Saturday, May 29, 2010

Rowers in uniform skiet man by rooi lig


Rowers in uniform skiet man by rooi lig

2010-05-29 06:22

Verwante skakels
Ouma in hof oor beweerde bloulig-boelie
Verkeer teiken bloulig-boelies
Twee mans vas vir bloulig-rowery
André Damons, BeeldRowers in metropolisie-uniforms het Vrydag ’n bejaarde man in Alberton aan die Oos-Rand in sy motor doodgeskiet nadat hy en sy kleindogter glo van die bank af gekom het.Die man se 27-jarige kleindogter is in ’n kritieke toestand nadat sy in die bors getref is, het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.Volgens kapt. Manaka Raphulu, polisiewoordvoerder, het sowat vier gewapende mans 09:30 met pistole op die 75-jarige man se grys Mercedes-Benz op die hoek van Bosworth en Diensstraat in Alrode losgebrand waar hy by ’n verkeerslig gestaan het.Die aanvallers het langs die pad gestaan en begin skiet toe die man se motor by die verkeerslig stilhou.Hy het verder gery, maar beheer oor sy motor verloor waarna dit teen ’n muur vasgery het.Raphulu het gesê een van die mans het na die motor gehardloop en weer op die man geskiet voordat hy ’n plastieksak gegryp en weggehardloop het.Die man is in sy motor dood voordat paramedici by die toneel opgedaag het.Hy is in die bors geskiet.“Dit is onseker hoeveel keer die man geskiet is, maar beamptes het vier koeëldoppies op die toneel opgetel.“Die rowers het daarna ’n plastieksak gegryp en in ’n wegkommotor gevlug,” het Raphulu gesê.Hy kon nie Vrydag sê wat in die plastieksak was nie.Die rowers het in ’n rooi Mazda Midge sonder nommerplate in die rigting van Tokoza gevlug.Raphulu het gesê ooggetuies op die toneel het gesê van die booswigte het Ekurhuleni-metropolisie-uniforms aangehad.Botha het gesê mense op die toneel het gesê die man en sy kleindogter het van ’n bank af gekom toe hulle geskiet is. Die vrou is na die Unie-hospitaal geneem.- Beeld

No comments:

Post a Comment