool", selfs al werk sy "tool" nog.
Ai Ai 2010/09/29 01:31:28 PM
56 fotos én twee videos!! Jis, Oom Koos, ek wens ek kan nog so perform wanneer ék 72 is!!
issy 2010/09/29 01:31:42 PM
"Laat hy wie sonder sonde is, die eerste klip gooi....."
Heidi Lundie 2010/09/29 01:37:05 PM
Ek verstaan nie, nou is die vrou los en maklik en die persoon wat veronderstel was om verantwoordelik te wees isse held?. Sy is nie veel beter as hy nie, maar ook darem nie slegter nie. 10/10 vir die persoon wat hom ontmasker het vir die otter wat hy is. Koos Jonck jy is SIEK. Wat gaan jou vrou anders doen as jou vergewe na 51 jaar van getroude lewe? Dis mans soos jy wat vrouens misbruik en dan kan sê hulle is verlei, is hy dan 'n willose mens? Ag nee man. Die meisie is 'n dogter van familie vriende, nou maak hulle of dit beplan was om hom te vang.
Maxi 2010/09/29 01:40:56 PM
Net nog 'n groot storie.......het jul niks anders om jul mee besig te hou nie? Ledigheid is die duiwel se oorkussing....nee man raak besig en doen iets vir die verveeldheid. Stop jou nonsens Hendrik!!!!!!!! Los vir Koos, so what as hy die lewe wil geniet......
Anna 2010/09/29 01:48:04 PM
So, dit is hoe dit werk : sy stap in, sy is lus, jy sê dit is reg, en dan doen julle dit. Liewe hemel, diere en mense verskil drasties wat hierdie sake betref en mense is veronderstel om nie soos diere op te tree nie, maar dit lyk my as lus intree dan is verstand weg. Ek verstom my dat mense bereid is om intiem te verkeer met iemand en hulle weet nie eers of daardie man of meisie skoon is nie, of hulle gereeld tande borsel nie, of daar nie luise op hulle rondhardloop nie!!! By wie was hierdie persoon gister toe hy of sy lus was??? Geen skaamte, geen selfbeheersing, geen gedagte aan die mense wat so bitter seer gaan kry as hierdie soort gedrag openbaar word nie! Net lus, en klaar. Ai mense wat so lewe, waar is julle opvoeding, integriteit, skaamte en waardes! Hoe slaap julle in die nag???
@Anna 2010/09/29 02:13:29 PM
Anna, jy praat van "..as die lus intree is die verstand weg". Iemand het eenkeer gesê: "A man has a brain AND a penis, but only enough blood to operate one at a time." Dit blyk dus waar te wees!
Ana* 2010/09/29 02:22:11 PM
"Ou bok laaik mos groen blare"
Tom via Richardsbaai 2010/09/29 02:27:00 PM
Liewe Jannie SpelfoutNee dis juis sondaars soos stokoud oom Jonck wat moet kerk toe gaan. Heiliges so-als ekke en u word verskoon van die samekoms van gelowiges.Maar ek moet bieg dat die spelfoute in jou skrywe my ook amper helemal mo*rland toe gestuur het!Groetnis oom Koos
Benjamin 2010/09/29 02:29:49 PM
Soos my oorlede ou moeder dit altyd gestel het "'n Perd met vier bene struikel, soveel te meer ons wat net twee bene het" Dit het gebeur, dis verby, hy het te minste erken en sy vrou het hom vergewe. Hierdie insident lyk mos al te veel of dit vooraf beplan was, want kyk die ouderdoms verskil en natuurlik die feit dat hulle afgeloer was en ja ..... moenie die leer vergeet nie, mens loop nie rond met 'n leer onder die arm nie. Groetnis
mmm 2010/09/29 02:46:16 PM



Mmmmmm......