Thursday, May 6, 2010

Polisie ry bom-komplot in die wiele






















Polisie ry bom-komplot in die wiele






2010-05-06 18:38
Verwante skakels
Bom-vrees by ambassade
Bom-grap blaas in joernalis se gesig op
Bomme op Durban-strand gevind
Kaapstad – Die polisie het ‘n komplot deur wit-heerssugtiges wat plofstowwe in informele nedersettings wou plant in die wiele gery, het die minister van polisie Nathi Mthethwa Donderdag gesê.Hy het belowe dat ekstremiste nie toegelaat sal word om die Wêreldbeker-sokkertoernooi te ontwrig nie.“Polisie het ‘n opruimingsveldtog in talle areas geloods en sommige van die mense het geheime voorrade van wapens en ammunisie gehad,” het Mthethwa gesê.“In Pretoria byvoorbeeld het van die mense wat in hegtenis geneem is beplan om sommige van daardie plofstowwe in swart nedersettings te gaan toets,” het Mthethwa gesê.Mthethwa, wat geweier het om besonderhede te verskaf oor hoeveel mense in hegtenis geneem is en wie hul teikens was, het wel gesê dat sommige van hulle geglo het in ‘n slegs blankes volkstaat of republiek.Voormalige president Thabo Mbekhi het in 2002 ekstremiste blameer vir 10 bomontploffings wat die lewe van een vrou geëis het en twee ander beseer het. Nege van die bomme het in Soweto ontplof.Mthethwa het bygevoeg dat die ekstremiste nie ‘n bedreiging vir die land is nie en dat daar geen onderbrekings gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi sal wees nie.“Niemand sal die Wêreldbeker ontwrig nie. Hulle sal dit nie doen nie want ons monitor alles in die land.”- ReutersVolg Nuus24 op Twitter

No comments:

Post a Comment