Friday, May 7, 2010

Vier gewapende kapers in Centurion vasgevat!











Polisielede hou wag oor die vier verdagte motorkapers waar hulle met hul hande agter hul rûe vasgebind langs die pad in Bothalaan in Doringkloof in Centurion, lê. Foto: Theana Calitz
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Virginia Keppler
Vier gewapende kapers is gistermiddag in Doringkloof in Centurion, nog in die voertuig wat hulle glo Dinsdag van ’n 18-jarige leerlingbestuurder in Edenvale in Johannesburg gebuit het, aangekeer.Die kapingslagoffer se leerlingrybewys was nog in die voertuig en die kapers het ook nog met die voertuig se oorspronklike nommerplaat gery.Kapt. Collette Weilbach, polisiewoordvoerder, het gesê twee van die verdagtes is 24 jaar oud en die ander is 22 en 27. Hulle is almal van Alexandra in Johannesburg.Weilbach het gesê twee lede van die Lyttelton-polisie se taakspan was besig met patrolliewerk en het omstreeks 13:15 in Limpopostraat in Doringkloof gestaan toe die verdagtes in ’n swart Hyundai Getz verby hulle gery het. “Asof dit instink was, het die polisiemanne dadelik hul voertuig aangeskakel en die verdagtes agternagesit. “Die verdagtes het waarskynlik agtergekom hulle word agtervolg en het vinniger begin ry,” het Weilbach gesê.Volgens haar het die Hyundai links in Bothalaan gedraai en in ’n westelike rigting gery met die polisie steeds op hul hakke.“Sowat 800 m van die Doringkloof-winkelsentrum in Bothalaan het die verdagtes ’n U-draai gemaak en in ’n oostelike rigting gery, waarskynlik in die rigting van die N1-hoofweg.“Die polisie het egter daarin geslaag om hulle te stop deur voor hulle in te ry en hulle van die pad af te dwing.”Volgens ’n polisieman op die toneel was een van die vuurwapens van die verdagtes reeds oorgehaal toe die polisie hulle uit hul voertuig beveel het.“Hy wou die wapen op een van die taakspan-ouens rig, maar het blykbaar besef hy gaan uitgehaal word as hy dit sou waag.Hulle het nie ’n kans gehad nie,” het die polisieman gesê.Die verdagtes is langs die pad op hul mae laat lê en hul hande is agter hul rûe vasgebind. Die polisie het beslag gelê op twee 9 mm-Beretta-pistole, patrone en ’n handskoen wat in die voertuig gekry is.Die handskoen het glo aan die verdagte wat bestuur het behoort, want hy het die ander een nog aan die regterhand gehad.Volgens die polisie was niemand in Dinsdagaand se kaping beseer nie.Weilbach het gesê die polisie vermoed die verdagtes was in Pretoria om ’n gewapende misdaad uit te voer, maar het hulle vasgeloop.Die verdagtes sal binnekort in die Pretoriase landdroshof verskyn.

No comments:

Post a Comment