Thursday, May 6, 2010

Lolly: dié man word gesoek




Lolly: dié man word gesoek


2010-05-06 00:02


Mnr. George Louka, ook bekend as George Smith. Foto: Verskaf
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Verwante skakels
‘Voortvlugtige Tsjeg nie verdagte; gee sy samewerking’
"All for you, if you really want it..."
Julian Rademeyer en Wolfram Zwecker
Mnr. George Louka (41), wat die Teazers-baas, mnr. Lolly Jackson, na bewering vol koeëls gepomp het, was glo die ontkleebaas se sterkman (muscle) wat sy “vuilwerk” gedoen het. Volgens bronne het Louka ’n baie kort humeur en is hy gewelddadig.’n Lasbrief vir dié Griekse Ciprioot se inhegtenisneming is glo uitgereik. Louka het glo die skuilnaam George Smith gebruik nadat hy drie weke gelede versuim het om in die hof in Kempton Park te verskyn op aanklagte van bedrog en die besit van gesteelde goedere ter waarde van sowat R8 miljoen.Die polisie het gister ’n sluier getrek oor hul ondersoek na die moord op Jackson Maandagaand in ’n huis in Edleen, Kempton Park. Drie dae ná die moord is niemand nog aangekeer nie en Jackson se Jeep Cherokee, waarin die verdagte glo gevlug het, word steeds vermis.Volgens Beeld se inligting het Louka, wat al jare lank in Suid-Afrika woon en Suid-Afrikaanse burgerskap het, noue bande met ’n berugte Tsjeggiese vlugteling, mnr. Radovan Krejcír.Krejcír se vrou, me. Katerina Krejcírová, is ’n direkteur van Group Two Investments, die maatskappy wat ’n huis van R13 miljoen in Kloofweg, Bedfordview, besit waar die egpaar glo woon. Jackson het ook in dié straat gewoon. Volgens die Eltec-eiendomsagentskap is Jackson se eiendom, Kloofweg 40, al 18 maande in die mark vir R9,5 miljoen.Krejcír se prokureur, mnr. Ian Small-Smith, het gister bevestig dat sy kliënt langer as ’n uur deur die polisie ondervra is en dat hy hulle “alles vertel het wat hy van George Smith (Louka) weet”.Louka se “beeldskone” vrou, Stella, drie dogters en seuntjie het verlede jaar inderhaas teruggekeer Griekeland toe, word verneem. Dit het gebeur nadat Stella se motor in die inrypad van hul huis gekaap is. Louka het ná die kaping taamlik onvleiende dinge oor sy vrou gesê. “Hy is ’n vreesaanjaende man,” het iemand wat Louka ken, gister gesê. Louka het glo sy naam na Smith verander omdat hy voort- vlugtig is in twee ander lande. Iemand anders wat Louka ken, het gesê die gesin het drie keer in vier jaar verhuis.“Ek dink hy is al landuit. Daar was nooit ’n tekort aan geld nie. “Elke paar maande was hy in ’n vliegtuig op pad iewers heen.”Volgens dié bron was Louka en Krejcír “goeie vriende en altyd in mekaar se geselskap”. Maar Louka was diep in die skuld. In 2009 is slegte skuld van R61 000 deur WesBank afgeskryf. Die vorige jaar het dié bank skuld van R146 000 afgeskryf. Louka is op 13 Junie 2007 in Kempton Park in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Dié saak is in Januarie 2008 teruggetrek.

No comments:

Post a Comment