Sunday, May 2, 2010

Nyanda spandeer R500 000 op hotelverblyf


Nyanda spandeer R500 000 op hotelverblyf

2010-05-02 05:45
Verwante skakels
Plaasmoorde is nie rassisties, sê minister
Minister sterf in botsing
Paaie gesluit vir minister se gedenkdiens
Kaapstad - Siphiwe Nyanda, minister van kommunikasie se jaarlange verblyf in luukse Kaapse hotelle het die belastingbetaler sowat R500 000 uit die sak uit gejaag. Die minister het bevestig dat hy vanjaar in April eers in sy amptelike huis in Kaapstad getrek het. Nyanda het op 'n vraag vanaf Juli Kilian, Cope LP gereageer en gesê hy kon nie in Mei verlede jaar by sy huis intrek nie omdat dit nog nie gereed was nie. Die Departement van Publieke werke het gesê die huis het nog nie meubels gehad nie, en daar was ook nog werk wat aan die huis gedoen moes word. Terwyl hy vanaf Kaapstad gewerk het, het die minister by die Mount Nelson Hotel sowel as by die 12 Apostles Hotel & Spa tuisgegaan vanaf April verlede jaar tot einde Maart hierdie jaar.- Vir die volledige storie besok iol

No comments:

Post a Comment