Sunday, October 3, 2010

Mense soek ontvlugting, wys rekord

Mense soek ontvlugting, wys rekord

2010-10-01 23:38 Die rekordbywoning van vanjaar se Sexpo-uitstalling in Gauteng is waarskynlik ’n aanduiding van Suid-Afrikaners se behoefte aan pret en ontvlugting ná die afgelope tyd se ekonomiese afswaai.

Só het mnr. Silas Howarth, een van die organiseerders, gister gesê nadat meer as 10 000 mense eergister die uitstalling by Gallagher Estate in Midrand besoek het. Teen gisteroggend was daar weer ’n lang ry mense by die ingang.

“Ons verwag minstens 50 000 besoekers. Die uitstalling groei met 30% tot 40% per jaar terwyl die meeste ander ondernemings swaarkry tydens die ekonomiese afswaai.

“Ek glo mense het ’n moeilike tyd agter die rug en smag na ontvlugting.”

Benewens ou bekendes soos “Pricasso” wat met sy penis skilder, is vertonings deur die komediant John Vlismas en die hipnotiseur Alain Woolf ook op die program.

Volgens Howarth is een van die gewildste en snaaksste vertonings die amateur-ontkleedansery waar lede van die publiek hul slag kan wys.

Teen gistermiddag was daar ’n klein skare om een van die Sexpo-verhoë.

Jong paartjies, ’n paar boerseuns in tweekleurkakie, enkele bejaardes en selfs ’n man in ’n rolstoel wat deur ’n vrou nader gestoot is, het ’n paaldanser van die Lollipop Lounge bewonder waar sy haar passies in ’n deurtrekker en ’n paar engelvlerkies gedoen het.

Aktiviste teen renosterstropery, ’n paar kerke, die kankervereniging en die Rolprent-en-publikasieraad maak egter seker die Sexpo gaan oor meer as net bedsake.

Die Rolprent-en-publikasieraad het ’n dag voor die opening by uitstallers gepleit om die wet te gehoorsaam. “Ons wil nie die pret bederf nie en maak net seker almal kom die wet na en dat volwassenes bewus word van die gevare (van pornografie) vir kinders,” het me. Yoliswa Makhasi, uitvoerende hoof, gesê.

Mnr. Michael Swart van Mission Rhino, ’n organisasie vir die beskerming van renosters, het gesê hulle het planne om naby Vaalwater in Limpopo ’n sorgsentrum te begin vir babarenosters wat wees word.

“Ons het besluit om die Sexpo ook as platform te gebruik vir bewusmaking.”

Volgens Swart is die gebruik van renosterhorings as seks­middel besig om af te neem. “Daar is nou die wanopvatting in plekke soos Viëtnam dat dit kanker kan genees.”
Die Kankervereniging besoekdie Sexpo elke jaar, veral om vroue bewus te maak van ser-vikale kanker.

Mnr. Carrington Laughton, president van die Suid-Afrikaanse Federasie vir Naturaliste, en sy kollegas het hul stalletjie poedelnakend beman.

Volgens Laughton wil hulle volgende jaar konstitusionele hof toe oor nudiste se regte, wat volgens hulle misken word.

Die Sexpo duur tot môre.

No comments:

Post a Comment