Thursday, May 6, 2010

Polisiebeampte op patrollie doodgeskiet
















Polisiebeampte op patrollie doodgeskiet





2010-05-05 22:25

Verwante skakels
Polisieman sterf by KKNK
Polisieman gewond ná wilde skietery
Polisieman sterf in skietery
Johannesburg – ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n polisiebeampte wat op ‘n roetine patrollie in Eldorado Park was doodgeskiet het, het polisie in Gauteng Woensdag gesê.Die beampte en sy span het rondom 01:00 op ‘n groep mans afgekom wat op ‘n sypaadjie gesit het, het kapt. Nondumiso Mpantsha gesê.Toe die polisie naderkom het hulle almal in hul motors gespring en weggejaag. Een van die mans het in ‘n erf ingehardloop.Die polisiebeampte het agter hom aangehardloop en die man het glo ‘n vuurwapen uitgeruk en die polisieman geskiet. Hy het aan sy wonde beswyk.Ander polisielede het teruggeskiet en die man gewond voordat hulle hom in hegtenis geneem het.Die man sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) het die moord veroordeel en gesê dat die vermeende moordenaar borgtog geweier moet word.“Ons sal ooit toelaat dat die land deur kriminele beheer word nie,” het die unie in ‘n verklaring gesê.- SapaVolg Nuus24 op Twitter
------------------------------------------------------------------------------------

No comments:

Post a Comment